Josh & Megan se verlowing in die bos

Megan en Josh se verlowing maak vandag hul verskyning hier op Mooi Troues se aanlyn publikasie en ons kan nie wag om meer hiervan met julle te deel nie.  Die twee kunsstudente vertel later in die artikel hoe hulle aanvanklik ontmoet het en hoe hul vriendskap ontwikkel het in iets meer as net vriendskap.  Hul verlowings storie is ook besonders oulik en beslis iets om ingedagte te hou as jy ook ‘n musikale sy tot jou het. Hulle straal behoorlik van die liefde tydens die fotosessie en ons kan net nie wag om die paartjie se pragtige troufoto’s hopelik ook te ontvang nie.

Hoe het julle ontmoet en wat maak julle aangetrokke tot mekaar?


Ons het tien jaar gelede ontmoet deur ‘n besigheids afspraak wat ons pa’s gehad het.  Terwyl hulle besigheid gesels het, het ons die tyd verwyl deur mekaar te leer ken.  Aangesien beide van ons kunsstudente is, het ons onmiddellik aangetrokke gevoel tot mekaar, maar nie noodwendig in ‘n romantiese manier nie.  Ons het aan die gesels geraak oor onderwerpe soos ontwerp, illustrasie en animasie wat deel vorm van ons studies. Die ironie is dat ons mekaar eers weer agt jaar later gesien het.  Ons het toe weer toevallig ontmoet deur gemeenskaplike vriende in 2016 en het toe dinge behoorlik hervat. Ons was beide meer volwasse en beslis aangetrokke tot mekaar in ‘n ander manier as die eerste keer.

Hoe het julle verloof geraak?


Ek het vir Megan gevra om te trou by die vrystelling van my tweede enkelsnit by ‘n intieme venue in Rosebank, The Alma Cafe. Dit kan omtrent so 50 mense vestig.  Ek het ‘n liedjie geskryf vir Meghan waarin ek haar vra om met my te trou met die naam “Luckiest man in the world”.  Natuurlik het sy nie verwag dat ek so ‘n liedjie sou sing nie, maar ek het dit mooi uit beplan en het al maande lank geoefen voor die optrede sou plaasvind.  Baie van die mense het gesê dat dit een van die romantiese en spesiaalste verlowings was wat hulle al gesien het.

Wat was die inspirasie vir jul fotosessie?


Die fotosessie was net ‘n verlenging van die tema van die verlowing.  Die idee was dat ek vir vir Megan sou sing met my kitaar in die hand en dat die ‘n romantiese buitelug atmosfeer sou wees.  Almal in ons lewens weet dat ek ‘n musikant is en ons het gedink dat dit ‘n tema is wat goed sou pas by ons lewens en die fotosessie.

 

Hoe lyk jul droom troue?


Ons het alreeds ons droom troue gehad in Mei-maand. Al ons kosbare vriende en familie het die dag bygewoon, die kos was ongelooflik en ons het die befaamde DJ IV Beats gehad om as Hip Hop kunstenaar op te tree. Tydens die seremonie het Celine Mayer vir ons “Oceans” van die Hillsongs faam gesing. Ons het ook ‘n unieke digkuns liedjie gehad wat uitgevoer is deur die Ghoema-nominasie kunstenaar, Jerome Rex en tjellis Carol Joy Williams. Tydens die onthaal het die gevolg ‘n vooraf beplande “flashmob” uitgevoer op die liedjie Marry You van Bruno Mars. Daarna het ons die aand om gedans. Dit was perfek, ons hoor steeds hoe baie al ons gaste dit geniet het.

Diensverskaffers: