Chris & Lené se glansryke troue

Lewe gebeur buite jou gemak sone.  Dit is presies wat gebeur het toe Chris vir Lené gevra het om te dans in ʼn dans klub waar hy nie sommer sou gaan, danksy sy vriende wat hom soontoe gesleep het.  Ons glo Lené het Chris se voete onder hom uitgevee met haar aansteeklike glimlag.

Chris en Lené is die mede eienaars van die gewilde trou beplanning en -verhuring besigheid Authentic Planning en hul het hul eie dekor van hul troue self gedoen. Ons het al voorheen ʼn artikel oor die besigheid gedoen waar jy meer kan lees oor vakkennis van die trou industrie Ons gesels met Authentic Planning  Dit is ʼn perfekte voorbeeld hoe jou troue sal lyk sou jy van hul dienste gebruik maak.  Authentic Planning kry die stempel van goedkeuring van Mooi Troues.

Ons kan die mooi paartjie se besonderse troue vandag met jul deel te danke aan Gustav Klotz Photography wat niks gespaar het as dit kom om Chris en Lené in verewige herinneringe en Lené se borrelende persoonlikheid op kiekies vas te vang nie.

Chris & Lene_0001 Chris & Lene_0002 Chris & Lene_0003 Chris & Lene_0004 Chris & Lene_0005 Chris & Lene_0006 Chris & Lene_0007 Chris & Lene_0008 Chris & Lene_0009 Chris & Lene_0010 Chris & Lene_0011

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Chris: Ek het in Julie 2012 my 30ste verjaarsdag gevier saam met ‘n groep vriende en op geëindig in Danskraal (‘n Afrikaanse vasdans plek waar Engels mans nie sommer voet sit nie).

Soos die aand aangeloop het, het ek die moed opgebou om die pragtige blonde Afrikaanse dame te vra om te dans – nie dat ek enige iets van langarm af geweet het nie.  Dit het wel gelyk of Lené dit geniet het, of altans geniet het om vir my te lag.

Deur die loop van die volgende week het ons kontak gemaak met mekaar en na ‘n hele gesukkel n afspraak gereël gekry. Na ons eerste ete saam het ons geweet… ons is verseker bedoel vir mekaar.

Chris & Lene_0012 Chris & Lene_0013 Chris & Lene_0014 Chris & Lene_0015 Chris & Lene_0016 Chris & Lene_0017

Hoe het julle verloof geraak?


Lené: Na een van ons besigste weke by die werk was die enigste ding waarvoor ons beide lus was om te rus.  Chris het my oortuig om die sonsondergang en n bottel wyn te gaan geniet op een van ons spesiale plekke.  So is ons Blouberg strand toe met ʼn kombers, bottel wyn en mekaar.

Soos die son gesak het, het Chris begin praat oor dinge wat belangrik is in die lewe, dat ons dit moet spandeer saam met mense wat n verskil maak en vir wie ons lief is.

Wat volgende gebeur het, het ek glad nie verwag nie.

Chris: Ek het na Lené toe gedraai, op my knieë gegaan, haar ring boksie oop gemaak en haar gevra om my die gelukkigste man te maak en met my te trou.  Met Lené in trane het sy JA gesê.

Chris & Lene_0018 Chris & Lene_0019 Chris & Lene_0020 Chris & Lene_0021 Chris & Lene_0022 Chris & Lene_0023 Chris & Lene_0024 Chris & Lene_0025 Chris & Lene_0026 Chris & Lene_0027 Chris & Lene_0028 Chris & Lene_0029 Chris & Lene_0030 Chris & Lene_0031 Chris & Lene_0032Chris & Lene_0033Chris & Lene_0034 Chris & Lene_0035 Chris & Lene_0036

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


3 Jaar & 3 Maande

Chris & Lene_0037 Chris & Lene_0038 Chris & Lene_0039 Chris & Lene_0040 Chris & Lene_0041 Chris & Lene_0042 Chris & Lene_0043 Chris & Lene_0044 Chris & Lene_0045 Chris & Lene_0046 Chris & Lene_0047 Chris & Lene_0048 Chris & Lene_0049 Chris & Lene_0050 Chris & Lene_0051 Chris & Lene_0052 Chris & Lene_0053 Chris & Lene_0054 Chris & Lene_0055 Chris & Lene_0057 Chris & Lene_0058 Chris & Lene_0059 Chris & Lene_0060 Chris & Lene_0061 Chris & Lene_0062 Chris & Lene_0063 Chris & Lene_0064 Chris & Lene_0065 Chris & Lene_0066 Chris & Lene_0067 Chris & Lene_0068 Chris & Lene_0069 Chris & Lene_0070 Chris & Lene_0071 Chris & Lene_0072Chris & Lene_0073

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Wees altyd daar vir mekaar.

Luister vir mekaar.

Ondersteun mekaar.

Glo in mekaar.

Vertrou in mekaar.

Selfs deur die moeilike tye, wees sterk vir mekaar en gee dan juis meer liefde en ondersteuning aan mekaar.


Chris & Lene_0075 Chris & Lene_0076 Chris & Lene_0077 Chris & Lene_0078 Chris & Lene_0079 Chris & Lene_0080 Chris & Lene_0081 Chris & Lene_0082 Chris & Lene_0083 Chris & Lene_0084 Chris & Lene_0085 Chris & Lene_0086 Chris & Lene_0087 Chris & Lene_0088 Chris & Lene_0089 Chris & Lene_0090 Chris & Lene_0091 Chris & Lene_0092 Chris & Lene_0093 Chris & Lene_0094 Chris & Lene_0095 Chris & Lene_0096 Chris & Lene_0097 Chris & Lene_0098 Chris & Lene_0099 Chris & Lene_0100 Chris & Lene_0101 Chris & Lene_0102 Chris & Lene_0103 Chris & Lene_0104 Chris & Lene_0105 Danelle & Hannes_0001

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: