Jaco & Marlene se romantiese plaastroue

In die inskrywing sal Mooi Troues se lesers die romantiese plaastroue van Jaco en Marlene sien wat gevier was in Mpumalanga.   Hulle vertel dat hul styl is “minder-is-meer” en hulle het hul styl besonders goed toegepas tot die plaas gevoel van die omgewing waar hul getrou het.

Dié paartjie se romantiese plaastroue was by ʼn trouvenue in Lydenburg, @Boshoek, gehou.  Dié paartjie vertel dat Elsabé en Wynand Malan van @Boshoek trouvenue hul van die begin tuis laat voel het en hul die heeltyd op hul hande gedra het.   Alhoewel die paartjie meeste van hul troureëlings self hanteer het, was Elsabé daar om te help met al die troublomme en dekor.   Alhoewel Jaco en Marlene gegaan het vir die “minder-is-meer” styl,  was die end resultaat van die troudekor absoluut romanse.

Nóg iets besonders van @Boshoek het ʼn tradisie waar die paartjie op hul troudag  ʼn slot sluit om ʼn groot Bloekomboom.  Die sleutel van hul slot gooi hul dan saam in die dam.

Marlene se trourok is klassiek en modern met ʼn stylvolle lae snit V-nek met pragtige illusie blomme en kant om die bolyf.  Die onder deel van haar trourok is vloeiend afgerond aan die punt met dieselfde kenmerkende eienskap as die bolyf.  Die pragtige trourok is van Bridal Manor en met hul groot verskeidenheid style trourokke, sal elke toekomstige bruid verseker haar droom trourok vind.

Ons lesers kan nou afrol en elke foto van Jaco en Marlene se romantiese plaastroue propvol trou inspirasie geniet.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar op skool ontmoet.  Gedurende ons skool loopbaan was ons net goeie vriende gewees.  Ons was saam na die matriek afskeid waarna ons paaie na skool geskei het.

Gedurende ons studente jare het ons aan en af saam gekuier, maar nooit vas uitgegaan nie.  Eers na beide van ons begin werk het, het ons meer tyd saam begin spandeer en met tyd het ons besef dat ons vir mekaar bedoel is.

Gedurende November 2019 het Jaco het ʼn romantiese naweek weg beplan na Akabeko Boutique Hotel, en die Saterdag middag Marlene met ʼn piekniek verras en daar gevra om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir ʼn jaar en 3 maande verloof.  Meeste van die trou reëlings het ons self hanteer, maar Elsabé Malan van @Boshoek Weddings het al die blomme en dekor vir ons gereël.

Trou Begroting:


Ons begroting was R200,000 en ons kon daarby hou.  Dit het wel baie goeie beplanning geverg.  Ons het 90 gaste by die onthaal gehad.

Stel ʼn begroting vooraf op, en wees realisties met die geskatte bedrae wat op verskeie items spandeer gaan word.  Probeer sover as moontlik hierby te hou.  Maak gebruik van ʼn trougids om ʼn idee te kry van wat ʼn troue kos en allokeer ʼn bedrag na elke item.  Doen goeie navorsing en kry meer as een kwotasie voor jy ʼn besluit neem.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir beide van ons was dit die oomblik wat die bruid in die kapel ingestap en die bruidegom se reaksie.  Tweedens was die eerste dans ook baie spesiaal, aangesien ons ʼn spesiale dans beplan het.

Paartjie se styl:


Beide van ons het meer vir ʼn klassieke styl gegaan.  Ons is altwee “minder is meer” tipe mense.

Vermaak:


Vriende van ons het tydens die huweliks bevesting liedere gesing wat ons gekies het vir die diens.

Na die huweliksbevestiging was daar verwelkoming drankies en vingerhappies wat die gaste kon geniet.  Ons het ook ʼn gin tafel gehad waar die gaste hul eie drankie kon kies.  Daar was ʼn golf stasie by die verwelkomings area, waar gaste ʼn paar balle in die dam kon slaan.  Die platejoggie het gesorg vir die musiek tydens die onthaal.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruidegom advies aan kêrels:

Dit is baie belangrik om besluite saam te bespreek en met mekaar te kommunikeer en jou bruid in ag te neem as jy ʼn besluit maak.

Bruid advies aan dames:

Maak die bruidegom deel van die troureëlings en besluite wat geneem word.  Jy het hulle ondersteuning en hulp baie nodig.  Hê vertroue in jou troudiensverskaffers en hulle vermoëns, dit neem baie stres van jou skouers af.

Spesiale Tradisies:


@Boshoek het ʼn tradisie waar die huweliks-paartjie ʼn slot sluit wat vasgebind is om ʼn groot bloekomboom.  Elkeen kry dan ʼn sleutel wat hulle saam in die dam gooi.

Die Besluitnemingsproses:


Baie van die besluite het ons deeglik saam deur gepraat en so besluit wat ons wil doen.  Finale besluite rondom troudekor en blomme het die bruid geneem.

Vriende en familie was meer betrokke met die reëlings rondom die kombuistee en “bachelors”.  Meeste van die troue reëlings het ons self hanteer.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die Vrydag oggend oppad na die trouvenue het ʼn groot storm uit gebreek wat gestrek het van Witbank tot in Lydenburg, dit het veroorsaak dat die pad na die venue baie verspoel het en dat die gaste almal in die reën moes ry.

Dit het eers laat die Vrydagaand op gehou reën.  Die Saterdag was steeds effens bewolk, maar na die tyd het ons besef dit het perfek by ons styl en foto’s gewerk.

Venue & Dekor:


ʼn Vriendin het my van die venue vertel, en toe ek hoor dat dit in dieselfde omgewing is as waar ons verloof geraak het, was dit baie aanloklik. Ons het ook na twee ander trouvenues vooraf gaan kyk, maar die dag toe ons by @Boshoek uitry, het ons geweet dis waar ons wil trou.  Buiten die feit dat dit asemrowend mooi was het Wynand en Elsabé van @Boshoek ons van die begin tuis laat voel.

Gunsteling Diensverskaffers:


Beslis ons trouvenue, @Boshoek Weddings.  Hulle het ons dag so spesiaal gemaak en alles onder beheer gehad.  Alles was perfek, en as daar iets uit plek was, het ons beslis nie daarvan geweet nie.
Van die Vrydagaand regdeur tot die einde van die Saterdagaand het hulle ons op hulle hande gedra en seker gemaak ons het die beste ervaring.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Die aandklok reël het ʼn impak op ons troue gehad.  Ons moes die tyd wat die troue begin het met ʼn half-uur vervroeg het.  Die platejoggie het ook vroeër ophou musiek speel om betyds terug te wees by sy bestemming.  Gaste wat nie op die plaas oorgeslaap het nie, moes vroeër ry en kon ons ongelukkig nie verder saam hul kuier nie.  Die venue het ons wel toegelaat om verder by die boma area te kuier saam almal wat op die plaas oorgeslaap het.

Wittebrood:


As gevolg van KOVID-19 kon ons ongelukkig nie na die buiteland reis nie.  Ons wou aanvanklik ons wittebrood in Bali spandeer het.

Ons het toe besluit om in die Kaap wittebrood te hou en dorpies te besoek waar ons albei nog nie van tevore was nie.  Die eerste drie dae het ons in Franschhoek spandeer en wynplase besoek.  Van daar het ons na Swellendam gery en twee dae in ʼn pragtige boetiek hotel spandeer waar ons ʼn spa dag geniet het en tyd langs die swembad spandeer het.  Pearly Beach naby Hermanus was ons laaste bestemming en hier het ons die omgewing gaan verken en wynplase besoek.

Eerste Dans:


Ons het op Riaan Bende se Spontaan besluit na ons dit saam gehoor het.  Ons het vir dans klasse gegaan en ʼn unieke roetine saam uit gewerk.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: