Johan-Adam & Ilandré se Opregte Boerejol-Plaastroue

Johan-Adam en Ilandré se troudag het hul plat op die aarde liefde op ’n opregte manier weerspieël. Die dag was gevul met vreugde en ’n diep waardering vir die natuur. Hul droom van ’n boerejol plaastroue het gestalte gekry deur sagte aardse kleure, volop proteas en ’n warm atmosfeer wat elke gas welkom laat voel het.

Ilandré het pragtig gelyk in ’n meermin styl rok wat uitgestaan het vir sy eenvoud. Die oop neklyn en aanpasbare bandjies het haar voorkoms veelsydig gemaak. Die fyn ry knope wat van haar rug tot onder aan die sleep gestrek het, het ’n klassieke gevoel bygevoeg sonder om oorweldigend te wees. Johan-Adam het haar mooi aangevul in ’n ligbruin pak wat goed by die rustige styl van die dag gepas het.

Die dekor was ’n spesiale samewerking tussen familie en vriende. Verskaffers van Limpopo, het gehelp met die basiese uitleg soos tafels en beligting, terwyl die bruid en haar naastes self die tafels met sorg afgerond het.

Proteas het die dekor oorheers. Elke tafel het vars blomme en groen blare gehad wat plaaslik gepluk is. Die plaashek wat as sitplek-aanwyser gedien het, was ’n besonderse kreatiewe detail. Agter die bruidspaar het klimop en sagte liggies ’n intieme ruimte geskep.

Elke vroulike gas het ’n protea huis toe geneem as herinnering aan die dag. Die oorvloed blomme het die viering omskep in ’n ware fees van Suid Afrikaanse skoonheid.

Beplan jy jou eie plaastroue? Mooi Troues se trougids kan jou help om die regte diensverskaffers te vind.

Trourok:


Ek het my rok by Fynbos Bridal Boutique gekoop. Dit was hul sample rok, Gabriella.

Dit was vir my so mooi eenvoudig. My rok was ‘n oop nek en skouers het ‘n bandjie gehad wat ek kon dit verander na mouloos toe. Die rok was ‘n meermin styl. Ek het knope van my rug tot by my sleep gehad, vir my was dit ‘n mooiste detail gewees.

Verloof- en Trouringe:


My verloof-en troupant is spesiaal gemaak deur Manser Jewellery. Die verloofring is ‘n baie eenvoudige ‘solitêre’ tipe ring met ‘n 2ct ovaal diamant gegiet in 9ct witgoud.

My troupant is ook gegiet uit 9ct witgoud met 8 klein marquise en 9 klein ronde diamantjies perfek uitgelê om die boonste helfte van die troupant te bedek.

Paartjie se Verlowing:


My man het my heeltemal onverwags gevra om te trou in die Kruger Wildtuin. By die bekende klip van Stevenson-Hamilton Memorial. Ons was daar in Desember 2024 vir vakansie. Die dag was bewolk en hoe hy my gevra het was perfek! Ons was alleen en hy’t gesê hy wil graag ‘n foto neem van my so ek moet net lyk asof ek die klip bewonder. Ek het naderhand gedink “Jinne, hy vat lank…” toe ek omdraai staan hy reeds op sy knieg en vra vir my die groot vraag.

Trou Dekor en Styl:


Ons kleurskema was alles aardse kleure. Die dekor het ons iemand ingekry van Louis Trichardt af, Isis Decor en Design. Isis het vir ons borde,eetgerei, tafels, stoele, liggies en drapering gedoen. Ek as die bruid, my strooimeisie Yvonne, niggies en nefies het die tafels gedoen.

Ek het besluit op proteas. Op elke tafel was daar vier proteas tussen die groen blare wat ek uit ‘n tannie se tuin gepluk het saam met gyp.

’n Versierde plaashek is gebruik om die tafels se name uit te beeld en het ’n besonderse, persoonlike element by die dekor gevoeg. Agter die bruid en bruidegom se tafel is groen ivy saam met sagte liggies gehang, terwyl ’n groot staal teken die ruimte mooi afgerond het.

Die eindresultaat was ’n ontspanne plaastroue met ’n boerejol gevoel. Proteas het ’n spesiale rol gespeel, aangesien elke vroulike gas een kon saamneem huis toe as ’n aandenking. Daar was ook ’n oorvloed blomme beskikbaar, insluitend twee groot kerk blomruikers wat die seremonie ekstra besonders gemaak het.

Trou Begroting en Beplanning:


Die troue het 270 gaste gehuisves met ’n totale begroting van R180 000. Beplanning het oor ’n tydperk van ses maande plaasgevind en is volledig deur die paartjie self hanteer.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: