Moderne Klassieke Buitelug Trou Inspirasie

Hierdie moderne klassieke buitelug trou inspirasie fotosessie sal jou asem wegslaan.   Ons is gaande oor die kontras tussen die fyn tafel dekor en die onafgewerkte plaas landskap.  Dit is die kontras wat onmiddellik jou ook trek na die pragtige tafel ontwerp.  Hierdie is ook ʼn oulike idee vir ʼn intieme trou tafel.

Die pienk en wit blomme op die spierwit tafeldoek gee die tafel ʼn baie sagte en stylvolle gevoel. Met die pragtige wynglase en eetgerei op die tafel kan jy nie verkeerd gaan nie.  Sjoe!  Dan is daar die twee pragtige troukoeke.  As dit by ʼn troukoek kom, hoef jy nie te tradisioneel te wees nie.  Doen waarvan jy hou en wees bietjie anders as die normaal.  Soos die blomme krans met die Macaron’s in op die tafel – dit is nou iets besonders!

Michaela, die model het pragtig gelyk in haar vloeiende, baie elegante trourok.  Ons is mal oor die detail op die bolyf van die rok en hoe dit insmelt by die vloei van die rok.

Die fotosessie was moontlik gemaak deur ʼn groep talentvolle diensverskaffers wat saam gewerk het.  Dit is baie belangrik om diensverskaffers te gebruik wat goed saam werk.  Jy sal ʼn stresvrye troudag hê!  Besoek gerus Mooi Troues se Trougids vir professionele diensverskaffers vir jou troudag.

 

Wie het die fotosessie gereël?


Hierdie fotosessie is gereël deur Sophia’s en Rolene Photography.  Wonderlike, talentvolle verskaffers het ons span voltooi.

Inspirasie agter die fotosessie:


Die romantiek van ballerinas en lente bloeisels was die inspirasie vir ons fotosessie.   ʼn Viering van nuwe lewe, sagte pienk en vroulikheid.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Elkeen van die diensverskaffers het hul eie unieke styl, sag en romanties, dit was die gevoel wat ons graag wou skep.

Agter die skerms van die fotosessie:


Perskebome bod vir ʼn kort tydjie, om die rede moes ons die fotosessie binne twee weke beplan.  Drie dae voor ons fotosessie het Gauteng ʼn kouefront gehad en het baie van die bloeisels doodgegaan.  Sommige van die bome het al groen blaartjies begin stoot.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die merkwaardigste deel van die fotosessie was dat alhoewel ons nie so baie bloeisels gehad het nie.  Ons nogsteeds bereik het wat ons wou, ʼn viering van romanse en vroulikheid, in stede dat die bloeisels die sessie oorgeneem het, het dit eerder die res van die elemente gekomplimenteer.

Dekor:


Dekor gewys wou ons graag met ʼn klassieke tog moderne gevoel gaan.

Kleurskema:


Die kleurskema wat ons gekies het was skakerings van pienk, wit en silwer – romanties en vroulik.  Pienk is sinoniem met ballerinas en bloeisels.

Trourok:


Werner Dey het vir ons ʼn pragtige rok ontwerp wat Micaela se klassieke skoonheid beklemtoon het – enige ballerina-prinses se droom!

Klik hier vir diensverskaffers