Heinerich & Ilze se klassieke winter-troue

Winter troues raak deesdae al hoe gewilder onder toekomstige bruidspaartjies.  Die atmosfeer gedurende winter is outomaties misterieus en romanties.  Dit sorg dus vir die perfekte atmosfeer vir jou troudag!  Heinerich en Ilze het op ʼn klassieke winter-troue besluit, omdat dit by hulle albei se persoonlikhede en styl pas.  Die Kaap, veral Franschhoek, is immers só mooi wanneer die berge onder die mistige wolke uitloer en die plantegroei konstant klam bly.

Die basis van hul kleur-palet was tradisionele wit en swart, met helder, tog donker-kleurige blomme om die venue na lewe te bring.  Heinerich en Ilze het maande voor hul troue al begin navorsing doen en deur al Mooi Troues se artikels gelees.  Hulle het waardevolle wenke opgetel, wat hulle gehelp het om hierdie droom-troue met ʼn begroting van slegs R100 000 te beplan.  Dié paartjie is van mening dat eenvoud altyd ʼn wenner bly en só het hulle dit reggekry om eenvoud te omskep in ʼn asemrowende, klassieke winter-troue.

Heinerich en Ilze deel hieronder al die advies en wenke wat hulle oor die beplanning-tydperk versamel het.  Rol af om meer oor hul klassieke winter-troue uit te vind.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Paartjie se Liefdesreis


Beide ek en Heinerich was in lugvaart die tyd toe ons ontmoet het.  Ek was ‘n lugwaardin en hy is ‘n vlieënier.  Ons het ontmoet by ‘n vriendin se verjaarsdag partytjie.  Ons was aan mekaar voorgestel deur ‘n gemeenskaplike vriendin en soos hulle sê, die res is geskiedenis.

Dit het ons beslis nie lank geneem om te besluit ons wil die res van ons lewens met mekaar deel nie.  Na tien maande het Heinerich die groot vraag gevra op die pragtige klein strandjie, Diaz strand by Kaappunt.  Tussen die wind, see-sproei en bobbejane, was dit steeds een van die mooiste oomblikke van ons lewens.

Ons was een jaar en ses maande verloof voor ons troudag.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Die Beplanning & Besluitnemingsproses


Ons het ons troue self beplan.  Ons het baie talentvolle mense in ons familie wat al vir jare blomme en houtwerk doen, rokke ontwerp en geleenthede beplan.  Die venue, Haute Cabrière, het ook baie gehelp.  Hul werknemers was topklas organiseerders!

As ‘n paartjie, het ons saam gewerk en probeer sekermaak dat albei gelukkig sou wees met die dag soos ons dit beplan het.  Ons het familielede en vriende betrokke gemaak met die besluitneming van verskeie aspekte van die troue.  Dit is altyd goed om verskillende voorstelle te hoor en raad te kry van paartjies wat reeds getrou het.

Natuurlik was die uitrustings en die ringe ‘n uitsondering.

winter wedding winter wedding winter weddingwinter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Merkwaardigste Oomblik


Die oomblik toe ons oë mekaar ontmoet toe ek by die gangetjie afloop en hy by die kansel staan, was vir ons die spesiaalste oomblik van ons groot dag.  Dit is die oomblik wat mens besef dat alles, en terselfdertyd niks saak maak nie!  Alles is werklik, maar dit voel tog so onwerklik.  Dit is die stadium wanneer totale gemoedsrus al die stres van die afgelope paar jaar se beplanning en opwinding, oorneem.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Gunsteling Diensverskaffers


Al die diensverskaffers was puik!

Iets wat vir ons baie belangrik was, was om goeie fotograwe te kry met wie ons gemaklik kon voel.  Die fotosessies kan lank raak, so mens wil hê dat alles spontaan en so gemaklik as moontlik moet voel.  Ons was bevoorreg om vir Relife Photography ons fotograwe te hê.  Charles en sy assistent, Lee, was fantasties op die dag en het ons lekker laat lag!  Alles het moeiteloos met hulle gevoel.

Toe ons die foto’s na die troue ontvang het, kon ons nie glo hoe sprokie-mooi dit uitgekom het nie!  Hulle het ‘n werklike talent.  Ons is baie dankbaar vir die moeite wat hulle op die dag van die troue, asook voor en na die troue vir ons gedoen het.

Ons sal Relife Photography aanbeveel vir enige troue en geleentheid.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Finansiële Aspekte


Ons begroting vir die troue met 75 gaste, was R100 000.  Dit is vir enige paartjie moeilik om by ‘n begroting te hou, veral as die bruid en bruidegom spesifieke voorkeure het. Ons het ook die troue self beplan wat geld gespaar het.  Wat ons gehelp het was die feit dat ons in die winter getrou het.  Meeste besighede en maatskappye bied afslag in die winter maande.  Nog iets wat help om binne die begroting te bly, is om kwotasies van verskeie verskaffers te vergelyk voordat mens die finale besluit neem op ‘n item of diens.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Advies aan toekomstige bruide en bruidegomme


Bruide:

Ek weet, ek weet – ons hou nie daarvan as daar vir ons gesê word, “Moenie stres nie!”  Die feit is, dit is waar.  Ons dames het ‘n geneigdheid om te stres oor enigiets.  Raak rustig en geniet die proses.  Daar gaan een of twee struikelblokke wees, maar dit is ook okay.  Onthou waaroor die dag gaan.  Dit is jou en jou toekomstige man se dag en julle moet dit geniet.

Bruidegomme:

Wees betrokke.  Moenie bang wees om insette te lewer nie.  Die bruid moet weet sy hoef nie alles op haar skouers te dra nie en dat jy sal help waar jy kan.

Iets wat ook baie belangrik is, vat ‘n knertsie whiskey saam met jou manne  en lag en gesels!  Dit help baie vir die senuwees terwyl jul regmaak en vir die opwinding van later.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Inspirasie vanaf Mooi Troues


Voor die troue het ons oral gesoek vir idees en inspirasie.  Ons was deur elke paartjie se foto’s op Mooi Troues se webwerf.  Van Bosveld troues tot Wynlandgoed troues!  Ons het hier en daar idees met die oog gesteel van die kleurskemas vir blomme tot die bruidegom en sy manne se pakke.

Om na foto’s van verskillende trou-style te kyk, help om jou prentjie vir jou eie troue in te kleur.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Venue & Dekor


Ek en Heinerich hou albei van ʼn klassieke styl.  Eenvoud bly altyd ‘n wenner.  Ons het vir ‘n baie tradisionele wit en swart tema gegaan en het kleur ingebring met verskillende helder en juweel kleurige blomme.

Die venue was ook pragtig en het perfek ingepas by ons klassieke styl.  Dit is altyd belangrik om ‘n venue te kies wat pas by die idee wat jy vir jou troue het.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Wittebrood


Ek het geen idee gehad waarheen ons gaan vir die wittebrood nie.  Ek kon smeek en kerm vir dae aaneen maar Heinerich wou my net mooi niks vertel oor die bestemming nie!

Die dag na ons troue, soos ons regmaak om na die lughawe te vertrek, het hy uiteindelik met my gedeel waarheen ons gaan – Ierland.

Vir jare en jare wou ek Ierland besoek en self beleef hoe dit daar is en of dit so sprokie-mooi is soos ek gedink het dit is.  Dit was beslis!  Die klipkraal mure met die groener as groen velde, die kastele en die klein dorpies met die plaaslike kroeë was alles was beter as wat ek ooit kon droom!

Ons hoop om binnekort weer terug na Ierland te keer en ons sal dit aanbeveel vir enige paartjie.

winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding winter wedding

Klik hier vir diensverskaffers