Jacques & Angelique se prettige plaas verlowing

Ons deel Jacques en Angelique se prettige plaas verlowing fotosessie op ʼn jagplaas, ʼn plek baie na aan albei se harte, met Mooi Troues se lesers.  Dit is ook die plek waar die paartjie in 2018 ontmoet het en waar hulle beplan om te trou.  Jy kon sien die paartjie het hulle verlowing fotosessie gate uit geniet.  Hulle wou ʼn informele en ontspanne fotosessie hê waar hulle net hulself kon wees.

Angelique en Jacques wou baie graag foto’s hê vir hul trou uitnodigings en ook om die tydperk van hul lewe te onthou.  Daar is verskeie redes hoekom paartjies verlowing fotosessie doen.   Een van die redes is om foto’s te gebruik vir uitnodigings of ʼn trou webtuiste.  Nog ʼn rede is om meer gemaklik te wees voor die kamera op die dag van jou troue.

Die paartjie se verlowing fotosessie sal jou tonne inspirasie gee vir die wat ʼn plaas verlowing fotosessie wil hê.  Spontaan en baie pret is hoe ons die fotosessie kan verduidelik.   Hulle hond, Coller, was ook orals saam en het sy rol goed vertolk in die fotosessie.  Angelique vertel dat, Coller tot trekker ry saam met Jacques!  Dit is ʼn wenner!

Is jy verloof?  Vind tonne trou inspirasie en gratis advies op Mooi Troues.  Indien jy opsoek is na professionele diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids.

 

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Jacques het ontmoet in die kleuterskool.  Ons kom albei van ʼn baie klein plattelandse dorpie af so ons kon mekaar nie mis loop nie!  Ons was beste maatjies tot na skool, toe ons paaie vir ʼn paar jaar geskei het.

Ek glo die Here het geweet ons het ons eie lesse om te leer, en moes dit alleen doen. Ons het mekaar weer raak geloop by my beste vriendin (en sy Niggie) se troue in Oktober 2018 en van daar af was ons onskeibaar

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Die groot vraag:


Hy het my gevra om te trou die 16de Desember 2019 by ons vakansie woonstel in Ramsgate.  Ons het by die woonstel aangekom net om uit te vind dat die elektriese boks geblaas het, met geen krag (en ʼn nat vloer van die yskas wat begin afloop het) stel hy toe voor ons loop af strand toe om bietjie af te koel & ons vakansie behoorlik af te skop.

Ons het toe ʼn vinnige piekniek mandjie gepak en ons swem klere aangetrek.  Toe is ons af strand toe.  Ons het ʼn glasie wyn gesit en drink op die strand.  Ek het nader aan die water gestap en toe ek om draai staan Jacques op een knieg en vra die “ja” woord!

Toe maak sy eienaardige gedrag (van al die stres) van die laaste maand vir my sin!  Ek het na die tyd uitgevind sy plan was om ou Oujaarsaand my te vra, my ma sou ook afvlieg maar blykbaar was die spanning & opgewondenheid net te veel!  Hy wou op ʼn stadium oppad see toe sommer langs die pad stop en my vra!

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Hoekom ons mekaar liefhet:


Verseker Jacques se sin vir humor, die manier hoe hy my binne minute uit ʼn slegte bui kan haal, sy sin vir lojaliteit & sy waardes!  Sy hartjie is so ongelooflik mooi.  Ek word elke dag stom geslaan oor hoe absoluut gelukkig ek is om die lewe saam hom te kan deurbring.  Hy is my steunpilaar, en ek dank elke dag die Here vir die voorreg wat ek het om hom in my lewe te hê!.

Angelique vul my op waar ek kort val, haar saghartigheid en liefde is iets besonders.  Sy’s absoluut die sonskyn in my lewe, en laat my altyd wil beter wees en doen.  Ek trou nie net die liefde van my lewe nie, maar my beste vriend!

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Klein bietjie meer as ʼn jaar. Ons trou datum is die 6de Februarie 2021. Jacques boer so ek het een van twee opsies gehad, of ek kry ʼn winter troue na stroop-tyd of ek kry ʼn somer troue na plant tyd. Gelukkig is ek nie ʼn winter mens nie, so ons het gelukkig nie nodig gehad om uit te stel weens KOVID-19 nie en ons trou op die Familie se jagplaas wat ook ʼn venue is so ons is werklik geseënd dat ons niks moes uitstel of afstel nie.

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Die verloofring:


Jacques het geweet ek soek ʼn prinses snit met ʼn halo.  En dat ek liewers van wit goud hou as geel goud.  So hy het die ring laat maak.  Hy het self die diamante uitgekies en ge-ontwerp,  Iewers met die maak van die ring was daar ʼn bietjie miskommunikasie.  Die juwelier het die ring roosgoud gemaak in pleks van witgoud.

Dié was een van die groot redes hoekom Jacques so ge-stres was.  Hy was so bang ek gaan nie van die ring hou nie! Maar toe hou ek baie meer van die roosgoud, en die feit dat hy dit ontwerp het is vir my so kosbaar

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou baie graag die foto’s hê vir ons trou uitnodigings, en ook graag die tyd in ons lewe onthou

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Dit was op die jagplaas geneem, ons albei is baie lief vir die natuur, en die plaas het ʼn baie spesiale plek in albei van ons se harte.  Dit is waar ons mekaar weer ontmoet het in 2018 en ook waar ons gaan trou.

Ons het nie regtig ʼn styl in gedagte gehad nie, ons hond Coller gaan orals saam ons, ry tot trekker saam Jacques so dit sou nie dieselfde wees as hy nie daarin was nie!

Ons albei is baie lief vir lag en grappies maak, so dit was eintlik baie informeel en ontspanne

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons het eintlik nie enige vrese nie, ons gaan eintlik saam met die vloei van alles die jaar, ons is albei baie opgewonde maar op die stadium nog glad nie ge-stres nie.  Meeste van die troue is gereël so ons wil eintlik net die verlowings tydperk geniet

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Visie vir droomtroue:


Ons wil graag net hê ons geliefdes moet dit geniet, dit is ʼn baie rustieke styl troue wat ons meeste van die goed self doen, maar op die einde van die dag sal ons doodgelukkig wees as ons , ons vriende & familie die dag saam met mekaar dit kan geniet.

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Klik hier vir diensverskaffers