CJ & Maggie se Bosveld troue by Bona Bona Game Lodge

CJ en Maggie het in die bosveld tussen beeldskone wilde diere en Noordwes se natuurskoon ewige liefde aan mekaar verklaar. Hulle het in die middel van die ongerepte Afrika-skoonheid ‘n prentjiemooi moderne troudag gehad.  Bona Bona Game Lodge is nét wat hul ingedagte gehad het vir hul droom dag.   In Tswana, beteken Bona Bona om te kyk of om te sien.  Dus streef dié oord altyd om ‘n sigbare verskil te maak – nét wat jy nodig het vir jou troudag!  CJ en Maggie was werklik in hul natuurlike habitat in die mooie bosveld.  Hulle het selfs ‘n welpie gehad as rekwisiet vir hul troufoto’s!  Net soos wat hierdie welpie mak gemaak is en homself toegelaat het om liefde te ontvang, so het hierdie paartjie ook die besluit geneem om liefde te gee én te ontvang.

Rol af om na hierdie merkwaardige troue by Bona Bona Game Lodge te kyk.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het 29 Desember 2018 getrou.  CJ was 27 jaar oud en ek, Maggie, was 23 jaar oud.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ek en CJ was kollegas by die werk.  Ons het na 4 maande later gaan koffie drink en ek het vir die Here gevra of hy die man vir my is.  Ek het CJ se naam en die datum in my Bybel geskryf;  Dit was die 24ste Junie 2017.  Van daar af het dinge vlam gevat.  CJ het my op 24 Junie 2018 gevra om te trou.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek was in die Kaap saam my vriendinne om materiaal te gaan soek.  Ons het na ‘n paar opsies gekyk en saam besluit op wat ons dink die beste sal werk.  Ek wou altyd ‘n eenvoudige rok gehad het en het dus my materiaal se keuse daarby aangepas.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Vertel ons meer van jul ringe


CJ het sy pa se trouring gesmelt en ons het vir hom ‘n goue ring gemaak.  CJ het iemand gekry om dit te maak;  Dieselfde man het my skoonma en albei my skoonsussies se ringe gemaak.  Ek het ‘n eenvoudige vierkant ontwerp gekies.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons het Aldus Photography gekies.  Hul werk het ‘n unieke donker en warm gevoel wat dadelik ons ook gevang het.  Om ‘n videograaf te hê was vir ons baie belangrik.  Ons wou graag elkeen van ons spesiale oomblikke op video hê sodat ons eendag daarna kan terugkyk.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die merkwaardigste oomblik van die dag was toe ons uit die kerk stap as Mnr. en Mev. Coetzee.  As ons iets kon verander, sou ons meer foto’s saam ons gaste neem.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bruid : Probeer jou bes om te ontspan en nie te veel te stres nie, veral die dag van die troue.  Jy beplan al maande aan hierdie dag, so probeer om elke deeltjie in neem.  Dit gaan regtig vinnig verby!

Bruidegom : Maak seker jou strooijonkers weet wat van hulle verwag word, want jy het hulle nodig.  Daar gebeur baie dinge op die dag, so jy gaan beslis hulp kort om by alles uit te kom.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Voor die troue was ek en CJ besig Ballito toe te trek, so na die troue was ons pootuit!   Dus het ons iets rustig en ontspanne vir ons wittebrood gesoek.  Ons het op Clarens besluit.  Ons het die natuurskoon verken, elke bier uitgetoets en net die tyd saam geniet.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek


Ons het besluit om ‘n eenvoudige sjokolade koek te hê.  ‘n Sjokolade koek hou immers altyd die vrouens gelukkig!

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ek en CJ kom altwee van die plaas af ons wou graag ‘n bosveld troue hê.  Ons het besluit op aardse kleure, groen, wit en bruin.  Bona Bona het mooi by ons dekor gepas, aangesien dit aards en in die bos is.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons begroting was R150 000.  Dit is verskriklik moeilik om by die begroting te hou.  Iets waarop ons baie kon spaar is die blomme.  Aangesien dit so warm in Desember is, sou die blomme nie hou nie en die groen blare het daardie eenvoudige, tog mooi gevoel geskep.  Ons het 150 gaste onthaal.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons eerste dans was die eerste liedjie wat CJ vir my gestuur het: ‘Head Over Boots.’  Die aand voor ons troue was my en CJ se familie reeds by die venue.  Ons het almal saam gebraai en as een familie gekuier.  Ek en CJ het vinnig weg geglip en ons dans gaan oefen.

Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge Wedding at Bona Bona Game Lodge

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: