Blou & Blos Plaastroue Inspirasie

Die Blou en Blos gestileerde plaastroue inspirasie sal jou nuwe insig gee oor hoe jy jou plaastroue prentjie mooi kan laat lyk.  Mariska Krugel, die model in die fotosessie, het die oulike gestileerde fotosessie gereël.  Die kontras van die sagte dekor elemente en die onafgewerkte plaas landskappe is vreeslik mooi.

Ons is gaande oor die tafel uitleg en die verskillende dekor elemente wat hulle gebruik het.   Baie paartjies dink omdat hulle op ʼn plaas trou alles moet in pas by die plaastema.  Dit is glad nie hoe dit hoef te wees nie.  Jy kan doen net wat jy wil.  Partymaal is ʼn kontras, soos in hierdie se fotosessie verskriklik mooi.  Die model se pragtige vloeiende sagte blou rok breuk ook die neutrale kleurskema.

Al die dekor elemente is skakerings van wit, neutrale aards kleure wat perfek inpas by die hooibale en skakerings van blos roosgoud.  Die sagte blomme wat gebruik was in die blom ontwerpe is so mooi en gee ʼn baie elegante gevoel aan die tafel.   Die geometriese kersstaanders bring ʼn moderne gevoel tot die tafel.

ʼn Goeie span diensverskaffers kan enige troue ʼn sukses maak.  As jy besig is om jou troue te beplan, besoek Mooi Troues se Trougids.  Ons het fantastiese diensverskaffers in ons trougids wat jou spesiale dag ekstra spesiaal sal maak.  Rolf af om inspirasie te kry van die Blou & Blos plaastroue inspirasie.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Inspirasie agter die fotosessie:


Die pragtige sonsondergange met hul piek en blou skakering.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroueplaastroue

Trourok:


Die rok was spesiaal gemaak deur Leah Ballet om by ons span te pas.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons is almal in die Heidelberg area geleë, ʼn klein plaas dorpie waar ons baie mooi sonsondergange besigtig en ons wou ʼn plaaslike groep verskaffers wees wat saamwerk.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Agter die skerms van die fotosessie:


Die wind het halfpad deur ons sessie stormsterk begin waai, soveel so dat die Blomme en glas nie meer reg wou staan nie.  Ons het geïmproviseer en ons pragtige model Mariska gekry om die Blomme vas te hou.  Die wind het die aller mooiste foto’s gemaak met die rok en model se hare wat waai, maar vir tafel dekor was dit nie ideaal nie.  Net voordat al ons lig weg was het die wind kalmeer en ons was geseënd met die allermooiste blog en pienk kleur.  Ons het die sessie geëindig met ʼn glas sjampanje by ons mooiste tafel tussen die gras bale.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Dekor:


Die blomme was neutraal met ʼn bietjie pienk van die bloesems wat Floral by DD langs die pad by die plaas gepluk het.  Die pienk skakering van die glase en bloesems met die pragtige blog rok het ons sonsondergang kleur preek vasgevang.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Klein intieme seremonies kan net so spesiaal wees as ʼn groot troue.  Die pragtige foto’s kan dan later met vrienden en familie geheel word.

plaastroue plaastroue

Kleurskema:


Die blou rok soos ons pragtige blog lig, van donker na lig. Die skakering van wit, pienk en neutraal wat die pienk sonsondergang en neutrale omgewing van gras bale vasgevang het.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Venue en Ligging:


Die keuse van venue is ʼn plaas net buitekant Heidelberg.  Spesiaal vir ʼn intieme seremonie, in die natuurskoon.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die sonsondergang en ons lekker kuier om die mooi tafel na die foto’s geneem was.

plaastroue plaastroue plaastroue

Klik hier vir diensverskaffers