Hennie & Raschna se stylvolle troue

Hennie en Raschna se troue was ‘n stylvolle gebeurtenis gewees omring deur pragtige natuurtonele.  Hierdie paartjie se pragtige troue was beplan in slegs drie maande en sal jou aandag onmiddellik trek, van Raschna se stylvolle trourok en Hannie se deftige pak.

Groen en Wit trou blomme was regdeur die venue gebruik.  Van pragtige blom ontwerpe wat uit die dak gehang het oor die troukoek, tot die mooi blom ontwerpe op die tafels.  Tikseltjies goue elemente was ook gebruik soos op die borde en die eetgerei.  Dit gee ‘n elegante gevoel aan die stilering van die dekor.   Die dekor van Raschna en Hennie se troue het ‘n tydlose klassieke gevoel wat altyd mooi sal bly.

Geniet die paartjie se stylvolle groen en wit troue.    Baie paartjies wil troues sien wat in hul eie provinsie waar hul gaan trou te sien.  Klik hier om troues in jou provinsie te vind en te gebruik as inspirasie vir jou eie troue.

bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready groom getting ready

Paartjie se Liefdesreis:


Ons was bure tydens ons hoërskool jare.  Ek was smoorverlief op Hennie maar het dit nooit erken nie.  Hennie het vir 2 jaar lank, elke Vrydagaand kom koffie drink.  Hy het opgestaan en maak of hy niks vir my voel nie.  Ons het mekaar geterg om die ware gevoelens te verbloem, intussen is ons elk smoorverlief en te trots om dit te sê.

Na hoërskool is Hennie Engeland toe en ek is Tuks toe. Na 20 jaar het Hennie my opgesoek op Instagram.  Hy het weer kom koffie drink, en soos in ons tiener jare, het al ons gevoelens net sterker teruggekom.

Ons het besef dat ons nog altyd bedoel was vir mekaar en hierdie keer gaan ons vir ewig vir mekaar vertel hoe verlief en lief ons vir mekaar is. Slegs 3 maande nadat ons paaie weer gekruis het, het Hennie my gevra om te trou, en dit was die lekkerste “Ja” in my lewe!

wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony bridal couple bridal couple

Die Verlowing Tydperk:


Ons het 15 Augustus 2019 verloof geraak en 3 maande later trou ons op 16 November 2019 by die pragtige Duck Point.  Jean-Prieur by Duck Point het gehelp met al die reëlings, verskaffers en  troudag-program.

Ek en Hennie het ons droomtroue vir Jean-Prieur verduidelik en hy het gesorg dat dit waar word.

bridal couple v bridal couple v bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couplebridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple bridal couple

Finansiële Aspekte:


Ons vertrekpunt was ons gastelys, en volgens die aantal gaste kon ons bepaal hoe groot ons venue moet wees.  Hennie en ek het begin om trou venues te kontak en kwotasies te kry, ons het elke venue vergelyk met koste per persoon, venue prys en wat die prys als insluit.  Daarna het ons ‘n kosteberaming gekry vir die dienste wat nie ingesluit is by die venue se pryse nie.  Ons het gekyk na ons aantal gaste en die totale onkostes per venue.

Ons het op seker aspekte besluit wat ons graag wil hê, en waarop ons nie wil kompenseer nie.  Die ander aspekte het ons ‘n maksimum kosteberaming vasgestel, en op hierdie aspekte het ons soveel as moontlik probeer spaar.

Ons het 70 gaste onthaal by Duck Point, die trou venue wat vir ons die meeste gebied het om ons droomdag waar te maak.  Ons het besluit om slegs gaste te nooi wat ‘n positiewe invloed het in ons lewens, dit het die gastelys baie makliker gemaak en ons beveel dit sterk aan vir paartjies wat hul troudag beplan.

Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Point Vaal River Wedding & Function VenueDuck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue wedding cake wedding cake Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue Duck Point Vaal River Wedding & Function Venue

Merkwaardige oomblikke:


Hennie se merkwaardigste oomblik:
  • Sjoe daar was so baie, van saam aantrek met die strooijonkers, familie en vriende sien wat ek lanklaas gesien het, tot die heerlikste kos en mooiste trou lokaal op die Vaal rivier met die perfekte weer.  Maar bo alles, toe ek voor in die kapel staan en wag vir my toekomstige vrou en die senuwees en hartklop hoog is, besef ek dat ek die gelukkigste man in die wêreld is en die Here se genade en guns die dag moontlik gemaak het.  Toe die inloop musiek begin speel en ek sien die mooiste vrou wat na my toe aangestap kom en alles in my moet die trane terug hou want my hart het oorgeloop van vreugde en blydskap.  Daai oomblik en gevoelens was onbeskryflik en ek sal dit nooit vergeet nie.
Raschna se merkwaardigste oomblik:
  • Ons 1ste soen as Mnr en Mev Eksteen tydens die seremonie.
  • Hennie het vir my die mooiste gedig voorgelees met sy beloftes aan my, die emosie en passie in sy oë het my hart gesmelt.

wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding reception wedding receptionwedding reception wedding reception wedding reception wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos

Klik hier vir diensverskaffers