James & Lee-Ann se buite verlowing fotosessie

Mooi Troues deel met ons lesers James en Lee-Ann se buite verlowing fotosessie by Springbok Golf Klub. Die paartjie het ʼn prentjie mooi verlowing fotosessie gehad omring deur natuur landskappe.  Ons is mal oor Karoo-plante en in die paartjie se fotosessie speel dit ʼn baie mooi rol.  Die onafgewerkte landskappe is prentjie mooi.  Jy kan sien Lee-Ann en James het die verlowing fotosessie baie geniet.

Die paartjie se droom vir hul troudag is ʼn ontspanne, opelug, feestelike gevoel saam met geliefdes.  ʼn Feestafel, kraffies wyn en siel-musiek.  Baie liggies, kerse en baie vreugde.  Sjoe ons moet self sê, dit klink lieflik.  Vir betroubare en professionele diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids.  Al die diensverskaffers wat jy sal nodig hê vir jou troudag op een plek.   Geniet die paartjie se buite verlowing fotosessie hieronder.

outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het op skool ontmoet, ek was 15 en James was 17, ek was vreeslik verlief, maar baie skaam.  Ek en James het saam begin werk toe ek 21 was en het beste vriende geraak en op 27 het ons besef ons wil verewig saam wees.  Ons was 5 jaar saam toe ons verloof raak.

outdoorsy engagement photosoutdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Die groot vraag:


Dit was ʼn verrassing … James het een Vrydag vir my gesê ons het vanaand ʼn afspraak en ek moet my gaan op-tof.  Hy gaan solank ʼn bier saam met sy vriend drink.  Terwyl ek regmaak,  het ʼn vriendin Anke Engelbrecht opgedaag en gesê ek en sy gaan ʼn skemerkelkie gaan drink, James het gesê hy kom tel my daar op.

By die restaurant, Tauren, het die bediener ʼn koevert vir my gegee en daarin was ʼn briefie: “Soos Antjie Krog se woorde soms stotter en oormekaar val, val ek en jy soms oor mekaar. Ek hoop jy bly altyd lief vir my soos ek vir jou.  Jou volgende briefie is by Pot & Barrel.”

Briefie 2 het gelui: “Ek probeer onthou om te vergeet sodat jy net altyd onthou om nie van my te vergeet nie.  Jy bly my mens, my vriendin, my anker, my liefde.  Die volgende briefie is by Herb Garden.”

Briefie 3 het gelui: “Hierdie plek laat my dink aan die wonderlikste herinnering wat ons al saam gemaak het, mag ons nog baie meer herinneringe saam deel.  Jou volgende briefie is by die huis.”

Nodeloos om te sê ek kon nie vinnig genoeg die glas vonkelwyn klaar drink nie.  By die huis was daar ʼn paadjie met kerse gepak en hy het op sy knieë gestaan met trane op sy wange en gevra of ek verewig sy vrou sal wees.  Daar was die mooiste rooi rose en sjampanje . Dit was so spesiaal.  Hy het my wildste drome oortref.

outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Hoekom ons mekaar liefhet:


James se ambisie, talente en sy mooi siel.  Sy siel is so diep en kleurvol en hoe hy my lief het.  Lee-Ann se mooi hart en haar natuur om almal altyd te help.

outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photosoutdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Nie baie lank nie, ons het gedink ʼn jaar om te beplan en te spaar.

outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Die verloofring:


Dit was ʼn verrassing, en dit maak dit so spesiaal, ek wou nog altyd ʼn geelgoud ringetjie gehad het, hy hou nie van geelgoud nie, maar toe hy die ring sien het geweet dit is die ring wat hy vir my wil hê. En dit was geelgoud!  Yay!

outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons vriendin en werkgewer, Almarie Serfontein, het dit as geskenk vir ons gegee.

outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons is albei mal oor die natuur en James spandeer baie tyd op die gholfbaan, ek is mal oor winter en ook die kleure wat daarmee gepaard gaan.  Die kleur van my rok is een van my gunsteling kleure.  Wat is jul verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk?  Ons het geen verwagtinge en geen verse.  Ons is net dankbaar dat ons siele mekaar gevind het.

outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons het geen verwagtinge en geen vrese.  Ons is net dankbaar dat ons siele mekaar gevind het.

outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photosoutdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Visie vir droomtroue:


ʼn Ontspanne, opelug ,feestelike gevoel saam met ons geliefdes.  Feestafel, kraffies wyn en siel musiek. Baie liggies en kerse en baie vreugde.

outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photosoutdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ja maar nie te ernstig nie, ons wou graag 2020 trou, maar ons het eers alle beplanning gestaak oor Covid 19. Hopelik beplan ons spoedig voort.

outdoorsy engagement photosoutdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos outdoorsy engagement photos

Klik hier vir meer diensverskaffers