Resensie: Nikel kosmetiese produkte

Elke toekomstige bruid is opsoek na ‘n mooi gesonde vel vir haar troudag.  Internasionale kosmetiese produkte, Nikel Cosmetics, is bekend gestel in Suid-Afrika.  Perfekte balans van tradisionele kennis en die nuutste in kosmetiese innovasie.  Ons het self drie van hulle produkte probeer en gebruik dit nogsteeds.  Die oomblik wat jy Nikel se kosmetiese produkte begin gebruik, sal jy verstaan hoekom jy nooit weer iets anders sal wil gebruik nie.  Ons sou sê jy moet omtrent so ses tot agt maande voordat jy trou met nuwe produkte begin, sodat jy seker is dit werk met jou vel en ontmoet jou vel doelwitte.

Nikel Cosmetics, ‘n gevestigde internasionale handelsmerk van Croatia, het die aandag gekry van baie Suid-Afrikaners, insluitend top webjoernale en bekendes.  Nikel Cosmetics se unieke mengsel van aktiewe plant bestanddele en moderne kosmetiese tegnologie, maak dit ‘n produk wat jy móét hê.  Ons het persoonlik van hulle produkte gebruik en is vreeslik verras oor die sagte gevoel wat dit op die vel het, asook die langdurige resultaat.

Die breinkind van bekroonde wetenskaplike, MPharm Mirjana Brlečić, wat Nikel Cosmetics sowat 14 jaar terug gestig het en baie toekennings gewen sedertdien, insluitende die beste bevogtiger-room; by die 2018 Elle Skoonheid Toekennings.

Bekendes soos Siobhan Yeatman van Suga & Spice Beauty and Lifestyle blog, is ‘n groot aanhanger van Nikel Evening Primrose Oil.  Good Hope FM en Expresso Morning Show aanbieder, aktrise en model, Leigh-Anne Williams is nog ‘n aanhanger van Nikel Convert.

Hoe Nikel Cosmetics ontstaan het


Nikel Cosmetics se stigter, Brlečić het baie jare lank luukse velsorg produkte verkoop. Haar ondervinding het haar geleer dat die luukse produkte meer probleme veroorsaak het, as wat dit opgelos het.  Gepaard met haar wetenskaplike kundigheid het Brleči Nikel Cosmetics se reeks begin. Dit fokus op die luukse moderne teksture en produkte wat saam met die vel werk, nie teen dit nie.

Brlečić sê dat Nikel Cosmetics met sy aktiewe plant bestanddele was ‘n gepaste produk vir Suid-Afrikaners en hulle velsorg vereistes met verwysing na ons sonnige klimaat in Suid-Afrika.  Brlečić erken dat Suid-Afrikaners gefokus is op natuurlike kosmetiese produkte en daarna streef om ‘n gesonder vel en leefstyl te hê.

Byvoorbeeld die “Alpine Rose” groei 1 800 meters bo seevlak en oorleef baie hoë temperatuur variasies, UV blootstelling en droogte.  Dit het ook aktiewe stem-selle wat belangrike bestanddele is.  Die Alpine Rose help met jou vel se herwinning en beskerming teen omgewingsfaktore soos UV-strale en besoedeling.  Dus is produkte soos Nikel Alpine Rose Stem Cell Tonic perfek is om jou vel voor te berei.  Dit werk ook perfek as jy dit gebruik onder jou sonskerm met ‘n SPF faktor.

Vir meer inligting, klik hier om Nikel Cosmetics se webtuiste te besoek.

Artikel Krediet

  • Foto’s verskaf deur Nikel Cosmetics
  • Teks verskaf deur Nikel Cosmetics en aangepas deur Mooi Troues