Alexander & Bianca se kleurvolle verlowing

Alexander & Bianca se kleurvolle verlowing fotosessie was in Pretoria gedoen.  Dit is definitief ʼn fotosessie vol inspirasie vir dié van julle wat opsoek is na ʼn pret verlowing fotosessie.  As jy deur die fotosessie kyk kan jy sien die paartjie het dit baie geniet.  Hulle was net hulself en elke oomblik die beste van die oomblikke gemaak.  Ons is mal oor die kleurvolle stedelike elemente wat deel vorm van die fotosessie.  Dit gee dit ʼn pret gevoel.

By Mooi Troues glo ons dat die doel van ʼn verlowing fotosessie is om jouself te geniet.  Gemaklik te raak voor die kamera en jou fotograaf beter te leer ken.  Op die manier weet jy, jul sal gemaklik wees op julle troudag.   Het jy onlangs verloof geraak?  Kry gratis trou advies en tonne inspirasie vanaf Mooi Troues.  Ons het ook ons eie fantastiese trougids wat van ons land se top diensverskaffers lys.

Geniet Alexander en Bianca se kleurvolle verlowing fotosessie op Mooi Troues hieronder.

engagement photoshoot engagement photoshoot engagement photoshoot

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


(2012) Bianca en haar ouers was genooi vir ʼn kuiertjie, deur Alexander se ouers.  Alexander was klaar daar en besig om soos gewoonlik, al die ” shooters” saam sy vriend Christopher te geniet om die vuur.  Bianca het niemand by die kuiertjie geken, behalwe haar ouers.  So was in die geval nie baie lus vir die kuiertjie nie.  Dit het wel verander toe sy vir Alexander om die vuur sien.  Christopher se vrou, Celinda het toe besluit om vir Bianca te nader vir ʼn rondte tafeltennis saam met Alexander en Christopher.

Ons het van daar af bietjie begin gesels.  Alexander het natuurlik net met Bianca probeer gesels en vergeet van sy vriend wat ook daar was.  Alexander het intussen Bianca se nommer gevra, waar hy toe besef het, dat sy selfoon pap was.  Christopher het toe aangebied om die nommer te stoor op sy foon sodat Alexander die nommer na die tyd kon kry.  Christopher het toe die volgende die nommer aangestuur, wat op geëindig het om die verkeerde nommer te wees.

Alexander het toe volstoom begin “chats” bou op hierdie nommer, en nie besef dat dit die verkeerde nommer was nie.  Die situasie eindig toe op dat Alexander vir ʼn week lank lekker “chats” gebou het met ʼn vriend van Christopher.  Toe Alexander uiteindelik die regte nommer in die hande kry, was dit darem ʼn goeie storie om te vertel wat toe maklik die ys gebreek kry.  Omdat Alexander en Bianca redelik ver van mekaar af gebly het, was dit moeilik om afsprake te reël.  Dit het so aangegaan vir 3 jaar lank, tot ons uiteindelik, net een goeie aand kon saam kuier en regtig gesels.  Wat toe gelei het na n spontane, liefdevolle, natuurlike vonk waarby nie een van ons onsself kon van weerhou nie.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Die groot vraag:


Alexander: Ek het van die begin af geweet dat een van Bianca se belangrikste aspekte in haar lewe is haar familie … So ek wou seker maak dat haar familie so ver as moontlik deel is van die verlowing.  Ek het haar ma, suster en beste vriendin benader om te help met die opstel, waar ek toe besluit het om die GROOT vraag by haar ouerhuis te doen.  Haar suster het haar gevra om mooi aan te trek vir ʼn fotosessie wat hul gaan doen.  Nicky haar vriendin het haarself voorberei met die kamera, en ek het die huis gaan voorberei vir Bianca se aankoms so net na 18:00, 14 Junie 2017.

Die tyd in die vroeë aand het seker gemaak dat die kersies op die swembad ʼn lekker atmosfeer skep.  Ek het ook verder kersies in bruinpapier sakkies gesit om die pad na my toe uit te wys, gevolg met wit en rooi roos blare waarop sy kon loop.

Bianca het glad nie die verlowing verwag nie, die familie en vriendin het reggestaan met champaign en ʼn kamera.  Bianca het baie verbaas gelyk soos sy aangeloop gekom het, herhaaldelik gevra, “wat gaan hier aan”, “waarmee is jy besig”.  Ek het toe op my knieg afgegaan, so vinnig die vraag gevra!  Ek sukkel om dit presies te onthou, waar Bianca toe amper begin hardloop het en vergeet het om ʼn antwoord te gee.  ʼn Baie snaakse oomblik eintlik want ek dink sy was bietjie oorval.  ʼn Paar ja’s het toe daarna gevolg, met groot verligting in my maag.

Mens kan maar se alles het perfek uitgedraai en die aand verder was baie lekker.  Ons het daarna ʼn naweek in die Kaap gaan spandeer waar ons ʼn verlowings ete saam met my ouers, al die pad van Pretoria af, kon geniet.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Was die verlowing ʼn verassing of het jul daaroor gepraat?


Die verlowing was ʼn verrassing, ons het lekker daaroor gegrap terwyl ons in ʼn verhouding was.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Was daar enige ander familie/ vriende betrokke?


Ja, Bianca en Alexander se familie, en Nicky as vriendin en toe ook sommer fotograaf.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Hoekom ons mekaar liefhet:


Alexander

Van die eerste dag wat ek vir Bianca gesien het, was ek klaar verlief.  Dit het my nie ‘n millisekonde se dink of besluit werk gekos om te weet dat ek haar in my lewe wil hê nie.  So mooi soos wat Bianca is, so mooi is haar hart, as sy lief het, het sy volwaarlik lief, met alles in haar.  Sy sit haar geliefdes altyd voor haarself.  En dis nie eens moeilik vir haar om te doen nie, geen huiwer nie.  Dis een van 1000’e redes hoekom ek haar so lief het, sy maak my vol, baie kwaad, maar kwaad op ʼn manier wat goed is, sy hou my eerlik, en dankbaar.

Sy het so klein lyfie, maar haar liefde is baie meer as wat ek ooit kan dink wat daai lyfie kan dra.  Sy vat ander se moeilike tye en maak dit haar eie, sys net n wonderlike mens, en dis onmoontlik om nie lief vir haar te wees nie.  Ek dink enige man in hierdie wêreld sal gelukkig wees om net eenkeer, iemand soos Bianca te ontmoet … nie eens uitgaan, trou of bevriend mee te wees nie, net een keer kan ontmoet.

Onvoorwaardlike Liefde vir ander:
Bianca

Dis soos asem haal, dit kom vanself.  Ek kan dit nie keer nie.  Hy daag my uit, kry my buite my gemak sone en maak my baie vies.  Hy’t my geleer om jammer te se, om 2 keer te dink voor ek praat.  Hy dra my, hys daar.  Altyd – nie net in die goeie tye nie.  Hy motiveer en inspireer my.  Hy’s ʼn ongelooflike mens, hy is goed vir ander mense, ‘n groot, eerlike, opregte hart met tonne liefde om te gee.  Alexander is goed vir ons 4 voet kinders.

Hy probeer my positief hou, wanneer ek nie goeie dae het nie.  En hy aanvaar my, al my foute, my tekortkominge, pajama dae en vals gesingery wanneer ek my oorfone in het.  Verdra en vergewe. hys ongelooflik, daar is niemand soos hy nie.  Hy maak my uit my maag uit lag, en sy arms, is beslis die beste plek om te wees.  Boonop, is hy vir my die mooiste man, in die hele wye wêreld.  As alle mans in n ry moes staan en ek kon kies wie ek wil hê, sal ek loop, tot ek by hom uitkom.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


11 Maande.  Ons sou die 2de Oktober trou, maar Corona het ons voorgespring.  Ons moes die troue uitstel tot die 2de April 2021.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Die verloofring:


Die verloofring was ‘n totale verrassing.  Ek (Alexander) het ‘n foto of 2 met Bianca se ma gedeel.  Maar snaaks genoeg, nadat ek die ring gekoop het, het Bianca vir my foto gestuur en gesê, “as jy my ooit sou vra om te trou, is hierdie die ring wat ek graag sou wou hê”.  En ironies genoeg, is dit presies die ring wat ek gekoop het.  Hierdie was natuurlik vir my net ʼn teken dat ons net vir mekaar bedoel was, van die begin af.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou die verlowing sessie doen oorspronklik vir ons uitnodigings, maar Bianca wil graag die fotos hê om te gebruik vir ons huis.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons wou die fotos so natuurlik as moontlik gehad het, waar daar nie permanent ʼn “geposery” is nie, ontspanne, spontaan en vol kleur was wat ons wou hê.  Alexis ons fotograaf het toe die venue voorgestel.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Geen vrese en met alle eerlikheid alle verwagtinge het ons klaar gehad so ons wou mekaar net aanhou geniet.

engagement photoshoot engagement photoshoot

Klik hier vir diensverskaffers