Hendri & Stephanie se pastelkleure troue

Hendri & Stephanie se troue is daardie tipe troue wat ‘n rustigheid en kalmte oor jou bring en jou herinner waaroor trou regtig gaan.  Alles van hul elegante troue het rondom een ding gedraai – hul liefde vir mekaar.  Al die ander elemente het hul persoonlikhede só mooi gekomplimenteer, sonder dat enige element moet kompeteer met ‘n ander.  Hul keuse van ligte, sagte dekor het as simboliek van hul persoonlikhede gedien.

Rol af en geniet die foto’s.  Deel hierdie troue met familie en vriende wat óók lief is vir pastel kleure en elegansie.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 2 Maart 2019 getrou. Hendri was 28 en ek (Stephanie) was 29 jaar oud.

Flawless Make-Up by Donique Flawless Make-Up by Donique Flawless Make-Up by Donique Flawless Make-Up by DoniqueFlawless Make-Up by Donique Crystal Brides Crystal Brides

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar die Desember van 2013 ontmoet.  Ons het saam met vriende oor nuwejaar gaan kamp.  Hendri het vir my op 5 Oktober 2019 gedurende ‘n maanlig-ete op die strand in Bali gevra om te trou.

EurosuitEurosuit Eurosuit Eurosuit The Tux Tailor The Tux Tailor

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Toe ek by die paadjie afstap en ons mekaar vir die eerste keer sien, was dit ‘n besonderse spesiale oomblik.  Ons albei het trane in ons oë gehad en senuweeagtige laggies omdat ons nie ons emosies kon beheer nie.  Ons het besef dat hierdie die oomblik is waar jy met die persoon trou vir wie jy die liefste in die hele wêreld is.  Dit was ‘n onwerklike oomblik.

Alles het perfek bymekaar gekom. Al die harde werk en beplanning was die moeite werd.  Dit was wonderlik om al ons vriende en familie met trotse, vreugdevolle en tranerige gesigte te sien.

Die enigste ding wat ons meer op die dag sou wou hê, is tyd.  Dit gaan regtig te vinnig verby.  Andersins was die dag perfek en sou ons niks verander nie!

Eats & Treats

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek was opsoek na ‘n rok wat eenvoudig en elegant is.  Ek wou ook hê my rok moet prettig wees en uitstaan sonder om té oorweldigend wees.  Hierdie rok was presies wat ek ingedagte gehad het vir my droomrok.

House of Superior Clothing Eurosuit Eurosuit Eurosuit

Vertel ons meer van jul ringe


Terwyl ek na verskillende verloofringe gekyk het, het ek verlief geraak op die morganietsteen omdat pienk my gunsteling kleur was. Hendri het toe my ring laat ontwerp met diamante in ‘n halo-instelling in witgoud.

Hendri se ring is in swart wolfram.  Hy het besluit op wolfram vanweë die duursaamheid en weerstand teen krap.  Hy wou gehad het die ring moet vir altyd so mooi lyk soos die dag wat ek dit aangesit het.  Om dit nóg meer besonders te maak, het Hendri my ringvinger se vingerafdruk op sy ring laat ingraveer.

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Lionel Richie – Stuck on You was ons eerste dans liedjie.  Ons het vir 8 lesse by Dance@Ceroc in Centurion gegaan.  Ons talentvolle instrukteurs, Hendri en Stephanie, het ons dans gechoreografeer.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Vir die dames:  Beplan en finaliseer soveel as moontlik en so gou as moontlik.  Dan sal slegs die finale, noodsaaklike reëlings oorbly wat ‘n paar weke voor die groot dag moet plaasvind.  As jy vooruit beplan en georganiseerd is, sal jy baie meer van die troubeplanning kan geniet.  Vat lang borrelbaddens, drink daardie glase wyn en geniet die ervaring; dit is ‘n wonderlike tyd van jou lewe.

Vir die manne:  Moenie bang wees om te trou nie.  Die huwelik is ‘n pragtige ding, maar ook ‘n fyn beplande gebeurtenis wat baie moeite en beplanning verg.  Jou verloofde sal waarskynlik die meeste van die beplanning doen, so wees bereid om haar soveel as moontlik te help en te ondersteun.  Jou toekomstige vrou en die pragtige dag wat jy gaan beleef, is al die moeite en beplanning werd.

Maak seker dat julle mekaar se voorkeure, afkeure en aard leer.  Sorg dat jy altyd goed oor die weg met haar familie kom; As jy met iemand trou, trou jy met haar gesin ook.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ek en Hendri het besluit dat die perfekte wittebrood in Italië sal wees!  Ons het die eerste week deur Rome, Florence en Venesië gereis.  Ons tyd daar was gevul met uitstappies na historiese geboue en pragtige wyn wingerde. Venesië was by ver ons gunsteling stad – dit is regtig so romanties soos hulle sê!

Die tweede week van ons wittebrood het ons in die Italiaanse Alpe deurgebring in ‘n oulike hout huisie.  Hierdie week het ons vir die eerste keer saam geski en die sneeu te geniet.  Ons wittebrood was wonderlik!

Oxbow Country Estate Oxbow Country Estate Oxbow Country Estate

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Oxbow-landgoed ‘n pragtige venue en presies wat ons in gedagte gehad het vir ons troudag.  Dit was egter die mense wat ons ontmoet het, wat ons ontspanne en opgewonde laat voel het vir ons troue.  Hulle was so behulpsaam en vol entoesiasme om ons te help om die groot dag te beplan.  Nie net was die uitsigte en tuine iets besonders nie, maar Oxbow het ongelooflike kos en ‘n uitstekende spyskaart gehad.  Ons wou ons gaste verras en verbaas en Oxbow het ons daarmee gehelp.

Die inspirasie vir dekor was die styl van my ring en trourok.  Dit was sag en elegant met skakerings van pienk.  Ons wou ‘n romantiese atmosfeer skep met baie kerse en blomme op die tafels.

Passi  Passi 

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons begroting was vasgestel op R 250 000.  Ons het gevoel die beste manier om ons geld dop te hou, was om vanaf die eerste dag van beplanning ‘n begroting op te stel.  Dit het ons ‘n goeie idee gegee van wat ons kon bekostig en wat ons bereid was om aan sekere aspekte van die troue te spandeer.

90 baie spesiale gaste het ons troue bygewoon.

Passi  Passi 

Diensverskaffers: