Gratis: Liefde Vlaggies

aVlaggies_0001


Nelia van Nooi Kreatief het vir jou die oulikste vlaggies bunting gemaak wat jy self kan druk, knip en hang vir jou troue. Die bunting vlaggies is altyd oulik by enige troue, plaas, stad of in jou agterplaas. Dit skep ‘n mooi prentjie en gee ook ‘n lekker prettige gevoel aan jou algemene trou dekor. Die vlaggies spel die woord liefde en is maklik om self by die huis te druk en aanmekaar te sit vir jou troue. Al wat jy nodig het is A4 of A3 grootte papier wat omtrent tussen 250 en 350 gram dik is, ‘n skêr en ‘n lint. Dan is jy reg om die pragtige goedjies te maak.


Vlaggies_0002 Vlaggies_0003a Vlaggies_0004


Krediet:

Ontwerp: Nooi Kreatief