Dedrick & Nicolé se klassieke troue in Hermanus

Ons deel Dedrick en Nicolé se klassieke troue in Hermanus en is een wat jy nie moet mis nie.  Die paartjie se troue was omtrent ʼn makietie by ʼn bekende hotel in Hermanus langs die kus.  Die tema van hul troudag was om ʼn klasieke en tydlose troue te hê.  Hulle het slegs 27 gaste genooi, so dit was ʼn baie gesellige intieme troue gewees.

Nicolé lyk pragtig in haar trourok met die oop skouers en fyner detail op haar trourok.  Dedrick het net so dapper gelyk in sy swart troupak en strikdas.   Saam is die paartjie ʼn wenner kombinasie.

Die neutrale kleurpalet van die paartjie se trou dekor is só mooi.  Dit trek die tydlose gevoel so mooi deur.  Wit en ligte skakering rose staan so mooi uit teen die groen elemente op die tafels.  Die groot aantal kerse skep ʼn gesellige en romantiese atmosfeer.   Mooi Troues se span raak altyd baie bly as ons lees dat paartjies ons platvorm gebruik het vir hul trou inspirasie.  Nicolé vertel dat sy baie na skryfbehoefte idees op Mooi Troues te gekyk het.

Geen troue is perfek sonder professionele diensverskaffers nie.  As jy opsoek is na diensverskaffers vir jou troudag, besoek Mooi Troues se Trougids.

Dedrick het Nicolé verras met ʼn heerlike wittebrood in die Maldives.  Een van die mees populêre en gunsteling wittebrood bestemmings wat jy kan kry.  Rol af om meer te lees oor Dedrick en Nicolé se intieme troue in Hermanus.  Hulle gee ook baie goeie advies in die artikel aan paartjies wat besig is om hul troudag te beplan.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het by die bekende “WEIVELD” in Pretoria ontmoet.

Dedrick:

“Ek het hierdie pragtige blondine met ʼn pink truitjie aanskou wat besig was om die dansvloer aan die brand te dans, toe het ek moed bymekaar geskraap om haar te vra om te sokkie.  So, het ek die “groot dip” gebruik om haar voete onder haar uit te slaan.  Net daar, toe ek haar glimlag sien en haar giggel hoor, het ek geweet sy was my trouvrou.  Na ʼn lang gesoek en byna my honderdste besoek aan Weiveld, het ek uiteindelik my lewens-dansmaat ontmoet.

Nicolé:

“Ek was glad nie lus om uit te gaan daardie Saterdag aand nie. Min wetende dat ek my trouman daardie aand sou ontmoet.  Dedrick was die aantreklikste man wat ek al ooit gesien het en ek kon nie glo toe hy my vra om te dans nie.  Ek was dol verlief van die eerste oogopslag – “love at first sight!”

Ons was dadelik baie geheg aan mekaar en kon nie ʼn dag laat verby gaan wat ons nie vir mekaar gesien het nie.

Die verlowing was iets uit ʼn sprokiesverhaal.  Dedrick het die ring al gekoop maande voordat hy my gevra het.  Hy wou seker maak dat die oomblik net perfek was.  Als was beplan om in Franschhoek op Boschendal te gebeur.  Daar was ʼn piekniek gereël op die mees romantiese uitkykpunt. Boschendal het ons vervoer op ʼn wildsrit voertuig by tot by die hoogste punt van ʼn berg met ʼn uitsig wat jou asem weg sal slaan.

Toe ons daar aankom was alles vir die piekniek reeds reggesit vir ʼn romantiese tyd.  Ek (Nicolé) wou nie myself toelaat om te opgewonde te raak nie, omdat Dedrick nog altyd ʼn romantikus was. Hy het my gevra om om te draai en toe ek weer sien was hy op een knieg met gedig in die hand en die MOOISTE verloofring wat ek in my lewe gesien het in die ander hand.  Dit was soos ʼn toneel van ʼn rolprent was deur ons GoPro afgeneem was.  Ons was verlief en verloof op 18 April 2021.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir 5 maande en het die troue self beplan.  Ons is ʼn goeie span wat mekaar baie goed aanvul wat dit maklik gemaak het.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die nie-so-perfekte oomblik sal wees dat ons die troue ʼn aand voor die tyd van vooraf moes beplan omdat die Kaap se weervoorspelling nie ten gunste van ons strandtroue was nie.  Ons het toe in die Hotel se sonkamer getrou en net die duiwe vrygelaat op die strand.  Alhoewel, die weer toe die volgende dag ten gunste van ons was, is ons bly oor hoe alles uitgewerk het.  Dit was beter as ons aanvanklike beplanning.

Trou Begroting:


Ons begroting was R 100 000 met slegs 27 gaste.  Ons wou graag ʼn klein en intieme troue gehad het.

Aadvies aan ander paartjies sal wees om die troue klein en intiem te hou.  Nooi slegs familie en vriende wat ʼn indruk op julle lewens gemaak het.  ʼn Troue is egter waar julle as paartjie gevier word. Dit is nie nodig om jou tannie se tweede nefie se aangetroude gesin te nooi, want dit sal die res van die familie gelukkig maak.  Beplan die troue rondom wat die huweliks paartjie gelukkig maak en nie ander mense nie.  Almal sal hulle kans voor die kansel kry of hulle het al. Hierdie is julle groot dag en julle groot oomblik.

Verder spandeer julle geld verantwoordelik.  Dit is nie nodig om skuld aan te gaan om ʼn groot troue te reël en julle gaan dalk nooit weer met helfte van die gaste trou na die troue nie.  Spandeer eerder dan meer geld aan julle nuwe plekkie waar julle saam gaan bly en/of die wittebrood.

Vermaak:


Ons gaste het verwelkomings drankies en vingerhappies geniet wat verskaf was deur The Marine Hotel, waarna hulle vry was om die naby liggende vermaak van die dorp te geniet wat binne loop afstand is van die Hotel.  Hermanus is bekend vir hulle wafels en roomys wat geniet kan word met die asemrowende uitsig van die baai en die berge.  Ons as bruidspaar het self ʼn roomys gaan geniet in die dorp voor die onthaal.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die hele dag punt.

Om by die see te kon trou en in die Kaap was ons beide se droom gewees.  Die droom het toe waar geword.

Ons is ook ons fotograaf ewig dankbaar wat vir ons ʼn spesiale tyd saam afgestaan het na ons paartjie foto’s net om te kon opvang en gesels oor die dag en ons ervaring van alles wat gebeur het tot en met die seremonie.

Paartjie se styl:


Ons styl is klasiek en tydloos.

Van die bruid se rok tot die bruidegom se pak was die tema deurgetrek.

Nicolé se trouring het ʼn spesiale storie.  Die ring is uniek in die sin dat daar slegs ongeveer 5 van haar ringe deur Browns gemaak was.  Die ring se naam is “Blushing Bride”.

Besluitnemingsproses:


Beide van ons was ewe betrokke met die besluitnemingsproses.  Ons het ons ouers geraadpleeg, maar die finale besluite was deur ons geneem.

Spesiale Tradisies:


Dit tel dalk nie as ʼn tradisie nie, maar ons het twee wit duiwe vrygelaat op die strand.  Ons hutsteken vir die troue was #geringdeSchyfieDuifie.  Die duiwe was wit posduiwe wat terug gevlieg het na hulle eienaar.

Inspirasie van Mooi Troues gekry?


Mooi Troues was baie behulpsaam met inspirasie vir Skryfbehoeftes. Ek het Mooi Troues baie geraadpleeg pleeg.

Venue & Dekor:


Ons wou graag ʼn wegloop pakket troue gehad het (Elopment Package).  So ons was baie bevoorreg dat The Marine Hotel in Hermanus ons kon akkommodeer met ons versoek.  Ons sal hulle sterk aanbeveel.  Hulle het ons dag baie spesiaal gemaak en uit hulle pad gegaan om ons gelukkig te maak.  Die inspirasie agter die trou dekor was om tydloos, romanties en klasiek te wees.  Nicolé se liefde vir blomme het ʼn groot rol gespeel en die hoof fokus was die peonie rose.

Wittebrood:


Ons was in die Maldives want dit was Nicolé se grootste droom. Dedrick het alles gedoen om haar droom waar te maak.

Gunsteling Diensverskaffers:


  • Fotograaf: Esli Cilliers
  • Trou koördineerder wat toegesien het dat alles mooi opgemaak was: Bernice Zietsman.
  • Die baie talentvolle Ruth Botha wie die bruid se grimering en hare gedoen het.
  • The Marine Hotel wat ons dag baie spesiaal gemaak het.
  • Le Poenie vir die mooiste rose
  • Die troukoek: Passion Fruit Sweet Studio

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Aan die dames en manne: Neem alles in. Die dag gaan te vinnig verby.

Aan die dames (alleen): Jy is net een keer ʼn bruid. Laat jouself toe om die proses meer te geniet as om te stres. Als sal altyd uitwerk soos wat dit bestem is om uit te werk. Geniet net elke oomblik.

Aan die manne (alleen): Moet nie stres nie. Laat jouself toe om emosioneel te raak.

Eerste Dans:


Ons eerste dans wat op die liedjie Biblical van Callum Scott.  Die woorde is so gepas op ons liefdesverhaal.  Ons streef elke dag ons ons verhouding ook te baseer op die fondasie van christenskap. Dit was nie nodig vir ons om vir danslesse te gaan nie, siende dat ons liefdesverhaal begin het waar ons mekaar beïndruk het met ons danspassies.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: