Francois & Thelma se Namibiese troue

Vandag deel ons Francois & Thelma se Namibiese troue met jou op Mooi Troues.  As jy al ooit getoer het na Namibië, sal jy weet dit is ʼn mooi land met soveel pragtige landskappe.  Die paartjie het by ʼn baie oulike venue getrou so 90 kilometer buite Windhoek.  Ons is mal oor die binne maar ook buite gevoel van die venue.  Alhoewel Francois & Thelma se troue binne was, het dit nogsteeds ʼn buite gevoel.  Jy dans letterlik op die stoep met ʼn uitsig van die sterre. 

Die paartjie wou ʼn moderne rustieke tema gebruik as basis en dan daarop bou.  Hul kleur skakerings het ingesluit bourgondie en olyfgroen.  ʼn Pragtige kombinasie van kleure wat perfek ingepas het by die styl venue van die paartjie.  Omdat hulle met ʼn meer rustieke tema gegaan het, het hul nie tafeldoeke op die tafels gehad nie.  Met die pragtige rou hout tafels het dit die basis geskep vir pragtige blomme ontwerpe.

Protea’s met baie groen wat oor die tafel drapeer was en langs die kante af gehang het, was die fokus punt van die tafel.  Die oulikste wit rose was gebruik saam met die protea’s om die tafel ʼn sagte element te gee.  Dan het die paartjie plekmatjies gebruik as hulle naamkaartjies.  Al die dekor elemente saam het ʼn baie oulike prentjie gevorm.

Francois & Thelma het op ʼn wittebrood wegbreek gegaan na lieflike Zanzibar.  ʼn Populêre wittebrood bestemming vir Suid-Afrikaanse paartjies.  Vir meer fantastiese wittebrood plekke, lees meer op Mooi Troues en vind oulike wittebrood bestemmings perfek vir jou.  Geniet vandag se artikel en onthou om dit met jou vriende te deel.

mooi troues troue van die jaarmooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar

Hoe het ons ontmoet?


Sosiale media het cupido gespeel. Hy het my 8 jaar terug gesien by my matriekafskeid en dadelik op Facebook ʼn boodskap gestuur.  Die res is geskiedenis.  Vyf van die agt jaar wat ons bymekaar is, was ʼn afstand verhouding, en ons glo dit het ons verhouding versterk.  Desember 2018 het ek (Thelma) vir ons ʼn fotosessie gereël.  Daar het hy op sy knie gegaan en my gevra om sy vrou te word.  Ek het gedink die dag gaan nooit aanbreek nie, want ek het al lank beplan aan ons troue.  Ons was 8 maande verloof en het op 24 Augustus 2019 die knoop deur gehaak.

mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar

Begroting


Ons het aanvanklik ʼn begroting gehad, maar het gesukkel om daarby te hou.  Daarom het ons nie eintlik ʼn begroting gehad nie.  Ons venue was ver buite die stad, so die vervoerkostes was baie hoog.  Ek wou regtig alles perfek hê, en het daarom gesorg dat alles uniek is.  Ons was bevoorreg om dit wel so te kon hê.  Ons het min gaste genooi (80 in totaal) sodat ons alles perfek kon hê en nêrens hoef te gesny het nie.

mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar

Merkwaardigste oomblik


Die lesers gaan dink dat dit ʼn ‘cliché’ is, maar toe ek in die kerk gestap het en my man vir die eerste keer gesien het, was dit beslis ʼn oomblik om te onthou.  Ek dink al die getroudes sal met ons saamstem.  Dit was ook besonders om die eerste keer as egpaar by die onthaal te kon verskyn.  Die gevoel kan ʼn mens nie beskryf nie.  Dis beter as skoenlappers in jou maag en ek dink elke bruidspaar verdien om so te kan voel.

mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar

Gunsteling diensverskaffer


Cool Leaf Photography

Ons ken die fotograwe al lank en is goeie vriende met hulle.  Hulle het ons verlowingsfoto’s ook geneem en daarom was ons baie gemaklik met hulle.  Al hulle fotos is baie natuurlik. Hulle het baie moeite gedoen voor, tydens en na die troue.  Ons het voor die troue gereeld bymekaar gekom om alles te bespreek. Na die troue het hul die aflewering ook baie spesiaal gemaak.  Terwyl ons in Zanzibar was het hulle ook vir ons ‘sneak peaks’ gestuur van die foto’s.  Ons was so opgewonde en kon wag vir die res nie!

mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar

Advies aan paartjies wat hul troue beplan


Die advies wat ons kan gee is: begin al lank voor die tyd jou droomdag beplan.  Doen moeite en soek alles tot jy tevrede is.  Kry verskillende tydskrifte en knip die prente uit waarvan jy hou.  Ons het ʼn boek gehad waarin ons alles geplak het en kon die boek net so vir ons troubeplanner gee.  So het dit ook verseker dat ons presies kry wat ons wil hê.  Moenie tevrede wees met die minste nie.  Onthou dit gebeur net een keer in jou leeftyd. Maak tyd om al die verskaffers te ontmoet sodat jy ook meer gerus voel.  Ons sou niks van ons droomdag verander nie!

mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar

Venue en dekor


As paartjie het op Ankawini Safari Ranch 90km buite Windhoek getrou.  Ons het op die asemrowende plek op die internet afgekom.  Toe het ons geen idee gehad waar ons moet trou nie en na ʼn lang gesoek die perfekte plek gekry.  Op daardie oomblik was daardie venue was nog eintlik nie oop vir die publiek nie, maar ons was uitgesonder.  Die eienaars het uit hulle pad uit vir ons gegaan.

Van die begin af wou ons ʼn vintage en rustiek tema gehad het.  Dié venue was presies waarvoor ons gesoek het.  Die kleure was bourgondie en olyfgroen.  Ons blomme was hoofsaaklik Proteas en Loof.  By die venue het ons lang ongedekte tafels gehad met baie kerse.  Die loof en proteas was elke tafel vol en het ook uit die dak gehang.  Ons hout plekmatjies het gedien as naamkaartjies, asook die geskenke vir die gaste.

mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar

Wittebrood


Ek het tot ons by die lughawe aangekom het geen idee gehad waarheen ons sou gaan vir die wittebrood nie.  My man het my verras met ʼn Zanzibar wittebrood!  Dit was heerlik en ek sal dit beslis aanbeveel.  Ons het vir ʼn week op die spierwit strande gelê en skemerkelkies drink.

mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar mooi troues troue van die jaar

Klik hier vir diensverskaffers