Renier & Kelly se ou Hollywood glans troue

Renier en Kelly se troudag was ‘n prentjie mooi geleentheid wat jou onmiddellik herinner aan Hollywood in die 1960’s, maar het steeds daardie moderne kinkel waarna almal soek. Elke element was goed oorweeg en het saamgesmelt om ‘n pragtige eindresultaat te lewer. Die swart troukoek wat versier is met wit blomme was beslis een van die dinge wat almal hier by Mooi Troues se aandag getrek het en kan dien as inspirasie vir ander. Hierdie stylvolle troue wys net weer dat klassieke dekor met verassing elemente altyd werk.

Vertel ons hoe het julle ontmoet


Ons het aanlyn ontmoet. Tydens ons tweede afspraak het hy gegrap en gesê hy gaan met my trou; en nou ja-hier is ons! Ons albei is plat op die aarde, grapperige en doelgerigte mense wat mekaar op die regte tyd ontmoet het. Die lewe was makliker vanaf ons mekaar ken.

Hoekom het julle die venue en dekor styl gekies


Ek was nog altyd mal gewees oor die ou Hollywood betowering styl. Die drama en estetika van daardie era is aanloklik vir my, dink net goud, swart en rooi lippies! Meeste van ons idees was vanaf Pinterest. Die Klein Bottelary Venue was ‘n regte versteekte juweel. Alles is gerieflik op die perseel, van aantrek die oggend tot laat partytjie hou en slaap die aand. Plus, ons het gehoor dat die kos fantasties was!

Was julle met wittebrood?


Ons woon op die oomblik in die buiteland, so dit was lekker om vir ’n paar dae weg te breek in die Wes-Kaap. Die eerste paar dae was ons by Avalon Springs se Mountain Chalets en daarna na ‘n pragtige boetiek hotel in Grabouw genaamd Villa Exner.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Ek dink nie ons sou veel verander nie, ons wou nog altyd ‘n klein intieme troue gehad het en dis wat ons gedoen het.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?

Moenie teveel stres nie, ek gaan cliché wees en sê dat die dag so gou verby gaan. Geniet elke oomblik! Kry ’n goeie foto- en videograaf sodat jy alles kan onthou. Probeer soveel as moontlik om items maande voor die tyd te boek en doen jou huiswerk voor jy diensverskaffers aanstel. Moet ook nie huiwer om tweedehandse of selfgemaakte items te gebruik nie.

Wat was julle trou begroting en hoeveel het julle troue op die einde gekos?


Ons begroting was R80 000 – die troupak en trourok uitgesluit. Ons het aan die einde van die dag tussen R85 000 en R90 000 spandeer.

Diensverskaffers: