Ben & Leona se pragtige bruilofsfees

Ben en Leona se troudag het ‘n paar probleme gehad, maar op die ou-end het die paartjie hul pragtige bruilofsfees ten volle geniet.   Mooi Troues se lesers kan self onder lees wat fout gegaan het by die paartjie se troudag en hoe hul die struikelblokke oorkom het.

Leona se sussie, Coreen van Love Beloevd, is ‘n koördineerder en boonop ‘n Mooi Troues adverteerder.  Leona sê haar sussie ken haar baie goed en het gehelp van tot haar trourok tot die dekor.  Daar is al troues op Mooi Troues gepubliseer waar Love Beloved betrokke was en Mooi Troues se lesers kan na Coreen se werk gaan kyk deur hier te klik.

Ons by Mooi Troues wens Ben en Leona die beste toe vir hul toekoms.  Mooi Troues se lesers kan nou afrol om Ben en Leona se pragtige bruilofsfees publikasie geniet.

south african wedding south african wedding

Paartjie se Liefdesreis


Ons is aan mekaar voorgestel deur my sussie Coreen.  Sy het hom ontmoet en gesê hy moet kom kuier en vir my gesê sy het my trou man gekry.  Ons het begin gesels op WhatsApp en hy het gevra ek moet kom kuier op die plaas.  Hy kon nie weg kom nie, want hy is ʼn boer en is besig om te stroop.  Ek het gaan kuier en dit was liefde met die eerste oog op slag.

Die verlowing was baie lekker en ek het geweet ons gaan verloof raak.  Ek het ook gedink ek weet wanneer, maar Ben het my gevang.  Ben het my ʼn Vrydag middag op die plaas met die son wat sak in ʼn eukaliptus bos gevra om te trou.  Ons het gery tot by die bos met fairy lights en champagne.  Dit was so romanties hy het af gegaan op sy een knie en op die 30 Nov 2018 my (Leona) gevra om te trou.

south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding

Die Verlowing Tydperk


Ons was 10 Maande verloof en ons het net die venue gekry en die fotograaf.  My sussie van Love beloved het alle verder vir ons gedoen.  Ons is so bevoorreg om haar te hê en om ons te gehelp het met alles van die troue. Sy was ook deel van die rok, sy en Carike is vriendinne, so sy het my ook help reël aan die rok.  My troue was ʼn sukses as gevolg van my sussie.

south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Daar was baie … Soos die platejoggie wat ʼn flop was en in die kerk kon die mense nie die dominee se preek hoor nie oor die klank.  Ek het my arm gebreek dae voor die troue, so daar is ʼn paar goed wat skeef geloop het, maar ek sal dit glad nie anders wou gehad het nie.  Dit was die beste dag van my lewe tot dus ver.

south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding

Merkwaardige oomblik


Vir ons altwee was dit die oomblik toe ons besef ons is getroud.  Dit was die beste gevoel ooit!

south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


 Leona

Bruid as al die formaliteite verby is, vat ʼn oomblik en neem alles in dit is die beste oomblik en dag van ʼn mens se lewe.

Ben

Bruidegom geniet die dag dit gaan flippen vinnig verby.

south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding

Die Besluitnemingsprose


Ons het twee het saam besluit oor alles en Coreen het besluit oor die dekor.

south african wedding south african wedding south african weddingsouth african wedding south african wedding south african wedding

Vermaak


Ons het ʼn platejoggie gehad, maar hy was aaklig en toe na so 2ure het een van die strooijonkers oor geneem as DJ.

south african wedding south african wedding

Gunsteling Diensverskaffers


My gunsteling was Coreen van Love Beloved en Carike Nel.  Hulle het al my drome waar gemaak sonder om ʼn kwessie van iets te maak.  Ek sal hulle altwee verseker aan beveel.

south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding

Venue en Dekor


Ek was verlief op die venue toe ek die eerste keer daar instap.  Die dekor was Coreen se idee en sy ken my sy so goed sy het geweet waarvan ek hou.

south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding

Finansiële Aspekte


Die finansies was nie altyd maklik nie, Ben het meeste van die troue betaal.  My ma het ook baie gehelp met geld en die klein goed wat gekoop moes word.  Ons het 120 gaste gehad.  Dit was vrek moeilik om te besluit wie om te nooi en wie nie.  Ons het ʼn begroting gehad. Maar ons was onder begroting, want ek en Ben het besluit om so baie geld te betaal vir een aand is bietjie wild.  Niks was afgeskeep nie, maar in plaas van iets gaan koop het ons probeer om dit self te maak, bv die macrame.

south african wedding south african wedding south african wedding south african wedding

Wittebrood


Ons is Tofo toe in Mosambiek.  My vriendin hulle het ʼn huis daar en het vir ons ʼn week gegee as ʼn trou geskenk.  Ons wou gaan duik het op ons wittebrood … maar ek het my arm gebreek.  Toe werk dit nie so lekker nie.  Ons het nogsteeds ʼn “ball of a time” gehad.  Ons het nuwe vriende daar gemaak en lekker gekuier.  Die weer het nie lekker saam gespeel nie, maar dit was okei want ons het toe regtig kans gehad om te rus na ʼn wilde naweek van lekker kuier en familie onthaal.

Oor die algemeen was dit net lekker en as ʼn toekomstige bruidspaar geniet dit en onthou om God die middelpunt van julle huwelik te maak al lyk dit soms onmoontlik.

south african wedding south african wedding

Eerste Dans


Ons het ons eerste dans gedoen toe ons by die saal ingestap het.  Ons het op Theuns Jordaan se By Jou gedans.  Ek (Leona) het nog nooit op daai liedjie gedans nie, want ek het van kleins af geweet dit is die liedjie waarmee ek die dansbaan wil open.

south african wedding south african wedding south african wedding

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers