Neil & Carla se Elegante Troudag

Neil en Carla het op 18 Mei 2019 die knoop deurgehak by ‘n pragtige venue in Bloemfontein, omring deur weelderige roostuine en wit geboue.  Dié omgewing het gesorg vir ‘n klassieke en elegante atmosfeer by hul troudag.  Tania Allen Photography het elke element wat dié dag so spesiaal gemaak het, vasgevang.

Omdat hul datum meer na ‘n winter troue geneig het, het hulle met kerslig gespeel om warmte te skep, asook kristal kandelare wat by die elegante tema aansluit.  Neil en Carla het daarop gefokus om hul troue werklik ‘n spesiale dag te maak, wat hul gaste nie gou sal vergeet nie.  Hulle het hul familie se talente ingespan om die dag meer persoonlik te maak.  Carla se ma het die blommerangskikkings in die kerk gedoen, terwyl haar pa gehelp het met die opstel van die foto-hoekie.  Neil se pa se musikale talent is ook ingespan en hy het ‘n pragtige liedjie vir hulle voorgedra.

Rol af vir foto’s van Neil en Carla se elegante troudag.  Let op die klein details wat hierdie troue ‘n warm en persoonlike gevoel gegee het.

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Paartjie se Liefdesreis


Ons het mekaar in Kimberley Hospitaal ontmoet.  Neil het sy rondtes in die ICU gedoen en ek het medikasie vanaf die apteek na die saal geneem.  Neil het homself vriendelik aan my voorgestel.  Koffie kuiers het gevolg asook ‘n eerste ete afspraak wat hy self voorberei het.  Só het dit begin!

Neil het die verlowing mooi beplan en vir my totaal verras!  Met ‘n piekniekmandjie, het ons ‘n paadjie in Kaapsehoop gevolg en by ‘n uitkykpunt oor die laeveld gestop.  Neil het op een knie afgegaan en die groot vraag vra.

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Die Verlowing Tydperk


Ons was ongeveer 8 maande verloof en het gedurende hierdie tydperk die troue self gereël.  Ons het idees en planne met familie en diensverskaffers gedeel en só ons troudag beplan.

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Paartjie se Styl


Ons wou die styl baie elegant en tydloos hou.  Met ‘n kombinasie van pêrels en kant motief op my trourok, het ek geweet dís die rok vir my!  Neil het ‘n vlootblou pak gedra.  Omdat dit ‘n herfs troue in Bloemfontein was, het ons besluit om ‘n onderbaadjie te laat maak.  Die materiaal wat ons gekies het, het ‘n rustieke gevoel aan sy uitrusting gegee.

My goudgeel ring met solitêre diamant en Neil se titanium ring sal ook altyd tydloos bly.

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free statewedding photographers free state wedding photographers free state

Finansiële Aspekte


Ons het streng by ons begroting van R 140 000 gehou.  Dit was nie altyd maklik nie, want mens wil maar altyd bietjie meer of bietjie beter, maar op die ou end het ons daarby gebaat.  Indien iets buite die begroting was, het ons gaan kyk na alternatiewe opsies.  Vergelyk kwotasies en hou jul oë oop vir spesiale pryse!  Soms duik daar onvoorsiene uitgawes op.  Dit is egter belangrik om daarvan bewus te wees en so paar rand ekstra uit te hou sodat jy nie onkant betrap word nie.  Ons het 120 gaste onthaal.

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Merkwaardigste Oomblikke


Carla:  Die hele idee dat dit óns troudag is!  Die prentjie wat ek onthou, is my man wat so statig en netjies voor in die kerk staan.  Wanneer ek na die foto’s kyk, sien ek breë glimlagte en gelukkige mense wat hierdie spesiale fees met ons deel.  Dít maak my gelukkig.

Neil:  Die merkwaardigste deel vir my was toe ek voor in die kerk staan en kyk hoe my lewensmaat in die kerkgang na my toe stap.

wedding photographers free statewedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Spesiale Tradisies


Ons het nie spesifieke tradisies by ons troue gehad nie.  Wat wel vir ons belangrik was, was om ons familie se talente te betrek.  My ma hou van blomme rangskik en sy het die rangskikkings teen die stoele in die kerk se paadjie en vensters gedoen.  My ma en pa het ook die foto-hoekie by die onthaal opgemaak.  Neil se pa sing en speel graag kitaar en hy het spesiaal ‘n liedjie vir ons voorgedra.  ‘n Goeie vriendin van my het ‘n seën-gebed in die kerk gesing.

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Wittebrood


Neil het die hele wittebrood beplan.  Die bestemming was by Outrigger Resort in Mauritius.  Die mense het ons warm verwelkom en ons het geweet dié tropiese eiland gaan besonders wees.  Of jy op die strand wil lê en ontspan of wil snorkel en kanoe, beveel ons so vakansie sterk aan!  Die alles-ingesluit opsie is baie gerieflik aangesien dit jou kos en drinkgoed insluit.  Neil het my verras deur ons wittebrood te verleng en vir ‘n paar dae by Cathedral Peak in die Drakensberg af te sluit.  Daar het ons werklik ontspan en die pragtige natuur geniet!

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Carla:  Soms raak mens oorweldig met al die besluite wat jy moet neem tydens die beplanningsproses, maar onthou om dit steeds te geniet.  Dis eintlik baie lekker om jou droom-troue te beplan.

Indien julle beplan om foto’s in die veld of in die buitelug te neem, hou ‘n botteltjie muskietweerder byderhand om te keer dat muskiete jou beetkry!

Neil:  Goeie en vroegtydige beplanning is belangrik.  Doen navorsing, dit kan help om by jou begroting te bly.

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Venue & Dekor


Omdat ons familie en vriende hoofsaaklik van Mpumalanga, Noord-Kaap, Gauteng en Wes-Kaap is, was dit logisties makliker om ‘n sentrale trou venue te kies.  Monte Bello Estate in Bloemfontein was pragtig!  Die spierwit geboue met pragtige roostuine was perfek vir ons.

Met die winter kort op ons hakke, het ons rond gespeel met kerslig wat warmte gee en kristal kandelare wat ‘n elegante en stylvolle atmosfeer skep.  Groen loof was rangskik op lang wit tafels met maroen, wit en pienk blomme – van rose tot proteas!  Ons het ook gebruik gemaak van blompatroon servette wat al die warm winter-kleure ingesluit het.

wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Eerste Dans


Ons het gesoek na ‘n rustige liedjie met mooi en gepaste woorde en het besluit op Riana Nel se “Dans.”  Ons het dit goed gedink om by ‘n dans-klas of twee aan te klop, sodat ons nie deur senuwees oorval word op die aand van die troue nie!  Die dame het ‘n dans roetine vir ons gechoreografeer.

wedding wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state wedding photographers free state

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers