Hout ‘Hipster’ skryfbehoefte inspirasie

Hierdie stel is vir die nuwerwets ghoeroe bruidspaar wat graag wil uitstaan ontwerp deur die talentvolle Emmarentia van Oh Yay. Die ontwerp styl is baie modern en pas by die ‘Hipster’ tendens. Dit werk ook baie goed by ’n ‘rustiek’ troue. Die stel kan gedoen word in verskeie materiale, afhangend van die begroting. Hierdie styl werk ook baie goed as mens dit liewer op papier gedruk wil hê. Hout items werk natuurlik duurder uit as papier items, maar as jy die begroting het en graag iets anders wil doen, is dit definitief die moeite werk. Die materiaal wat gefotografeer is, is Bamboes, wat mooi werk want dit het die hout-grein tekstuur wat dit daardie ekstra rustieke element gee.

Oh Yay Stationery_0001 Oh Yay Stationery_0002 Oh Yay Stationery_0003 Oh Yay Stationery_0004 Oh Yay Stationery_0005 Oh Yay Stationery_0006 Oh Yay Stationery_0007

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Oh Yay Stationery_0008

Artikel Krediet: