Coetzee & Lusél se Tuinroete troue

coetzee-en-luse_0001


Coetzee en Lusél sweer die ewige eg aan mekaar voor familie en vriende in die mooiste kerk in Oudshoorn.  Dis baie min wat ons hier by Mooi Troues sulke ou mooi kerke kan deel, want sommige kerke is fotos ontoelaatbaar.

Ons hoop julle geniet die troue en sien hoe word ‘n troue gevier in die mooie Tuinroete.


coetzee-en-luse_0002


Hoe het julle ontmoet?

As iemand vra hoe ons ontmoet het sal ons altwee sê, “Ek weet nie regtig nie!”.  Ons het jare terug deur vriende ontmoet.  Ons paaie het nie gou weer gekruis nie. Coetzee was van Oudtshoorn en ek het toe gestudeer op Stellenbosch.  Na Stellenbosch het ek op ‘n passasier skip gaan werk.  Ek het een vakansie huistoe gekom in Mosselbaai en hom gevra om saam met my na ‘n troue te gaan, ons het geen kontak vir so drie-jaar gehad nie, hy was toevallig na dieselfde troue genooi. “It was meant to be!”


coetzee-en-luse_0003 coetzee-en-luse_0004 coetzee-en-luse_0005


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het een naweek gaan kamp op ‘n plaas wat my pa gehuur het. Daar is geen selfoon sein nie.  Net voordat ons uit die laaste sein gegaan het, het ek vir Coetzee gevra om saam met ons te kom kamp.  Hy het toe opgedaag en hier het ons liefde begin groei. Hy het my heeltemal onkant gevang, toe hy my een Saterdag terugneem na die kampplek om kamma na my pa se bokke te gaan kyk, hy het my hier gevra om te trou.


coetzee-en-luse_0006 coetzee-en-luse_0007 coetzee-en-luse_0008 coetzee-en-luse_0009 coetzee-en-luse_0010 coetzee-en-luse_0011 coetzee-en-luse_0012 coetzee-en-luse_0013 coetzee-en-luse_0014 coetzee-en-luse_0015 coetzee-en-luse_0016 coetzee-en-luse_0017 coetzee-en-luse_0018 coetzee-en-luse_0019 coetzee-en-luse_0020 coetzee-en-luse_0021 coetzee-en-luse_0022 coetzee-en-luse_0023 coetzee-en-luse_0024 coetzee-en-luse_0025


Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?

Ons het seker net so bietjie meer as ‘n jaar uitgegaan.  Ek het intussen nog gewerk op die passasier skip.  Dit was nie altyd so maklik nie, maar as jy daardie spesiale persoon ontmoet het is alles die moeite werd en maak afstand nie saak nie.


coetzee-en-luse_0026 coetzee-en-luse_0027 coetzee-en-luse_0028 coetzee-en-luse_0029 coetzee-en-luse_0030


Advies wat jul aan ander paartjies kan gee wat nog moet trou?

Dit is die mees wonderlikste tyd in jou lewe. Hier begin jy as paartjie reeds keuses saam maak. Geniet elke oomblik, maak die beste van julle groot dag. Almal sê dit gaan vinnig verby, maar dit is rêrig so.  Deur die loop van jou groot dag/aand vat mekaar se hand en kyk na alles en neem dit in.  Julle moet vir julleself se dit is ons dag.  Geniet die fees van liefde saam met julle families en vriende.


coetzee-en-luse_0031 coetzee-en-luse_0032 coetzee-en-luse_0033 coetzee-en-luse_0034 coetzee-en-luse_0035


Diensveskaffers:

Venue & Spyseniering: Oppie Plaas Venue
Rok: Bridal Inn
Fotograaf: Elmine Botha
Videograag: Vuyani Stories
Grimering: Delene’s Hair Design “air brush make-up”
Hare: La Tomé
Musiek: Jacques “jakkals”
Dekor: OppiPlaas Venue &, Juanita Marx Verhurings