Klassieke Sjarme gestileerde fotosessie

Hierdie fotosessie konsentreer op tydlose dekor en klassieke sjarme.  Dít is spesifiek vir paartjies wat oor ‘n paar jaar wil terugkyk na hul troudag en steeds voel dat hul dekor besonders en relevant is.  Die koördineerders van die fotosessie het die klassieke dekor uitgebalanseer met moderne elemente, wat spesifiek in bruidegom se styl, asook die bruid se rok, skoene, grimering en hare gesien kan word.  Inspirasie vir hierdie fotosessie het vanaf klassieke bestemmings se sagtheid en skoonheid gekom.  Die fotosessie het in ‘n weelderige tuin afgespeel met die onmisbare romanse tussen die paartjie as fokuspunt.

Rol af vir ‘n fotosessie gevul met klassieke sjarme en ontdek trou-inspirasie wat vir dekades nog relevant sal wees.

Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration

Wie het die fotosessie gereël?


Die twee fotograwe, Christene Wilmans en Jéan van Heerden, het met behulp van Chanté Ras, ’n ongelooflike koördineerder, die dag se gebeurtenisse en klein details beplan.  Sy het die visie en styl van die fotosessie perfek verstaan en uitgevoer.

Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration

Inspirasie vir die fotosessie?


Klassieke, romantiese bestemmings soos die Kaap, Italië en Frankryk se skoonheid en sagtheid het ons geïnspireer.  Die gevoel van die fotosessie was tradisioneel, maar met modelle wat ‘n meer moderne styl uitbeeld om relevant tot vandag se trou-paartjies te bly.

Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die visie van die fotosessie was baie belangrik vir die fotograwe.  Die talent en spanwerk van die diensverskaffers het vir ons uitgestaan, wat die proses baie vergemaklik het.  Elke diensverskaffer het ongelooflik baie moeite ingesit om die fotosessie briljant te laat lyk.  Dit was ’n groot voorreg om saam met hulle te werk.

Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration

Agter die skerms inligting.


Om die dekor, tafel en rok vir die fotosessie te vervoer was ’n effense uitdaging.  Ons wou seker maak dat niks beskadig word nie.  Nog ‘n uitdaging was tydsberekening. Ons het opgemerk dat dit beter sou wees om ‘n uur of twee vroeër te begin met die opstel van die venue.

Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Dit was besonders om te sien hoe almal saamwerk en so baie ure in sit.  Die venue, dekor, blomme, modelle en hul uitrustings, grimering en hare het ons as fotograwe ongelooflik geïnspireer.  Dit het ons werk baie maklik gemaak gedurende die sessie.

Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Klassieke sjarme sal vir altyd stylvol bly en paartjies kan jare later terug kyk en steeds voel hulle troue was besonders en relevant.  Paartjies kan ’n styl-bord bymekaarsit met foto’s wat soortgelyk is, en dit vir hulle diensverskaffers wys as inspirasie.  Dit is ook belangrik om na die verskaffers se portefeulje te kyk om te sien of hulle al soortgelyke werk in die verlede gedoen het.  Maak ook seker of dit op die standaard van die paartjie se visie is.

Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration Classic Charm styled wedding inspiration

Klik hier vir meer diensverskaffers