Francois & Liesl se natuur en see verlowing fotosessie

Liesl was so opgewonde oor haar en Francois se verlowing, dat sy nie langer as ‘n dag wou wag om die eerste stap van hul nuwe lewe op kamera vas te vang nie.  Slegs een dag na die verrassing verlowing, het Francois en Liesl tussen pragtige natuurskoon voor die kamera gepronk.  Hulle kon dus professionele foto’s gebruik om hul verlowing aan hul familie en vriende bekend te maak.  Aangesien tyd nie aan hulle kant was nie, moes hulle inderhaas op ‘n omgewing en tema vir hul fotosessie besluit.  Hul fotograaf het dié versteekte juweel voorgestel wat hulle toegelaat het om foto’s tussen die groenigheid van die natuur te neem, met ‘n skilderagtige uitsig van die see in die agtergrond.

Indien jy nie tyd het vir maande se beplanning aan ‘n verlowing fotosessie nie, maar net soos Liesl, jou opgewondenheid nie kan demp nie, gebruik Francois en Liesl se natuur en see verlowing fotosessie as inspirasie.  Wanneer jy eendag sulke mooi foto’s kan vergroot en die satisfaksie kry om dit teen jou huis se mure op te hang, sal jy dankbaar wees dat jy hierdie mooi oomblikke op kamera vasgevang het.

Eerste ontmoeting


Ons het vir 16 jaar by dieselfde oord vakansie gehou en nooit mekaar gesien, ontmoet of saam gekuier nie.  Ons was ook vir 4 jaar in dieselfde skool met administrasie klasse langs mekaar, totaal onbewus van mekaar se bestaan!  In Desember 2014 het ons deur ‘n gemeenskaplike vriend mekaar toevallig by die see ontmoet.  Met die eerste oogopslag het ek, Liesl, geweet dit is sonder twyfel my trouman.  Natuurlik was dit vir my vreesaanjaend om hom te ontmoet, maar ek het geweet dít is die man wat die Here nog altyd vir my gespaar het.  Na jare se gebede het ek hom uiteindelik ontmoet.  Ek het hoendervleis gekry en my vrese het die oorhand gekry – ek wou niks met hom te doen gehad het nie!  Maar, Francois het nie vir my koue skouer geval nie en het aanhou probeer om my hart te wen.

Francois moes toe Universiteit toe gaan en so het ons vir eers enige gevoelens op sy geplaas sodat Francois sy eerste jaar kan geniet.  Na slegs 2 weke het Francois vir my gesê dat daar nie ‘n ander meisie vir hom is nie.  Ons het vir twee maande oor en weer gekuier.  Francois het die kat eers goed uit die boom gekyk!  Hy het toe op 6 Februarie 2015, op ons voorstoep, vir my gevra of ek sy meisie sal wees.  Ons was vir 4 jaar en 7 maande saam totdat hy uiteindelik die groot vraag gevra gevra het.

Die verloofring


Ons het al opgewonde oor ons verlowing geraak vanaf ons eerste jaar as ‘n paartjie en begin rond snuffel na oulik ring idees.  Ons het vreeslik gesoek, maar nie ‘n ring gekry wat ons verhouding simboliseer en my voorkoms komplimenteer nie.  Uiteindelik het ons die pragtigste ringe op Cape Diamonds se webtuiste gesien.  In Junie 2019 het ons op ‘n ander ring besluit, maar Cape Diamonds het steeds in ons agterkoppe gebly.  Ons het ‘n afspraak gemaak en met baie opgewondenheid hul winkel in die stad besoek.  Ons was aangenaam verras en het onmiddellik verlief geraak op hulle Blushing Bride Setting.  Die ring het so baie geskiedenis en die mooiste simboliek.  Dit het ons harte gesteel!

Ons het lank gesoek en uiteindelik die perfekte ring gevind.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Ons het al ‘n geruime tyd oor die verlowing gepraat.  Ek het alles met my vriendinne bespreek en hulle het informasie aan Francois gevoer.  Ons het saam besluit dat September maand die mooiste maand is en ideaal om verloof te raak.  Ek het dus heel maand gewag in absolute spanning!  Ek het vakansie vir ‘n week gehad en genoem dat ek baie graag wil gaan piekniek hou, aangesien die weer begin het om heerlik warm te word.  Francois het my toe een aand bederf met ‘n wonderlike aand by die see, met `n videograaf wat ons afgeneem het.  Ek het gedink dit mag dalk dié aand wees, maar nee – so voorspelbaar is hy nie!  Ek het kort daarna foto’s van kliënte by ‘n strand geneem en na die tyd vir Francois vertel hoe ongelooflik mooi die poele water was en hoe ek verlief geraak het op die pragtige sonsondergang.

Francois het onmiddellik gesê ons kan die volgende dag see toe gaan.  Op pad soontoe, moes ons vinnig by my ouerhuis stop sodat ek al die swem benodigdhede kan optel.  Francois was intussen op die voorstoep besig om ‘n video gereed te kry en in spanning op sy knie te wag. Ek het inderhaas klaar gemaak en my ma gegroet.  Toe ek by die voordeur kom, het ek eers ‘n pragtige bossie blomme gesien en was só opgewonde.  My rug was op hierdie stadium nog na Francois gedraai.  Toe ek omdraai en sien dat hy op sy knie is, het ek alles in my hande laat val en gesnak na my asem.  Met groot opgewondenheid het ek my ma in die gang sien staan met trane in haar oë.  Dit was die spesiaalste oomblik.

Alicia S Photography Alicia S Photography

Hoekom ons mekaar lief het


Francois se gunsteling eienskappe van Liesl:  Haar omgee hart, empatie, lojaliteit, passie, gedrewenheid en liefdevolle geaardheid.

Liesl se gunsteling eienskappe van Francois:  Sy omgee hart van ondersteuning en liefde, lojaliteit, optimisme, kreatiwiteit, hardwerkendheid, dromer oor die toekoms, sy skaamheid, passie en beskerming.

Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography

Tydperk voordat die knoop deurgehak word


Ons albei moet ons voete in ons beroep vind voordat ons gaan trou.  Ons kyk na ‘n jaar en ‘n half tot 2 jaar voor die groot dag.

Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography

Rede vir die verlowing fotosessie


Ek, Liesl, is self ‘n fotograaf en is baie lief daarvoor om ander mense se spesiale oomblikke vas te vang.  Ek was so opgewonde oor ‘n verlowing fotosessie, dat ek dadelik vir Alicia gevra het of ons sommer die volgende dag die foto’s kan neem!  Alicia het ons Matriekafskeid- en paartjie-foto’s geneem, so ons was baie opgewonde om hierdie wonderlike ervaring met haar te kan deel.  Ons het die foto’s ‘n dag later gebruik om ons verlowing bekend te maak.  Die foto’s van ons natuur en see verlowing fotosessie sal beslis vergroot word en eendag in ons huis opgehang word.

Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons het by die see ontmoet, so wou graag die see element hê, maar het al voorheen ‘n fotosessie by die see gedoen.  So ons het gesoek vir iets groener wat die Blushing Bride van my trouring tema ondersteun.  Ons fotograaf het die plekkie voorgestel.  Ons het ons natuur en see verlowing fotosessie só geniet.  Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk


Ons verwag om ‘n wonderlike tyd saam te spandeer terwyl ons die groot dag beplan.  Ons hoop om teen daardie tyd ‘n goeie vaste inkomste te verdien en beide gevestig wees in ons beroepe.

Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography

Visie vir droomtroue


Vir ons is die belangrikste aspek die gevoel en atmosfeer van ons groot dag.  Ons wil gemaklik voel en ‘n gemaklike atmosfeer skep met genoeg elegansie.  Ons oorweeg verskeie opsies, maar ons hoop om saam ‘n dag te skep wat ons altyd sal koester.  Die moeilikste is om te besluit op ‘n venue vir die troue.  Alles lyk fantasties tot jy die prys sien, dan trek die keël toe en die opgewondenheid word gedemp!  Ons glo ons gaan ‘n wonderlike troue kan reël wat ons as paartjie se persoonlikhede komplimenteer.

Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography Alicia S Photography

Diensverskaffers