Rholand & Esmarie se minimalistiese troudag

Rholand en Esmarie het verskeie uitdagings ervaar gedurende die beplanning van hul troudag.  Twee van hul grootste uitdagings was ʼn beperkte begroting van slegs R60 000.   Hulle het hul troue beplan in ʼn totaal van 60 dae!  Hul troue kan egter kompeteer met dié wat ʼn jaar se beplanning en ʼn vrygewige begroting tot hul beskikking gehad het.  Aangesien die paartjie nie ʼn trou-beplanner aangestel het nie, moes Esmarie deeglike navorsing doen om die regte groep trou diensverskaffers te kies om hierdie uitdagende taak saam met haar aan te pak.  Sy het tyd geneem om ander trou-publikasies op Mooi Troues te bestudeer, om seker te maak dat sy geen noodsaaklike elemente vergeet nie.  Hulle het ʼn minimalistiese trou tema gekies, wat aangevul is met klein details en spesiale elemente om die dag merkwaardig te maak.

Dit is nie maklik om te glo dat dié paartjie so ongelooflike troue ten spyte van al hul uitdagings kon reël nie!  Rol af vir bewyse van hierdie pragtige dag, asook geheime oor hoe om ʼn troue in 60 dae te reël.

SA Weddings SA Weddings SA Weddings

Paartjie se Liefdesreis


Ons het mekaar in hoërskool ontmoet toe ek, Esmarie, in graad 8 en Rholand in graad 10 was.  Hy het my in 2010 na ons skool se Valentynsbal gevra en ons is sedertdien in ʼn verhouding.

Ons was drie jaar in ‘n lang-afstand verhouding toe Rholand in Bloemfontein en ek in Pretoria studeer het, maar kon uiteindelik weer bymekaar wees vir die laaste 3 jaar.  Rholand het my by Almost Orange naby Hartebeespoortdam in die lemoenboord gevra om te trou.  Hy het hierdie omgewing gekies omdat ek goeie herinneringe as kind op ‘n lemoen-plaas van my tannie-hulle het.  Hy het na middagete oortuig om deur die boord te stap.  Ek het vooruit gestap en toe ek omdraai, was hy op sy knieë.

SA Weddings SA Weddings SA WeddingsSA WeddingsSA Weddings

Die Verlowing Tydperk


Ons was vir slegs twee maande verloof.  Ons het besluit om in die winter te trou, indien ons dit kon regkry om alles so vinnig te reël.  ‘n Trou-beplanner het egter nie in ons begroting ingepas nie, so ons moes wikkel om alles gereël te kry!  Toe ons venue, De Harte, en ons predikant dieselfde datum in Junie beskikbaar gehad het, het ons besluit ons wil graag die 22ste Junie trou.

My Bro tie SA Weddings SA Weddings SA WeddingsSA Weddings

Paartjie se styl


Rholand het al vandat hy ‘n argitektuur-student is, vir my gesê: “Minder is meer.”  Ons het hierdie as riglyn gebruik vir die styl van ons troue.  Dit het ook ons begroting baie gehelp.  Rholand het my verloofring ontwerp om simplisties te wees.  Wat dekor aanbetref, was ons keuse van blomme net groen blare met wit rose.  Ons het die tafels leeg gehou, met enkele wit kerse.  Ons keuse van trourok en troupak het ook hierdie styl weerspieël.

SA Weddings SA Weddings SA WeddingsSA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings

Merkwaardigste Oomblikke


Esmarie:  Ek het by die bruidstafel gesit en vir ʼn oomblik gestaar na al die mense wat voor my sit.  Elke nou en dan kyk iemand anders my reguit in die oë en glimlag.  My ma het my regterhand vasgehou, en my man my linkerhand, en daar sit ek.  Ek het gedink dit is die beste oomblik van my lewe sover!  Ek was omring deur liefde en kon eerlikwaar voel hoe elkeen saam met my die geluk en dankbaarheid ervaar om na 9 jaar uiteindelik met my gunsteling mens te kan trou.

Rholand: Die spesiaalste oomblik was toe die kapel deure oopmaak en Esmarie daar staan.  Al die jare saam het opgebou tot daardie een oomblik.  Dit was iets wat ek nooit sal vergeet nie!

SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Ek en my strooimeisies was nét reg om in die trou-kar te klim om na die kapel te ry, toe ek afkyk om my rok op te tel en ʼn harde slag teen my voorkop voel.  Verward kyk ek op in my 3 strooimeisies en broer (wat die trou-kar bestuur) se geskokte gesigte.  Almal moes weer uit die trou-kar klim en terug in die kamer gaan om my hare en grimering reg te maak na ek in die grasdak vasgeloop het!  Dit sou dalk baie vinniger gegaan het as my vriendinne nie dubbeld gevou van die lag, probeer het om die skade te herstel nie.

SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings

Finansiële Aspekte


Ons het aan die begin besluit ons wil nie meer as R60 000 aan ons troue spandeer nie, maar ons was egter skepties of ons dit sal kan regkry.  Ons kon op die ou einde 85 gaste nooi en by ons begroting hou.  As dit by die begroting van jou troudag kom, besluit wat vir julle belangrik is en doen dit eerste.  Die ander goed sal jy in jou begroting ingepas kry as jy aanhou soek vir goeie pryse.  Dit help ook om in die winter, en op kort kennisgewing te trou.

SA Weddings SA Weddings

Gunsteling Diensverskaffer


Dearly Beloved het die ekstra myl geloop om te verseker dat ons troudag glad verloop.  Hulle het van dag een af presies verstaan watter styl ek wil hê en het my deurentyd op hoogte gehou soos hulle te werk gegaan het.  Hulle het veel meer gedoen as wat van ‘n bloemis verwag word!  Fransie het nog minute voor die troue begin ruikers maak waarvan ek heeltemal vergeet het!  Ek kan hulle beslis aanbeveel vir bruide wat bekostigbare en tegemoetkomende bloemiste wil hê.

SA WeddingsSA Weddings SA WeddingsSA Weddings

Vermaak


Ons het besluit om 2 vioolspelers in die kapel te kry.  Ek het nog altyd gedroom dat ek in die kerk instap terwyl iemand net daar musiek maak.  Die liedjie keuse van “The greatest showman” se “Million Dreams” was alles waaroor ek gedroom het!

Vir die onthaal was Trevor van Prelude Entertainment verantwoordelik om ‘n atmosfeer te skep sodat my gaste graag saam met my wil dans.  Hy het ʼn onthaal verseker waaroor my vriende nou nog sê: “Dit was een van die lekkerste troues.”  Die dansbaan was nooit leeg nie – en dit was presies soos ons dit wou hê.

De Harte Venue De Harte Venue De Harte VenueDe Harte Venue De Harte VenueDe Harte Venue De Harte Venue De Harte Venue De Harte Venue De Harte Venue De Harte Venue De Harte Venue De Harte Venue Merchant logo De Harte Venue Merchant logo De Harte Venue Merchant logo De Harte Venue

Eerste Dans


Mense het hoë verwagtinge vir ons eerste dans gehad, omdat hulle weet dat ons albei van dans hou.  Ons het deur baie webblaaie gesoek na die perfekte liedjie wat nog nie by ‘n vorige troue gebruik was nie.  Uiteindelik het ons besluit op “Grow Old with Me” van Tom Odell.  Ons het bietjie inspirasie op Youtube gekry vir ‘n paar danspassies, maar het die res maar uitgedink soos ons aangaan.  Weens min tyd, het ons die dans so 10 keer,  in my tuin-woonstel wat net 4m x 7m groot is, geoefen.  Op die aand van die troue was dit ‘n groot sukses (volgens ons gaste) en ons albei was verbaas oor hoe goed dit gegaan het.

SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings SA Weddings

Klik hier vir meer diensverskaffers