Nic & Lashaih Verloof

Nic en Lashaih het na jare se gebede mekaar in 2011 ontmoet by die Kaapstad Internasionale Lughawe toe hy by die weiering hek gestaan met sy kitaar-tas in sy regterhand en sy skootrekenaar oor sy linkerskouer.

Nic het toe vir Lashaih plek gegee om voor hom te staan by die lughawe en op dáárdie oomblik het Lashaih geweet hy is die man vir haar. Op die bussie het Nic homself aan haar voorgestel en hulle het bietjie gesels en gegroet. Maar toe Lashaih haar weer kry staan hy langs haar sitplek op die vliegtuig en vra of hy nie langs haar kan sit nie. Die res is toe geskiedenis.

Die talentvolle Nikkie Fivaz het hulle verlowingsfotosessie afgeneem.

Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0001

Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0002 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0003 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0004 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0005 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0006

Hoe het julle verloof geraak?


Ons het op 8 Mei 2014 verloof geraak, precies drie jaar na ons ontmoet het.  Ons moes daardie dag vir die ander een verras met iets spesiaals.  Nic het verlof ingesit, en ons is toe na Langkloof Rose toe in Wellington.  Na ons koppies tee in die Tea Room het ons op ‘n bankie gaan sit by die dam en gesels oor hoogtepunte in ons lewens vanaf ons mekaar ken. Na ons so ‘n rukkie gesels het het Nic opgestaan en voor my gekniel en ‘n boksie oopgemaak met ‘n asemrowende ring binne-in.  Ek was aangenaam verras!

Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0007 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0008 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0009 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0010 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0011 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0012 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0013 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0014 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0015 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0016 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0017 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0018 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0019 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0020 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0021 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0022 Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0023

Beskryf julle droom troue?


Ons droom troue is om fees te vier saam met ons naastes by die prentjie-mooie Langkloof Rose.  Ons harte is vir mense om iets te kan ervaar wat hulle harte en lewens sal seën.  Ons glo dat die huwelik ‘n prentjie is van Jesus se verhouding met Sy Bruid, en in dit wil ons hê ons liefde vir mekaar moet dien as inspirasie vir ander.  We love because He first loved us.

Nic & Lesiah soos op www.mooitroues.co.za_0024

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Nikkie Fivaz