Eksentrieke blommeprag trou-inspirasie

As jy ‘n toekomstige bruid is en al menigmaal die rympie gehoor het dat jou troue uniek moet wees en nie bloot die norm volg nie, moet jy beslis na hierdie eksentrieke blommeprag fotosessie kyk.  Dit is maklik vir ‘n buitestaander om raad te gee, totdat hulle die een is wat met al die idees en pinterest borde opgeskeep sit en nie weet waar om te vat en waar om te los nie!  Dít is waarom diensverskaffers besluit het om gestileerde fotosessies bymekaar te sit om toekomstige bruide met opwinding, eerder as angs te vul.  Hulle maak sin van al die buitensporige idees en sit unieke elemente bymekaar om ‘n eenheid te vorm.

Hierdie fotosessie is vir die bruid wat neig na ‘n unieke, eksentrieke styl.  Verskillende soorte blomme, asook die teksture daarvan word doelbewus saamgevoeg om mekaar te komplimenteer.  Indien jy deur die foto’s kyk, sal jy beslis ‘n hele paar elemente herken wat jy deesdae op die internet raaksien.  Ons daag jou uit om self uit te pluis hoekom hierdie elemente saamwerk en volgens dít jou spesiale dag se dekor en styl beplan.

Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees

Wie het die fotosessie gereël?


Aranke Carstens van LadyBloom Floral Design Studio het die fotosessie gereël en bymekaargesit.
Mooi trou idees
Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees

Inspirasie vir die fotosessie


Die naam van die fotosessie was “Wild and Whimsical.”  Met hierdie fotosessie, wou ons terugkeer na die natuur en die geskenke wat ons daaruit kry – vars en gedroog.  Vandaar het ek besluit om die fotosessie in die woud by D’aria te doen.  Blomme was die fokuspunt van al die elemente, vanaf die tafel dekor tot die grimering met blom-geïnspireerde wenkbroue!  Ons wou ‘n gevoel skep wat die kyker gerusstel dat dit okay is om anders te wees.  Ons wou wys dat as jy waag met iets uniek en anders as die norm, sal jy pragtige resultate kry.

Vir bruide wat op ‘n streng begroting werk, gee ek altyd die volgende raad:  Besluit op een belangrike element, gaan voluit vir dit en sny dan kostes op ander elemente.  As jy ‘n groot gevulde blomme-toring wil hê, doen dit!  As jy jou dak wil vul met blomme en groenigheid, doen dit voluit, maar sit dan net klein potjies op jou tafels of slegs kerse.  Enigiets is moontlik!

Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees

Span diensverskaffers


Die diensverskaffers van hierdie fotosessie is werklik ‘n groep uitsonderlike mense.  Ek het uitgereik na elkeen omdat hy/sy iets uniek na die tafel bring.  Elkeen van hierdie mense is uitstekend in wat hulle doen en ons wou ‘n uitstekende produk bymekaarsit.  As die lesers met enige van hierdie verskaffers werk, kan hulle verseker wees van iemand wat op tyd is, lief is vir wat hulle doen en bereid is om die die ekstra myl saam jou te stap.

Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees

Agter die skerms inligting


Omdat die fotosessie in ‘n woud geskiet is, was die natuurlike lig en blaar-skaduwees ‘n uitdaging, maar die span het dadelik aangepas.  Die bruidstafel het op ‘n tyd swak lig kolle op gehad soos die son geskuif het.  Almal het ingespring om die toneel na ‘n skadukol te verskuif.  Al was dit uitdagend, het ons gekies om buite te werk om die gevoel van die fotosessie outentiek en geloofwaardig te laat voel.

Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees

Spesiaalste deel van die fotosessie


Die spesiaalste deel was beslis die feit dat ons almal saam kon werk om ‘n unieke en baie spesiale produk aan verloofdes en toekomstige bruide te kan verskaf.  Die hoeveelheid pret wat ons gehad het, die opwinding oor elke element en die feesviering van die mooi was werklik spesiaal.

Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees

Advies aan paartjies wat die inspirasie wil volg


Jy hoef jou nie te beperk tot net een styl nie;  Ons fotosessie het gedroogde en vars elemente in die blom ontwerpe bevat.  Jy kan bewustelik verskillende style kombineer.  Gaan voluit vir jou idees maar luister ook na jou diensverskaffers wat kennis het oor kleur en tekstuur.  Vind dan ‘n goue middeweg om so na as moontlik te bly aan wat jy wil hê.

Indien jy van die blom-geïnspireerde wenkbroue hou, moet jy seker maak dat jy die regte gom gebruik.  Dit word met spesiale gom vasgesit, so vra jou grimeerkunstenaar om jou te assisteer.

Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees Mooi trou idees

Klik hier vir meer diensverskaffers