Lambert & Melissa se liefdesverhaal in Koekenaap

Melissa en Lambert gee nuwe hoop vir diegene wat van klein dorpies afkomstig is en na ‘n lewensmaat soek.  Hulle albei is afkomstig van Koekenaap, ‘n dorpie met ‘n populasie van 1500 mense.  Meeste mense wat in so klein dorpie grootword, se enigste wens is om ‘n stadslewe na te jaag.  Dié twee het dit egter uit ‘n ander lig gesien – hulle albei voel sterk oor hul afkoms en wil graag hul kinders in Koekenaap grootmaak.  Wat hierdie verlowing-fotosessie so spesiaal maak, is dat dit die tweede van drie spesiale fotosessies is wat hul in Koekenaap se natuurskoon neem.  Hul eerste een was met hul twee jaar herdenking, en hul derde een gaan met hul troue wees.

Rol af om meer oor die spesiale paartjie én die mooi dorpie, Koekenaap, te sien.

Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


My en Lambert se ontmoeting strek baie jare terug – omtrent na 1997 toe my ouers besluit het om Koekenaap toe te trek.  Ons ouers is vriende en het oor-en-weer gekuier.  Ons het mekaar met geleenthede gesien, as Lambert nie in die koshuis was nie en saam moes kom kuier het.  In Februarie 2016, het ons liefde vlam gevat.  Ek het terug na my Pa se huis getrek in Koekenaap.  Omdat lambert in dieselfde dorp gebly het, het ek vir hom gekontak en gevra of ek saam met hom ‘n geleentheid werk toe kan kry.

Ek het dadelik verlief geraak op sy stem:  Iets daaraan het vir my “skoenlappers” gegee.  Hy was ook altyd netjies wat baie gou my aandag getrek het.  Lambert het my na ‘n paar weke gevra om saam met hom iets te gaan eet in Lambertsbaai by Isabellas.  Dit was redelik ongemaklik, want ek het nie gedink hy sal my uitvat nie.  Ons het maar gesels oor ons Pa’s se werk.  Ons het later so lekker gesels dat ons nog ‘n paar keer na dit uitgegaan het.  Een aand het ek en Lambert in ‘n Bloekombos gesit en braai toe ek hom vra: “Wat noem ons dit tussen ons?”  Dit was in die vroeg oggendure.  Ons het daardie oggend van 27 April 2016 besluit ons is ‘n paartjie.

Ek dink die sterkste eienskappe wat ons na mekaar aangetrek het, is dat ons albei weet wat ons in die toekoms wil hê en dat dit baie goed ooreenstem.  Ons altwee het ‘n groot liefde vir die Weskus en as dit in ons “boekie” geskryf is, wil ons ons kinders in Koekenaap groot maak.  Ons wil hê hulle moet ook die liefde hê vir hierdie prag en dit waardeer soos wat ons doen.

Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Lambert het my op 23 Desember 2018 in die Paarl gevra om te trou.  Hy en sy broer het beplan om vir my en my aanstaande skoonsuster op te neem na die berg.  Ons het die liggies gaan kyk toe vra Lambert die groot vraag!

Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons het ‘n wonderlike fotograaf wat die plekkie vir ons gekies het.  Soos ek genoem het, het ons ‘n groot liefde vir dié area.  Ons wil graag alle foto’s in Koekenaap laat neem.  Sy het met ons 2 jaar herdenking ook die foto’s in Koekenaap geneem;  In die einste Bloekombos waar ons besluit het dat ons ‘n paartjie is!  Die troue gaan óók in Koekenaap wees, so ons trou-foto’s gaan ook hier geneem word.

Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ek wil graag die foto’s gebruik vir ons onthou-die-datum en finale trou-uitnodigings.  Ek het besluit om nie alle foto’s op Facebook te deel nie, sodat die foto’s ‘n verrassing vir ons gaste kan wees wanneer hulle hul uitnodigings ontvang.

Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons wil graag net die mense om ons hê wat vir ons die meeste beteken.  Ons het besluit op Koekenaap, nie net oor die area nie, maar sodat dit moontlik is vir almal om die troue by te woon.  Ek en lambert is baie opgewonde om die aand te geniet saam met vriende en familie wat ons liefhet, net so baie soos wat ons hulle liefhet.  Almal sien Koekenaap as ‘n plaasdorpie, maar daar wag ‘n hele paar verassings op hulle!  Ons wil ‘n sprokie hê, gevul met hope liefde.  Ek sien vreeslik uit om die middag in die kerk in te stap om met die liefde van my lewe te trou.

Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography Jacki White Photography

Diensverskaffers