Llewelyn & Freda se blommeprag verlowing fotosessie

Natuurliefhebbers, Freda en Llewelyn, het die mooiste blommeprag verlowing fotosessie by bekende venue in Gauteng gehad.  Gedurende die fotosessie het hulle hul trou-fotograaf beter leer ken en gemaklik voor die kamera geraak.  Hulle fotosessie het ook in ‘n maagspier oefensessie ontaard van al die lekker lag en giggel!

Rol af om na Freda & Llewelyn se blommeprag verlowing fotosessie te kyk.  Mens kan die opgewondenheid in hulle oë nie miskyk nie!

engagement photos at Rosemary Hill PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio engagement photos at Rosemary Hill PoemBox Creative Studio
< h4 style=”text-align: center;”>Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


My ma was vriendinne met my aanstaande skoonsuster se vriendin se ma.  Hulle wou ‘n bymekaarkoms reël tydens die skoolvakansie en het op ysskaats besluit sodat die kinders ook saam gaan.  Ek en Llewelyn het daar mekaar vir die eerste keer gesien en besef ons is in dieselfde skool.  Toe ons terug gaan skool toe, het ons mekaar weer by atletiek oefening raakgesien.  Daardie selfde dag het hy vir my ‘n Facebook boodskap gestuur en my nommer gevra.  Van daar af was dit onmoontlik om sonder mekaar te wees!  Llewelyn se  persoonlikheid, sin vir humor, hardwerkendheid en uithouvermoë is vir my baie aantreklik.  Sy mooi voorkoms is natuurlik ‘n bonus!

Llewelyn is aangetrokke na my kreatiewe persoonlikheid, handigheid in die kombuis, omgee vir ander en bo alles, my blou oë en glimlag.

Rosemary Hill Rosemary Hill Rosemary Hill engagement photos at Rosemary Hill engagement photos at Rosemary Hill engagement photos at Rosemary Hill PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studioengagement photos at Rosemary Hill engagement photos at Rosemary Hill PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Op ‘n gewone Dinsdagmiddag het Llewelyn vir my laat weet hy gaan laat werk.  Min het ek geweet dat hy besig is om die huis op te maak met kerse en roosblare!  Daar was foto’s van ons hele liefdesreis vanaf ons heel eerste afspraak.  Ek het by die huis gekom, die deur oopgemaak en flikkerende kerse en ‘n heerlike piekniek gesien.  ‘n Senuweeagtige man het met min woorde vir my in die sitkamer gewag.  Dit was ‘n sprokies verlowing!

PoemBox Creative Studio engagement photos at Rosemary Hill Rosemary HillPoemBox Creative Studio engagement photos at Rosemary Hill PoemBox Creative Studio engagement photos at Rosemary Hill PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ek en Llewelyn is albei baie lief vir die natuur en doen gereeld buitemuurse aktiwiteite. Ek het op Instagram gaan loer vir inspirasie en op Cocoberry se rokke afgekom – ‘n blommekind se droom!   Ons het dus geweet dat ons fotosessie in die natuur moet wees rondom baie blomme!  Rosemary Hill het ietsie van alles gehad- dit het gevoel soos vyf fotosessies ineen!

Rosemary Hill Rosemary Hill PoemBox Creative Studio Rosemary Hill PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio CocoBerry PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio CocoBerry CocoBerry

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


‘n Verlowing fotosessie was deel van ons fotograaf se pakket.  Na die fotosessie het Trisha, van PoemBox Creative Studio, soos ‘n vriendin gevoel.  Ons al drie het vir ‘n week stywe maag spiere van al die lag gehad!  Dit was ‘n heerlike fotosessie en dis ‘n bonus om die foto’s vir ons troue se dekor te kan gebruik.

CocoBerry PoemBox Creative Studio engagement photos at Rosemary Hill PoemBox Creative Studio CocoBerry PoemBox Creative Studio

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons droom van ‘n troue gevul met baie elemente uit die natuur in ‘n ontspanne en gemaklike omgewing.  Dit is vir ons baie belangrik dat almal die troue terdeë kan geniet en kan sê dat dit ‘n troue is wat hulle nie gou sal vergeet nie!

PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio PoemBox Creative Studio CocoBerry PoemBox Creative Studio

Diensverskaffers