Ben & Lizane se selfdoen troue

Lizane straal in ‘n sagte pienk trourok op haar groot dag.  Dis steeds vir haar onwerklik dat Ben, wat sy as student ontmoet het, vir haar by die altaar wag!  Hulle was dadelik aangetrokke tot mekaar en sy het net daar besluit dat hy die man vir haar was.  Met ‘n slenter verras hy haar met ‘n gedekte tafel en baie liggies by die gastehuis waar hy werk.  Heel romanties speel hy hul gunsteling liedjie op sy kitaar en verander die woorde sodat hy haar eintlik vra om te trou.

JCclick Online_0013 JCclick Online_0014 JCclick Online_0015 JCclick Online_0016 JCclick Online_0017 JCclick Online_0018 JCclick Online_0019 JCclick Online_0020 JCclick Online_0021 JCclick Online_0022 JCclick Online_0023 JCclick Online_0024 JCclick Online_0025 JCclick Online_0026 JCclick Online_0027


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het mekaar ontmoet by die Universiteit van Pretoria, Ben het my skamerig benader voor die filosofie klas geklee in die “sexieste” rugstut, nadat hy drie maande vroeer saam sy pelle sy rug beseer het (Soos jul kan dink was dit ‘n fantastiese ysbreeker). Daar was dadelik ‘n vlam en ons het gesels, gegigel en selfs ons drome gedeel op die grasperk voor Oom Gert se Plek vanaf vroeg middag tot laat aand. Dit was vreemd, ek het geweet hy was die man vir my en soos enige jong dame het ek geglo dit was te goed om waar te wees. 4 Jaar later het my lewe, my van, en my hart heeltemal verander.


JCclick Online_0028 JCclick Online_0029 JCclick Online_0030 JCclick Online_0031 JCclick Online_0032 JCclick Online_0033 JCclick Online_0034


Hoe het julle verloof geraak?

Dis ‘n snaakse verhaal.  Ek dink ek het dit sien kom toe Ben my gevra het om mooi aan te trek omdat ons ‘n bespreking by een of ander luukse restaurant gehad het.  Die aand toe dit aanbreek en hy by die huis aankom, bel sy baas hom en sê daar is ‘n probleem by die gastehuis wat Ben bestuur.  Teleurgesteld ry ons toe deur gastehuis toe om die probleem uit te sorteer met die gedagte  dat die spesiale oomblik maar ‘n ander aand moet gebeur. Toe ons daar aankom is alles donker behalwe die saal, waar daar klein liggies deur die venster flikker en die deur op ‘n skrefie oopstaan.  Ek dink natuurlik dis inbrekers!  Hy vat toe my hand en sê dat ek naby moet bly terwyl hy my na die saal lei.

Toe ons by die saal se deur kom toe weet ek.  ‘n Rooi tapyt met kersies wat lei tot ‘n gedekte tafel vir twee, en uit die hoek van my oog sien ek sy kitaar. Na ons voorgereg, stap hy na sy kitaar toe en speel en sing hy vir my ons liedjie- “First day of my life” maar die keer het hy die laaste vers verander na trou met my en natuurlik bars ek toe in trane uit. Hy gaan toe op sy knieg en herhaal die vraag toe ek tot verhaal kom.  Ek het geantwoord, “Met my hele hart.” Hy  het gelag en gesê,“Ek hoop dis ‘n JA?”


JCclick Online_0035 JCclick Online_0036 JCclick Online_0037 JCclick Online_0038 JCclick Online_0039 JCclick Online_0040


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons is al gekys vir 3 jaar en 11 maande


JCclick Online_0041 JCclick Online_0042 JCclick Online_0043 JCclick Online_0044 JCclick Online_0045 JCclick Online_0046 JCclick Online_0047 JCclick Online_0048 JCclick Online_0049 JCclick Online_0050 JCclick Online_0051 JCclick Online_0052 JCclick Online_0053 JCclick Online_0054 JCclick Online_0055 JCclick Online_0056


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

‘n Gelukkige verhouding is ‘n verhouding, waarvan God deel is; saam dit kom alles anders soos vertroue, respek, intimiteit, komplimente, samewerking en kommunikasie.Dit skep ‘n ruimte waar jul kan praat nie net oor jul verskille nie, maar ook jul drome vir die toekoms.


JCclick Online_0057 JCclick Online_0058 JCclick Online_0059 JCclick Online_0060 JCclick Online_0061 JCclick Online_0062 JCclick Online_0063 JCclick Online_0064 JCclick Online_0065 JCclick Online_0066 JCclick Online_0067 JCclick Online_0068 JCclick Online_0069 JCclick Online_0070 JCclick Online_0071 JCclick Online_0072 JCclick Online_0073 JCclick Online_0074 JCclick Online_0075 JCclick Online_0076 JCclick Online_0077 JCclick Online_0078 JCclick Online_0079 JCclick Online_0080 JCclick Online_0081 JCclick Online_0082 JCclick Online_0083 JCclick Online_0084 JCclick Online_0085 JCclick Online_0086 JCclick Online_0087 JCclick Online_0088 JCclick Online_0089

Diensverskaffers: