‘n Vars benadering tot die tradisionele wit troue

Vandag deel Mooi Troues ʼn fotosessie wat bruide wat graag ʼn tradisionele wit troue wil hê van sal hou.  Dit het egter ʼn moderne gevoel wat nie as outyds geklas kan word nie. Klassieke en fyn elemente is gebruik dwarsdeur die fotosessie, maar met ʼn nuwe benadering om te verseker die bruid daardie tradisionele gevoel met ʼn kinkel kry.  Besonderhede soos die glas kandelare word gebruik tesame met iets wat meer modern is soos die blomme tafellopers.  Die tafel-uitleg wys ook dat daar geen reëls meer is nie.  Die blomme tafelloper is vervang met blompotte in die middel van die tafel.

In dié artikel sal julle sien dat die elemente soos die skryfbehoeftes en selfs die tafel, eintlik relatief eenvoudig is,  maar modern voel omdat daar baie van ʼn element gebruik soos die blomme wat nie slegs een potjie blomme is nie, maar ʼn tafelloper.  Ander besonderhede soos moderne skrif en goud spatsels in die skryfbehoeftes sorg vir ʼn interessante element wat dit aanbetref.  Iets soos ʼn Whiskey stasie kan ook ʼn hedendaagse element wees wat jou gaste beslis sal geniet op die dag. Geniet die fotosessie en wees geïnspireer.

Wie het die fotosessie gereël?


Amo Venter van Amo Creative het met die konsep vorendag gekom en ook die fotosessie gekoördineer.

Vertel ons oor die inspirasie vir die fotosessie?


Soos genoem is die naam van hierdie gestileerde fotosessie: Diaphanous (adj.) light, translucent, and delicate. Met dié fotosessie wou ek die tradisionele wit troue na die nuwe era bring waar dit nie gesien word as oudtyds en vervelig nie.

Hoe is die span gekies vir die fotosessie?


Ek hou daarvan om met ’n wye verskeidenheid verskaffers te werk aan ’n fotosessie om te verseker dat daar ’n oorvloed van kreatiwiteit betrokke is en tydens dié fotosessie was daar geen verskil nie.  Ek het elke verskaffer gekies omdat ek weet dat hulle ’n nuwe aspek uit ’n ou idee sou bring.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Met die regte span kan jy towerkuns maak. Die fotosessie het gewys, hoe wanneer jy die regte verskaffers het wat so goed kan saam werk, almal die konsep verstaan, jou fotosessie net nog beter uitdraai op die ou einde.

Wat is jou advies aan paartjies wat die tendens wil volg?


Jy trou net een keer en die fotos sal veraltyd by jou bly, so vat ’n kans en maak die dag iets om te onthou vir jou gaste. Die regte verskaffer kan jou idee van byvoorbeeld jou blomme van normaal na iets uniek neem.  In die fotosessie sal jy sien dat die een helfte van die tafel ’n waterval blomme is en die ander helfte los staande potjies blomme is. Nog ’n aspek wat ek voel die fotosessie meer modern gemaak het is die rok wat eintlik ’n katpak is en afgeneem is met ’n romp bo-oor. So kan jy met sekere aspekte net meer kanse vat en outomaties dan ’n uniekeheid byvoeg tot ʼn andersins oudtydse idee.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: