Vogan & Allesandri se verlowing fotosessie tussen Sonneblomme

Maak jou reg vir ‘n groot bederf!  Hoe mooi is die verlowing fotosessie tussen Sonneblomme?  Ons by Mooi Troues is super opgewonde om die besonderse aantreklike paartjie se pragtige foto’s en liefdes verhaal met ons lesers te kan deel.

Moenie verder wag nie, rol af.  Ons belowe julle dit is die moeite werd.

sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Net soos in ‘n sprokies verhaal het Vogan en Allesandri op oogopslag die vlinders begin voel.  Dit was in Clarens by ‘n musiekfees waar die twee mekaar vir die eerste keer ontmoet het.  Die musiek was goed, geselskap beter en die liefde die beste!  Natuurlik is die fisiese eienskappe wat mens eerste raak sien, maar van die eerste oomblik af het Vogan en Allesandri  geweet hierdie vuur was aan die brand gesteek en gaan elke dag net helder skyn!!

sunflower engagement photos sunflower engagement photos engagement ring engagement ring sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Allesandri het ‘n werk aanbod ontvang vanaf Amerika.  By die lughawe was daar lang trane en groot drukkies!  Die tyd vanaf mekaar het hul laat besef dat Vogan en Allesandri nie sonder mekaar kan lewe nie.  Vogan het al sy moed by mekaar geskrap en Allesandri se hand gaan vra vir haar Ma.  Daleen(Allesandri se Moeder) het vertel dat sy nie ‘n beter lewensmaat vir haar dogter kon kies nie.

sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons sien onsself as ‘n baie plat op die aarde paartjie.  Die liefde vir die natuur deel ons graag en wou dit inkorporeer in ons fotosessie.  Ons fotograaf het die Sonneblom veld aanbeveel en ons was verlief op die idee en die fotos het ons verwagtinge oortref!

sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Allesandri is lief vir model werk so dit het van natuur gekom.  Vir Vogan was dit ‘n ander storie, gelukkig het Allesandri en die fotograaf baie grappies gemaak en binnekort was Vogan die gemaklikste.  Die foto’s word gebruik vir dekor.

sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons sien ons droom troue eendag binne ‘n woud in Clarens, omrede ons daar ontmoet het.  Gevul met kandelare en kerse gepaard met wit tapyte.  ‘n Regte sprokies troue gevul met vriende, familie en baie pret!  Dit is vir ons meer belangrik oor die mense waarmee ons die spesiale dag deel as hoe ons voorkom op die dag.  Inderdaad, ‘n persoon onthou die herinneringe meer as die stukkie vleis wat op jou bord was.

sunflower engagement photossunflower engagement photos sunflower engagement photos sunflower engagement photos

Diensverskaffers