Dawid & Bridget se elegante troue

Dawid & Bridget se elegante troue wat ons met Mooi Troues se lesers deel het drie van Mooi Troues se diensverskaffers betrokke.  Ons lesers kan hier klik op na ons aanlyn trougids te gaan kyk.

Die bruilofsfees was gevier by ʼn trou venue in Muldersdrift tussen Pretoria en Johannesburg.   Bridget vertel te danke aan die vrygewige afslag wat hul by Oakfield Farm ontvang het. kon hul gemaklik in hul begroting bly.

Ons by Mooi Troues glo die boonste drie redes is genoeg om ons lesers te oorreed om af te rol en die elegante troue van Dawid en Bridget te lees.  Onthou asseblief om dit met almal te deel.  Nou toe, lekker lees en besoek Mooi Troues se aanlyn trougids.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het getrou op 15 Februarie 2019.  Op die dag was Bridget 25 jaar oud en David 24.

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar ontmoet op Universiteit; ons het in dieselfde woonstel blok gebly.  Bridget het eintlik eerste van David gehou en sy het die eerste stap gevat om die verhouding te begin. 3 jaar later het David vir Bridget gevra om te trou by sy huis in Hartbeespoortdam.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Die eerste dag toe Bridget gaan om rokke te kyk het sy haar droom rok gevind.  Met die vyfde rok wat sy aangepas het op die dag het die kamer net stil geraak.  Toe sy haar hoof strooimeisie video bel in Engeland en sy bars uit in trane het Bridget geweet dit is die perfekte rok vir haar.  Die rok het haar soos n prinses laat voel.

Vertel ons meer van jul ringe


Bridget het haar eie ring ontwerp.  Dit is ‘n “vierkantige snit moissanite” 2 karaat diamant.  Die diamant is op n 18 karaat wit goud band geplaas met 16 klein diamante op die kant van die ring.  David het n eenvoudige silikoon ring gekies wat ons voorletters in gegraveer het op die ring.  David werk baie buite so hierdie ring pas hom perfek vir dit.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons fotograaf was Lightburst Photography.  Dit was n man en sy vrou wat ons afgeneem het op die dag.  Hulle was briljant gewees en het ‘n paartjie wat nie baie ervaring voor ‘n kamera het nie baie gemaklik laat voel.

Ons videograaf was Cinastage Studios.  Die jong man was net so goed gewees en het ons ook net so gemaklik laat voel.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die beste deel van die dag was net om terug te sit en te sien hoeveel spesiaal mense daar is wat in ons lewe is, en om te sien hoeveel hulle vir ons omgee.  David se die deel van die dag waar ons die koek geëet het was n naby tweede.  Een ding wat ons sou verander is om die woorde van die liedjie wat ons gesing het in die seremonie vir ons gaste uitgedruk het.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bridget se advies aan die meisies is:

Bly kalm, niks is so erg soos wat dit lyk nie.  Alles kom perfek by mekaar in die einde en na al die beplanning wat ingaan om die troue mooi te maak is dit die mense wat op die einde van die dag dit spesiaal maak.

David se advies aan die mans:

Wat ookal jy doen begin jou toespraak met hoe mooi jou bruid lyk.  As ‘n man kan ons baie op ons senuwees raak op so dag, moet dit nie te ernstig op vat nie.  Om te trou is een van die mees spesiale oomblikke van ons lewens, dit raak net beter en beter na die troudag.  Dink net dat jy die res van jou lewe saam jou beste vriend kan doen.

Ons advies saam vir die groot dag:

Vat tyd elke nou en dan om net tyd met mekaar te spandeer weg van almal af, hierdie dag is op die einde julle dag.  Moet nie verlore raak in die dag nie, dit gaan baie vinnig verby.  Vat tyd om net terug te sit en alles in te neem.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Om eerlik te wees het ons dit gekies omdat hulle vir ons ‘ n baie goeie afslag gegee het.  Toe Bridget ook sien hoe mooi die “Summerhouse” was by Oakfield Farm het sy dadelik geweet sy wou daar trou.

Die dekor was geïnspireer deur ons twee gunsteling kleure; Bridget se gunsteling kleur is roos goud en pienk en David sin vlootblou. Die dekor was elegant en klassiek met baie blomme op die tafels.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?  Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons is baie bevoorreg dat ons ouers vir die troue betaal het.  Hulle het vir ons n baie regverdige begroting gegee vir die troue en die wittebrood.  Ons by die begroting gehou deur baie navorsing te doen en n paar van die items nodig vir die troue self te doen.  Ons het op die einde van die aand 125 gaste onthaal.  Die goeie afslag wat Oakfield Farm vir ons gegee het, het baie gehelp om by die begroting te hou.

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Die liedjie waarop ons gedans het is: “ Calum Scott – Rhythm Inside”.  Ons het self die roetine vir die dans opgemaak en het vir so uur geoefen.  David het gesê die oefen maak nie rerig saak nie, want dit is so moeilik om iets te doen met so groot rok.  Die dans op die aand het nie heeltemal te sleg gegaan met die groot rok en al nie.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons het Bali toe gegaan vir 8 dae.  In Bali het ons baie klere en skoene gekoop omdat dit so goedkoop is daar.  Ons het met dolfyne geswem, baie seekos geëet en met ‘n bromponie die eiland getoer.  Bridget se die dolfyne was die hoogtepunt van ons tyd in Bali, David dink weer dit was om met die bromponie die eiland te toer.

Klik hier vir diensverskaffers