Daar is net so veel elemente in die buitelug troue van Jean-Pierre en Hilda wat ons hier by Mooi Troues van hou.Ā Boonop het die paartjie ook hul troufotograaf, reg hier op Mooi Troues se aanlyn trougids gevind en kan ons die asemrowende mooi foto’s met ons lesers deel.
Die paartjie het presies geweet wat hul vir hul troudag wou hĆŖ en het absoluut niks minder geskik nie.Ā Ons by Mooi Troues is veral gek oor die glas marquestent wat stylvol en klassiek versier was.
Ons weet ons lesers sal net so baie van diƩ troue hou, so rol af en kry sommer by inspirasie vir jou buitelug troue.



Julle troudatum enĀ Ouderdom van paartjie op troudag?
15 Desember 2018 Hilda:23Ā JP:25

Hoe het julle mekaar ontmoet en verloof geraak?
InĀ 2010Ā By ān sports- inter by ons skool waar ān gemeenskaplike vriend ons aan mekaar voorgestel het.Ā Ons was toe in graad 9 (Hilda) en graad 11(JP).
JP het my gevra om te trou opĀ 6 April 2017 in Phuket, Thailand op ān privaat strand met ān romantiese Kerslig ete onder die volmaan.

Vertel ons meer oor die trourok?
Ek wou iets heel te maal anders gehad het as die gewone tradisionele trou rok of die modieus āCrepeā,Ā diĆ© omdat dit deesdae almal se keuse is.Ā Tog toe ek by Bridal Emporium weg stap toe sit ek met twee rokke wat my hart gesteel het en ek kon net nie die besluit maak nie.Ā Een was ā iets heeltemal andersā en die ander een ān meer tradisionele rok (wat ek van die begin af nie eintlik wou gehad het nie, maar hy het net vreeslik mooi gelyk.)
Gelukkig die volgende oggend toe ek my oƫ oop maak toe weet ek my trourok is die een waaroor ek die hele nag gedroom het dus sal dit die meer tradisionele een wees.

Vertel ons meer van jul ringe
My gunsteling blom is die Protea en ek was nog altyd mal oor die ringe met ān protea setting, maar soos altyd wil JP sy eie stempel op goed af druk.Ā Dus het hy my ring laat ontwerp by Andrea van The Big Hole Trading Vompany.Ā En ān protea ring laat ontwerp wat nie soos die alledaagse protea ringe lyk nie.
Dit het hom nogal baie laat stres, want hy was nooit seker of ek daarvan sal hou nie aan gesien ek niks van die ring geweet het nie.
JP wou ān dun ring gehad het wat nie in sy pad sal wees as hy werk nie.Ā Dus het ons ān dun wolfram ring gekies wat sterk is en nie maklik krappe wys nie sodat dit by sy besige leefstyl in pas.
Ā

Vertel ons meer oor die fotograaf.
Die besluit van ons fotograaf en videograaf was al lank voor die verlowing ān uitgemaak te saak!Ā Dit was ook die eerste ding wat ons geboek het!Ā Ā Charlaine van Go Urban wasĀ nie die dag beskikbaar wat ons oorspronklik wou trou nie so toe skyf ons die dag sodat ons kon seker maak sy is daar om alles vas te vang.
Ons videograaf was ook ān maklike keuse aangesien JP al baie as ān tweede videograaf vir Evert afgeneem het vir troues en ander geleenthede.Ā Evert is ān groot mentor vir JP.Ā Die styl van Evert se trouvideoās stem ook ooreen met die wat JP ook maak vir sy bruid paartjies, en was Evert van Rooistoel Produksies die beste keuse.




Wat was die merkwaardigste oomblik van diƩ dag?
Toe ek in die troupaadjie af stap en JPĀ kon nie sy trane terug hou nie!Ā Ons het agt jaar vir die oomblik gewag en ek kon nie glo die tyd het uiteindelik aan gebreek nie.
Ons sou niks van die dag wou verander nie, nie eers die reën nie want dit het die Desember Vrystaat hitte net lekker afgekoel sodat almal die dag kon geniet. Die plus punt is dit het gemaak vir mooi fotos met baie kleur in die wolke.

Vertel ons van jul trou venue en die inspirasie vir jul dekor?
Ons wou altyd ān glas marquestent gehad het.Ā Daarom het ons na venues gekyk met ān groot grasperk wat bereid sou wees dat ons die tent daarop sal kan slaan. Warm Karoo was dus die perfekte keuse. Ons het met ān skoon voorkoms vir die tent gegaan.Ā Daarom wou ons die dekor simplistiesĀ hou met glas en wit.


Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons begroting was R130 000.Ā Dit was moeilik om daarby te bly aangesien daar klomp onvoorsiene uitgawes was.Ā Daar was 60 gaste.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Bruide: Geniet die aan loop tot die dag.Ā Ek weet dit kan stres vol raak en emosies loop hoog, maar die aanloop van die troue vorm ān groot gedeelte uit van die herinnering.Ā Maak almal betrokke by die groot dag en die beplanning.
Bruidegomme: Wees betrokke by die dag, lewer jou insette en se waarvan jy hou.Ā Dit is immers jou dag ook!

Vertel ons meer oor jul eerste dans
Ons wou almal verras met ons eerste dans.Ā Dus het ons vir twee lesse gegaan die week voor die tyd en net ān roetine geleer.Ā Die liedjie was āI was made for loving youā van Torri Kelly.Ā Ons het almal verbaas en sommige van die gaste was in trane!


Vertel ons meer van jul Wittebrood
Dit was alles ān verrassing vir my.Ā JP het my laat glo ons gaan Ysland toe.Ā Gelukkig het ek gepak vir die ysige koue van Duitsland en Oostenryk.Ā Tog het ek eers op die lughawe besef ek gaan nie die ānorthen lightsā sien nie.Ā Waaroor ek bietjie verlig was want daai koue het my bang gemaak.
Ons was 3 Dae in Munich waar ons die stad en al sy besien vaardighede en kers markte besoek het.Ā Daarna was ons na die asemrowende Salzburg toe vir 2 Dae.
Ons het toe ān kar gehuur en is na die Alpe toe.Ā Daar het ons in ons eie hout huisie gebly het wat op ān meer uit kyk.Ā Vir ān week lank het ons die dorpies plat gery en baie interessante plekke gesien soos Hallstatt,Ā die oudste dorp in Oostenryk.Ā Op Kersdag het ons bietjie die ski hange van Tauplitz aan gepak om te gaan ski en sneeuplankĀ te doen.Ā Of te wel JP en ek, myself heeltyd in die sneeu gevind en probeer ski, maar besef die sport moet ek maar bietjie meer aan oefen.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.Ā Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy Å internet konneksie het en Å toestel wat gekonnekteer is tot Å aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of Å rekenaar.Ā Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.Ā Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie,Ā kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?Ā Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Warm Karoo
- Fotograaf: Go Urban Photography
- Videograaf: Rooi Stoel TV
- Dekor: GrandRoomDesign
- Trourok: Bridal Emporium
- Troupak: Euro Suit
- Koek: Carrieās Cookies & Candy
- Craft Beer: Ambrewlance

