Groen & Oranje tafel naamkaartjies

Invitation Café is ‘n kenner in die trou-industrie en te alle tye op hoogte van die nuutste modes en tendense.  Jy hoef dus glad nie bekommerd te wees om jou trou skryfbehoefte ontwerp in hul bekwame hande te los nie.  Vandag deel ons een van hul nuutste ontwerpe – groen en oranje tafel naamkaartjies.  Groen en oranje pas nie by een van die harmonieë op die kleurwiel nie, maar indien jy navorsing doen sal jy vind dat hierdie kleur kombinasie uiters gewild is!  Die keuse van skrif is sag op die oog en maklik om te lees.  Jou gaste sal dus nie sukkel om hul name op die kaartjies raak te sien nie.

Indien jy opsoek is na ‘n tikkie kleur om jou tafel dekor op te kikker, is hierdie groen en oranje tafel naamkaartjies perfek!

Invitation Café Invitation Café Invitation Café

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

Invitation Café

Artikel Krediet: