Udo & Restelle se kleurvolle Meksikaanse styl troudag

Udo en Restelle is ‘n moderne paartjie wat tans in die Wes-Kaap woon, maar hul kleurvolle Meksikaanse styl troudag in die mooie Clarens in die Vrystaat gevier het.  As gevolg van Restelle se ervaring in die trou-industrie, het sy ‘n gedetailleerde visie vir haar groot dag gehad.  Sy is absoluut gaande oor pragtige blomme, helder kleure en unieke style en dekor.  Hierdie drie elemente was dus die fokuspunte van haar groot dag.  Om haar visie na lewe te bring, het hul ‘n Meksikaanse tema gekies met verskeie unieke elemente.  In plaas van lopers op die tafels, het dié paartjie teëls met blou en wit patrone gekies.  Helder kleurige blomme in unieke blompotte het uit hierdie teëls gespruit wat hul dekor soos ‘n grasieuse ontploffing van kleure laat lyk het.  Restelle se unieke persoonlikheid is ook verder uitgebeeld met ‘n reuse blomme kroon met pragtige blomme, eie aan die Wes-Kaap.

Indien jy opsoek is na unieke trou-inspirasie, is Udo en Restelle se kleurvolle Meksikaanse styl troudag perfek!  Rol af om na hul foto’s te kyk en meer oor hul unieke, eksentrieke persoonlikhede uit te vind.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding width=

Troudatum en ouderdom van paartjie op troudag?


Ons is getroud op 13 Oktober 2018.  Ek, Restelle, was 26 en my man, Udo, was 24 op die dag van ons troue.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ek het ‘n winkel spasie gesien wat in Bloemfontein te huur was – Pretty Gardens.  Ek het ingegaan om by die huidige huurder meer te gaan uitvind.  Toe ek instap, het ‘n ongelooflike mooi man my asem weg geslaan!  Hy het my nommer gevat en gesê ek moet hom kontak as ek enige verdere vrae oor die winkel spasie het, min wetend dat dit eintlik glad nie oor die winkel gaan nie!  Ek het die huur by hom oorgeneem om my geskenke winkel te begin.  Hy het gereeld kom inloer en kom koffie drink en kort daarna het die liefde begin blom.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het n idee in my kop gehad van ‘n rok wat ek graag wou hê –  ‘n stywe meermin tipe styl met baie growwe kant.  Die probleem was net dat ek ongelukkig nie sulke goeie gene soos my sussie gekry het nie, so die gewig was ‘n probleem.  My ma het aanhoudend vir my gesê dat ek beter in ‘n wye rok sal lyk.  Die bal-rok het vir my heeltemal te prinses geklink, so ek het volgehou met my idee.  Ons het afsprake gemaak om rokke te gaan aanpas en na die eerste rondte van stywe meermin rokke wat aaklig gesit het, het my ma my oortuig om ‘n wye rok te probeer.  Die rok was bietjie te outyds vir my smaak, maar die onderste deel het pragtig aan my gesit.

Ons het toe na Calegra Bridal gegaan waar ek die perfekte rok gekry het.  Die rok was styf en vleiend aan die bokant en wyd aan die onderkant.  Dis ‘n unieke materiaal met deurskynende gaatjies wat ‘n moderne gevoel skep.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Vertel ons meer van jul ringe


Udo hou ook baie meer van moderne style so ons ‘n houtinlegsel ring vir hom gekies.  My ring is ‘n romantiese roosgoud ring met ‘n morganiet steen.  Ek was nog gaande oor diamante nie, daarom was die pienk steen vir my só mooi.  Omdat my ring so baie detail aan die kante het, het ek nie ‘n troupant gehad nie.  Ons het toe besluit om die verloofring net so as trouring te gebruik, en eerder vir mekaar Daniel Wellington horlosies te koop.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons Fotograaf Izette Krogman van Pixlpixie was ongelooflik!  Sy het ongelooflik baie moeite gedoen en ons só op ons gemak laat voel.  Dit het gevoel of ek haar al jare ken!  Ons foto’s is ongelooflik mooi en uniek.  Toe ons die Sondag aand in Dubai land vir wittebrood, het die foto’s al begin instroom op Whatsapp in.  Toe ons die res van ons foto’s kry, was dit só spesiaal.  Sy het so baie moeite gedoen met die verpakking van ons foto’s.  In die boksie met ons foto’s, het sy ‘n paar goed van die troudag ook ingesit –  die menu, drupmatjies wat ek ontwerp het en selfs van die blomme wat sy gedroog het.

Ons Videograaf was First Kiss videography.  Ons video is ongelooflik mooi!  Dit is so belangrik dat ‘n mens gemaklik is met die persoon/persone wat jou video doen, want dit wys op die einde in die finale produk.  Dít is persies wat hulle gedoen het – ons was so gemaklik voor die videograaf, en mens kan dit duidelik in ons video sien.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die hele dag was vir my merkwaardig!  Ek dink die mees opwindende deel was toe ek buite die kerk staan en die kerk klokke hoor lui.  Dit was wonderlik toe die deure oopgaan en ek vir Udo daar sien staan.  Verder was daar deur die dag spesiale oomblikke wat alles net so ongelooflik mooi gemaak het.  Nog een van my gunsteling oomblikke was die aand voor die troue toe my ma die saal vir die eerste keer vir my gaan wys het.

My Pa is oorlede aan kanker toe ek graad 8 was, so dit was vir ons almal emosioneel om hom nie daar te hê nie.  My ma het soveel moeite gedoen om te sorg dat my pa tog deel van die dag kan wees.  Sy het ‘n hoekie gemaak waar sy my pa se troupak gehang het, saam met ‘n foto van haar en my pa op hulle troudag en ook ‘n ongelooflike mooi gediggie wat sy geskryf het en groot laat druk het.

”Bella Blommekind

In ouma Bettie se blommetuin het jy gespeel,

oupa Allen se se Afrikanertjies het jy gesteel.

Van kleins af moes ons trou-trou speel.

Blomme moes ons pluk – teenette tooi,

en ouma Hettie moes jou trou!

“My kind Bella gaan ‘n oujongnooi word, sy is te kwaai”,

het ouma Hettie gepaai!

Die eerste dag toe Udo by die deur instap –

“My kind dit is Bella se trouman” – se Ouma

Vir 5 jaar was jy ons enigste en jou pa se alles.

Visvang en die natuur het julle gedeel.

Meer van jou pa het jy gekry.

27 April 2007 moes jy vir jou pa “hello en totsiens sê”

In die hospitaal bed het jy geklim,

styf in sy arms gele.

Baie het jy gehuil, sy laaste woorde

“Bella moenie huil.”

Onverwags is hy kom haal,

Sag het hy in jou arms gegaan.

Vandag is jou troudag my meisiekind

“Bella moenie huil”

  • Mamma

Die mooiste mooi woorde van my mamma!  Die gedig hang nou lewensgroot in ons gang.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


My advies aan ander bruide is om regtig net alles in te neem.  Die dag gaan so vinnig verby en as mens heeltyd stres oor alles, dan mis jy al die spesiale oomblikke.  Stop gereeld, haal asem en neem in wat aangaan.

Udo se advies aan die bruidegom is:  Moenie alles oordink nie, geniet elke oomblik soos dit kom.  Moenie dinge afjaag om by die volgende uit te kom nie.  Maak seker jy is gemaklik en lyk vars en kalm.  Die dag draai om jou en op die ou einde is jy die persoon wat die dag vir jouself lekker of sleg gaan maak.  Skryf genoeg toesprake en oefen dit, maar maak seker dit kom uit die hart.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style weddingMexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Die Venue:

Ek en Udo bly in Hermanus, maar omdat al ons vriende en familie nog in die vrystaat is, het ons besluit om in Clarens te trou.  My ma het ‘n verhurings besigheid “All in One Party Hire” in Bethlehem met die mooiste trou dekor.  Sy ken dus die trou industrie so goed en het voorgestel dat ons na Andes in Clarens gaan kyk vir ‘n moontlike trou venue.  Ons was dadelik verlief!

Die styl en dekor:

Omdat ek grootgeword het met my ma wat troues doen, en ek self ook al in die industrie gewerk het, wou ek glad nie ‘n troue hê soos almal anders s’n nie.  Ek het oor die jare al baie troues gesien en op ‘n manier lyk almal meestal dieselfde.  Ek is absoluut mal oor die Meksikaanse styl!  Veral die blou en wit patrone saam ander helder kleure.  Ek het eers gedink aan ‘n delft patroon tafeldoek of lopers, maar almal doen tafeldoeke en lopers, so ons toe op die mooiste patroon teëls afgekom by CTM wat ons in strook op die growwe hout tafels afgepak het.

Die blomme:

My ma het pragtige kaktus blompotte, wat ons gebruik het met helder kleurvolle blomme in.  Ek het ‘n vriendin in Hermanus wat die mooiste blomme doen.  Ek het gereeld saam haar gegaan om by troues te help, so die blomme was vir my regtig belangrik.  Sy het só baie moeite met ons blomme gedoen.  Sy het al die pad van die kaap af met haar Vito vol blomme Vrystaat toe gery, omdat ek so mal was oor die unieke blomme wat ‘n mens in die kaap kry.

Ek het ook die ongelooflikste blomme kroon vir my gemaak.  Ek wou weereens nie ‘n blomme kroon hê soos wat al die bruide het nie, so myne was vol, groot en helder.  Dit het só mooi uitgekom, al moes ek ‘n paar hoofpyn pille drink omdat dit so swaar was!

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Wat was jul begroting vir jul troue en hoeveel gaste het julle onthaal?


Omdat ek al die dekor verniet van my ma af gekry het, het ons nie regtig op ‘n begroting gewerk nie.  Ons het maar net probeer om dit op ‘n redelike begroting te hou.  Ons het 120 gaste onthaal.

Mexican style wedding Mexican style wedding

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek.


Ek was nie regtig gepla oor die trou koek nie.  Ek was al by baie troues waar mense baie geld aan die koek spandeer het, en dan aan die einde van die aand dan bly amper alles oor!  Daarom het ek my ma gevra om net ‘n klein eenvoudige koek te laat bak.  Maar soos my ma is, het sy toe die koek ongelooflik mooi met blomme versier.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons was Bali toe vir ons wittebrood.  Dit was absoluut asemrowend en ons het so baie gedoen en ervaar.  Ek sal beslis weer gaan.

Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding Mexican style wedding

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ek het nog altyd van vas dans gehou, maar Udo het bietjie gesukkel.  Ons het middagete tye tussen werk gegaan vir dans lesse.  Ons het op Jo Black se “Vrou wat ek lief het” gedans.  Dit was perfek!

Mexican style weddingMexican style wedding Mexican style wedding

Klik hier vir meer diensverskaffers