Tekstuur wit, swart & goud trou spyskaart

Mooi Troues deel ʼn pragtige trou spyskaart met jou ontwerp deur die talentvolle Invitation Café.  Hierdie spyskaart het ʼn baie aangename gevoel tot dit.  Die wit papier waarop die spyskaart gedruk is, het ʼn mooi growwe tekstuur.  Mens voel mos maar altyd aan ʼn papier as jy dit optel.  Dit klink vreemd, maar let op wanneer jy nou weer aan iets vat.  Jy sal altyd met jou vingers voel hoe die tekstuur voel.  So weet jy dat jou gaste die duursaamheid onmiddellik sal voel en beleef.

Hierdie trou spyskaart is nie net simplisties nie, maar ook so elegant.  As jy ʼn pragtige wit en swart ontwerp het, weet jy dat dit altyd in die mode sal wees.  Hierdie spyskaart ontwerp kan saam met enige dekor en temas gebruik word.  As jy ʼn intieme dag troue het of ʼn meer formele aand troue het sal dit perfek inpas.  Die tikseltjie goud wat op ʼn deurskynende band met die gas se naam het gee sommer ʼn luukse gevoel aan di spyskaart.  Dit is ʼn oulike idee!  Sit sommer die gas se naam los oor die spyskaart, want dit tel ook dan as ʼn sitplek naamkaartjie.  Geniet hierdie oulike spyskaart idee.

Texture white, black and gold wedding menu Texture white, black and gold wedding menu Texture white, black and gold wedding menu

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

Texture white, black and gold wedding menu Texture white, black and gold wedding menuTexture white, black and gold wedding menu

Artikel Krediet: