Rinus & Benedene se pragtige Winterstroue

Ons by Mooi Troues is baie opgewonde om die Winterstroue van Rinus en Benedene met ons lesers te kan deel.  Die paartjie se verlowing fotosessie was ook al op Mooi Troues gepubliseer en ons lesers kan hier klik om na hul verlowing fotosessie te gaan kyk as jy ‘n fotosessie by die Kasteel die Goeie Hoop wil hou.

Eerstens is Benedene ‘n troufotograaf en adverteerder van Mooi Troues dus het sy presies geweet wat sy op haar en Rinus se groot dag wil hê.  Onder vertel sy ons meer oor hoe hulle besluit het op hul fotograaf, die venue en dekor vir hul troue.  Dit is ook vir ons besonders om ‘n slag ‘n trou diensverskaffer voor die kamera te sien.

Tweedens het die paartjie ‘n Winterstroue gehad en dit sluit perfek aan by die artikel: “Wat as dit reën op jou troudag?” wat jul meer van kan lees deur eenvoudig net hier te klik.

In die foto’s hieronder sien ons ‘n anderkant van die Weskus en ons glo dié troue sal baie inspirasie bied aan toekomstige paartjies wat nog besig is om hul eie troue te beplan.  Rol af en geniet Rinus en Benedene se pragtige Winterstroue en onthou om die mooie troue met almal te deel.  Lekker lees.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


11 Augustus 2018, Benedene (27) & Rinus (28)

Hoe het julle mekaar ontmoet en hoe het julle verloof geraak?


Ons ken mekaar al van skool af en was in dieselfde Sondag skool klas en is hoërskool liefdes.

Rinus het ‘n Familie ontbyt by ‘n oulike koffiewinkel gekies as die perfekte geleentheid om Benedene te vra om te trou.  Benedene het die oggend siek opgestaan en wou eers die ontbyt nie bywoon nie, gelukkig kon Rinus haar oorreed om te gaan.  Dit het verander na een van die beste dae in hulle lewens.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek was opsoek na iets uniek, omdat ek self ‘n trou-fotograaf was wou ek nie graag iets hê wat ek elke naweek op troues sien nie.

Ook is ons absoluut dol oor “Old School Hollywood Glamour” en wou iets hê wat die gevoel kon hou.

My strooimeisies het elkeen ‘n rok gaan kies wat hulle gevoel het ek die meeste van sal hou, toe ek hierdie rok vir die eerste keer aangetrek het wat dit liefde met die eerste oog op slag.  Niks wat ek daarna aangepas het kon by daardie rok bykom nie.  Ek het by Rok by Bride & Co gekoop.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons Fotograaf was Kusjka Du Plessis.

Benedene was ‘n baie groot aanhanger van Kusjka Du Plessis se werk en toe die tyd aanbreek wat ek ‘n fotograaf moes kies vir my troue was dit ‘n baie maklike keuse, die belangrikste ding vir my was om ‘n fotograaf te hê wie se werk ek versot op is.  Dit is tog ons troufoto’s en ons moet daarvan hou.  Dit was ook base belangrik dat ons goed met haar oor die weg kon kom.  Ons het elke oomblik van die fotosessie geniet en ons voel ons troufoto’s kon op geen manier beter uitgekom het nie.

Ons Videograaf, Satya en Rachel van Perfectblue Photography en is bevoorreg om hulle te ken hulle het vir ons die mooiste oomblikke vasgevang en ons was absoluut mal oor die video!

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die merkwaardigste oomblik was in die kerk, die oomblik toe ons mekaar vir die eerste keer sien, hy in sy troupak, sy aan haar pa se sy in haar trou rok. (My oë raak nou nog tranerig as ek aan daardie oomblik dink.)  Ons was oorval met emosie en het albei ‘n hele paar trane gepik.  Dit was soos iets uit ‘n “Rom-com”.

Daar is werklik niks wat ons sou verander aan ons dag nie, dit was absoluut perfek.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het heel eerste besluit op die gevoel wat ons wou skep vir die troue, Winterstroue was heel bo aan die lysie – ons wou baie graag ‘n koeler dag kies waar almal lekker gemaklik kon wees.

Tweede wou ons graag n naweek wegbreek gehad het, en dit is toe ons op Togryersvlei besluit het.  Ons was opslag verlief op die enorme kaggel en die aandag aan detail wat die gebou het.  Dit was Perfek.  Hulle Kleedkamers, en slaap geriewe is van ‘n baie goeie gehalte en ons het dit vreeslik geniet om daar te trou.  Die gasvryheid van die oomblik wat ons daar aangekom het tot die oomblik wat ons gery het.

Alhoewel ons baie van die “Old School Hollywood look” gehou het, het ons nogsteeds geweet dat ons iets kleurvol gesoek het.

Ons het prag blomme ingebring wat hierdie saal verander het van ‘n Plain Jane na ‘n absoluut sprokie.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons het nie die normale wittebrood gehad nie, maar wel iets baie spesiaal. Voor die troue het ons ons eerste huis saam gekoop en ons het na die troue in die huis ingetrek.  Ons kon dit op ons tyd doen en elke oomblik geniet. Ons kon in ons ‘leë’ huisie lekker piekniek hou in die sitkamer en net bietjie rustig wees in mekaar se geselskap.  So ons spaar nou vir ‘n vakansie op ons 1 jaar huweliksherdenking in New-Zeeland by ons goeie vriende.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het altwee gedroom van ‘n groot troue, so ons het juis vir 18 maande beplan en gespaar aan ons troudag.

Die begroting van R120 000 was vir 150 gaste en  het nie hemeltaal by die begroting gehou nie.  Met akkommodasie ingesluit het ons op die einde R165 000 spandeer.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Iets wat ons so ver moontlik probeer toepas het, moenie te veel oor die klein dingetjies stres nie.  As iets nie 100% is soos wat jy dit wil hê die, los dit en gaan aan.   Tradisie is goed, maar moenie bang wees om kanse te vat nie en dinge bietjie anders te doen nie.  Dit help die om te behep te raak oor die klein goedjies nie, geniet die beplanning, niemand gaan onthou of jou troukoek die regte skakering van blou was nie.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: