Dirk & Cindy se pragtige troue in Rawsonville

Dirk en Cindy se pragtige troue in Rawsonville sal jou tonne trou inspirasie bied vir ʼn moderne plaastroue.   Rawsonville is ʼn mooi plaasdorp omring deur majestueuse  berge en pragtige landskappe.  By Mooi Troues weet ons, ons lesers is gaande oor ʼn mooi plaastroue.  Cindy en Dirk se troue sal jou ʼn goeie idee gee wat jy kan doen vir ʼn moderne plaastroue.

Cindy het Mooi Troues gebruik om na troues in die Wes-Kaap te kyk.  Sy vertel so het sy hulle diensverskaffers gevind asook trou inspirasie.  Dit maak ons baie bly as mens dit hoor.  Is jy opsoek na fantastiese diensverskaffers vir jou troue? Besoek Mooi Troues se Trougids.

Die strooimeisies het sagte pienk rokkies aangehad, wat so mooi gepas het by die vloot blou pakke van die strooijonkers.  Al die verskillende elemente het so mooi bymekaar gekom.  Van die bruid se pragtige groot ryker tot hul moderne trou dekor.

Die dekor in die venue het ʼn moderne wit tema gehad, met Groen elemente.   Daar was slegs twee kleure gebruik wanneer dit kom by die trou dekor en ons is mal hieroor.  Geniet die paartjie se liefdesreis en trou storie hieronder.

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Inspirasie gevind op Mooi Troues:


As ʼn toekomstige bruidjie het ek ure op Mooi Troues se webtuiste spandeer.  Spesifiek na die Wes-Kaap se verskaffers en troues gaan kyk. Ek het deur die foto’s van vorige bruidspare gaan loer.  En baie idees vir blomme, tafel rangskikkings en ook ander oulike idees met die oog gesteel.

Indien ek iets gesien het waarvan ek hou (en glo my, daar was só baie waarvan ek gehou het), het ek dit dadelik op my foon gebêre.  Ek het die spesifieke diensverskaffer se kontakbesonderhede neergeskryf en met hulle kontak gemaak oor moontlike kwotasies.  Hierdie het my baie gehelp met die trou-beplanning!

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het saam studeer by Stellenbosch Universiteit, albei met die hoop om ʼn graad in Siviele Ingenieurswese agter ons naam te kry.  Van daar af het die liefde in die klas geblom en net verder gegroei.  Cindy het verder aan haar meestersgraad studeer en Dirk het die industrie aangedurf en begin werk.

Nadat ons 4-jaar uitgegaan het, het Dirk ʼn romantiese naweek as verrassing beplan by die mooie Sondagskloof.  Cindy het nikswetend op die rooi rose wat uitgepak was op die dek langs die mooiste dam afgekom.

Daar het Dirk ʼn romantiese liedjie gesing terwyl hy op sy ukulele tokkel, en op sy knieg gesak en Cindy se hand gevra.  Op 28 November 2018 het ons die dag afgesluit met ʼn glasie sjampanje en ʼn romantiese piekniek as verloofdes…

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Die Verlowing Tydperk:


Die verlowing tydperk is verseker een van die beste tydperke in ʼn paartjie se lewe, maar dit het ook sy eie uitdagings gebring.  Ons het vroeg in hierdie tydperk agtergekom dat die normale lewe en ons verhouding ook aandag benodig en alles nie net gaan oor die troue en die beplan daarvan nie (soms kan mens nogal weggevoer raak en 24/7 nét oor die troue praat).

Ons was 11 maande verloof voordat ons getrou het en het nie ʼn beplanner gehad nie, maar self ʼn lys saamgestel van al die items wat nodig sal wees vir die troue (ure se blaai deur trouboeke en webtuistes).  Cindy is absoluut mal oor beplanning, so sy was in haar element tydens die beplan van die troue!

Ons het as paartjie besluit dat ons elke Woensdagaand (en sommige Saterdae) die troue en die aspekte rakende die troue gaan bespreek en beplan.  Sodoende kon ons seker maak dat ons nie 24/7 die troue bespreek en kosbare tyd saam met mekaar asook familie en vriende verloor nie.  Hierdie was ʼn baie lekker tydperk vir ons!

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Finansiële Aspekte:


Die begroting vir julle groot dag is seker een van die belangrikste aspekte, maar kan ook soms ʼn groot kopseer wees vir sekere paartjies.  Dit was vir ons baie belangrik om van die begin af ʼn begroting te kies en daarby te hou.  As paartjie was ons egter baie bevoorreg om beide ouerpare te hê, wat kon bydra tot ons sprokies-troue.  Ons het ook self elke maand gespaar sodat ons ten minste 50% van ons troue se onkostes self kon dek.

Ons het 110 gaste gehad by ons troue – vriende en familie van reg oor die wêreld.  Wat ʼn wonderlike voorreg!

Ons advies rakende die begroting is:

Wanneer jy ʼn begroting opstel, maak seker jy neem al die kleiner-dingetjies wat onkostes kan wees ook in berekening.  Doen deeglike navorsing oor al die verskaffers en kies een wat by jou begroting pas.  Daarna kan jy aanpas en sny op die dinge wat nie so belangrik of ʼn prioriteit is nie.

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Merkwaardigste oomblikke:


Dirk:

In ons geval het die kerkklok gelui net voordat die bruid ingestap het in die kerk.  Dit het trane in my oë veroorsaak – trane van vrede, blydskap en liefde.  Ons het ook vooraf vir mekaar gesê dat ons ʼn oomblik sal stilstaan tydens die dag, sal stop en rondom ons kyk en onsself herinner dat al die mense vir wie ons lief is en omgee by ons bruilof is.

Cindy:

Een van die merkwaardigste oomblikke was verseker toe ek voor die kerk se deur staan en die klok lui – ʼn hoendervleis oomblik.  In daardie oomblik het ek my pa se hand gevat en vir hom gesê: “Pappa, vandag is die beste dag van my lewe.  Ek is baie lief vir pappa, dankie vir alles.”.  Daarna het ons saam in die padjie afgestap op Joshua na die Reën se liedjie – Vir Altyd.  Dit was ʼn absolute droom om in daardie oomblik te weet vandag trou ek met my beste vriend en die liefde van my lewe.  Die man wat die Here vir my gestuur het om ʼn lewe mee saam te bou.

Ons hele troudag was by verre die beste dag van my lewe!  Ek het ongelooflik gelief en spesiaal gevoel, veral om almal vir wie ek lief is onder een dak te hê.

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Vermaak:


Tydens die skemerkelkies, voor die onthaal, wou ons graag ons gaste bederf met een van ons gunsteling musikante – Chris Rain.  Sy sagte stem en kitaar-note het gesorg vir ʼn jolige, tog rustige atmosfeer wat die gaste baie geniet het.  Dit het vir ons kans gegee om foto’s te neem met die wete dat die gaste vermaak word.

Ons het ook vele speletjies op die gras gehad wat die gaste kon speel terwyl hulle ʼn skemerkelkie geniet – Giant Jenga, Noughts & Crosses, Croquet en Boules.

Een van ons gunsteling vorms van vermaak was die koffie tuk-tuk deur Galaxy Coffee Co.  Behalwe dat die tuk-tuk ons almal se harte gesteel het, het hulle die hele aand aan elke persoon se koffie, cappuccino of warm-sjokolade behoeftes voorsien.  Hierdie was verseker top-klas koffie en ons gaste kon nie genoeg daarvan kry nie!

Tydens die onthaal het ons ook ʼn Polaroid kamera gehad wat die rondte gedoen het sodat al ons gaste kon foto’s neem daarmee en hulself geniet!  Dit het gesorg vir ʼn boks vol foto’s wat vir altyd ʼn mooi herinnering aan ons troudag sal wees.

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Paartjie se styl:


Trouringe:

Ons trouringe is vir ons baie spesiaal.  Ons altwee se ringe is ontwerp deur Prins & Prins in Kaapstad.  Die rede waarom ons Prins & Prins gekies het, was omdat Dirk se oupa, sy pa en sy broer elkeen onderskeidelik, hul vrouens se ringe ook daar laat ontwerp het.  Dus wou ons graag hierdie tradisie laat voortleef en het besluit om ook ons ringe daar te laat ontwerp.

Bruid se rok:

Ek is altyd gefokus op detail, en daarom was dit belangrik vir my om ʼn rok te kies wat gefokus is op die klein detail.  Ek het vele rokke aangepas, maar toe ek in hiérdie rok klim het ek geweet – dis die een.  My rok was sag, gemaklik en die snit het by my lyf gepas.  Dit het ook soveel klein detail gehad wat dadelik my aandag gegryp het.  Ek wou seker maak ek trou in ʼn rok wat tydloos en elegant is en waarna ek kan terugkyk en onthou hoe beeldskoon ek daarin gevoel het.  My rok was ontwerp deur Madeline Gardner van Morilee.

Bruidegom se pak:

Ek het ʼn vlootblou pak gedra en my das (spesiaal uit Ierland) was ook vlootblou met klein lieweheersbesies op – vir daardie ekstra “goeie geluk”.  Ek het vlootblou gekies, omdat dit ʼn tydlose kleur is wat formeel, elegant en stylvol lyk.

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Die Besluitnemingsproses:


Een van die lekkerste dele van troue-beplan was dat ons elke besluit saam kon neem en saam kon besluit.  Ons was albei betrokke by elke besluit wat geneem was en het elke opsie met mekaar bespreek en seker gemaak ons stem saam.

Dit was wonderlik om ʼn glasie wyn saam te drink en te kon droom oor ons mooiste dag.  Ons het ons familie en vriende se opinies en voorstelle waardeer en oorweeg, maar op die ou einde het ons gedoen wat ons as paartjie graag wil hê en wat vir ons die beste en belangrikste is.  Ons wou graag ons eie persoonlikhede en stempel op die dag afdruk.

modern farm wedding modern farm wedding

Gunsteling Diensverskaffers:


Sonder enige twyfel kan ons sê dat Danelle Botes van Bergland Venue en Marinda en Muriël Spyseniering in ʼn klas van hulle eie is! Danelle Botes werk fantasties saam met Marinda en Muriël en hulle het ʼn baie spesiale werksverhouding omdat hul amper elke naweek saam werk – hiérdie wenkombinasie sal ons aanbeveel vir enige paartjie.

Danelle Botes van Bergland Venue het seker gemaak dat al ons wildste wense bewaarheid word. Niks was ooit teveel moeite nie en sy het selfs as ons “on-the-day-coordinator” gedien. Sy het ʼn fantastiese oog vir detail en pak alles met oorgawe aan.

Marinda en Muriël se kos laat ons monde steeds water! Die canapés was voortreflik en ons praat nie eers van die hoofgereg en die nagereg buffet tafel nie! Wat ʼn droom… Ons gaste kon nie uitgepraat raak oor die heerlike kos nie, en dit het verseker bygedra tot die groot sukses van ons troudag.

Ons kan verseker elke liewe een van ons verskaffers aanbeveel. Elkeen het uit hulle pad uitgegaan om ons dag so spesiaal as moontlik te maak. Ons dankbaarheid vir elkeen van ons verskaffers is onmeetbaar!

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dirk:

My raad aan ander pare sal wees om elke oomblik in te neem en te geniet.  Doen al die beplanning saam – dit is partykeer maklik vir bruidegomme om te voel dat sekere aspekte van die beplanning meer die bruid se keuse is, maar dit is die bruid én bruidegom se dag en albei moet hulle insette lewer.

Jy moet ook van die dekor hou en jou aanstaande vrou moet ook van die wyn hou.

Dit is julle dag, maak dit spesiaal en onthou dat dit oor niemand anders as julle twee gaan nie.

Cindy:

My raad is dat julle as ʼn paartjie mekaar 100% moet ondersteun in hierdie proses.  Dis belangrik om saam besluite te neem en tyd te maak om dinge te bespreek wat vir julle belangrik is.  Moet nooit fokus verloor op mekaar nie en onthou dat dit JULLE dag is – ander mense se opinies moet julle nie beïnvloed nie.

Die belangrikste raad wat ek het is om nooit te vergeet waaroor die dag eintlik gaan nie – ʼn feesviering van julle liefde vir mekaar!

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern

Wittebrood:


Ons verlowings-naweek was by Sondagskloof sonder enige selfoon-opvangs, en dit het ons laat besef hoe belangrik dit is om afgeskakel te wees van die wêreld.  Ons wittebrood was weer hoofsaaklik by baie bekende ‘Eco Cabins’ in die Wes-Kaap waar ons net op mekaar kon fokus en rustig ʼn vleisie braai of voor die kaggel kuier.

Beide van ons het saamgestem dat ons nie ʼn vakansie wil beplan wat gevul is met rondry en toeriste-aktiwiteite nie, ons wil graag ontspan en afskakel na die troue en die alleen tyd saam met mekaar ten volle geniet.  Dus het ons beide beplan aan die wittebrood en plekkies gekies waarheen ons nog altyd wou gaan (of teruggaan).

Die laaste 2 dae van die wittebrood was ʼn verrassing vir Cindy en ons het dit spandeer by Arabella Hotel & Spa.  Hier kon ons heerlik langs die swembad ontspan, die spa-fasiliteite geniet en elke aand bederf word met ʼn 5-ster maaltyd!  Dit was die beste vakansie van ons lewens en ons hoop ons kan dit sommer gou weer doen!

modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding modern farm wedding

Klik hier vir diensverskaffers