Matthew & Ansunell se spontane verlowing fotosessie

Matthew en Ansunell se gemaklike, spontane persoonlikhede het daartoe gelei dat hulle die oggend van hul verlowing fotosessie nog nie ‘n idee gehad het waar hulle foto’s gaan neem nie!  Dié paartjie is van mening dat as hulle gemaklik is, is hulle gelukkig.  Daarom het hulle nie ‘n stywe omgewing gekies met rekwisiete en dekor nie.  Hul fotograaf het die bokant van ‘n gebou met ‘n gemaklike atmosfeer voorgestel.  Matthew en Ansunell het behoorlik gestraal en elke oomblik van die fotosessie geniet.

Dis nie nodig om maande vooruit aan jou verlowing fotosessie te beplan nie!  Dit vat net een spontane oggend saam die liefde van jou lewe en ‘n fotograaf, en jy het ‘n album vol pragtige foto’s waarop jy vir die res van jou lewe kan terugkyk.

spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot

Eerste ontmoeting:


Ons het ontmoet by  ‘n gesamentlike vriend se 21ste verjaarsdag.  Ek wou aanvanklik nie gaan nie, aangesien ek slegs een vriend die aand sou ken.  Nadat my ma my moes oorreed om te gaan, beland ek toe op dieselfde tafel as Matthew, aangesien hy ook vriende was met my enigste vriend daar.  Teen die einde van die aand het die aantreklike man wat aanvanklik oorkant my gesit het, op een of ander manier langs my beland, en die res is geskiedenis.  Drie maande later het hy my gevra om sy meisie te wees, en hier is ons nou, vier jaar later en ons is verloof.

spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Ons het op 20 Januarie 2019 verloof geraak, nadat hy die ring al vir twee maande in die kluis moes wegsteek.  Ek het nie eens geweet dat hy al daaraan begin dink het nie, wat nog van die ring alreeds laat maak het!  Op die dag van ons verlowing, was ek was onder die indruk dat ons bloot na kerk my ma se verjaarsdag by Oliewenhuis gaan vier.  Ek moes amper eers oor die piekniek-mandjie val voordat ek besef het wat aangaan!  Hy het gereël dat daar, in die geheim, ‘n video en klomp foto’s geneem word.

spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot

Tydperk voordat die knoop deurgehak word


Ons gaan ‘n jaar en vyf maande verloof wees voordat ons op 13 Junie 2020 trou.  Ons trou in Bloemfontein, by A-Lodge.

Die verloofring:


Matthew het baie goed in hierdie afdeling gedoen.  Ek is oor die algemeen iemand wat hou van eenvoud.  Die ring bestaan uit ‘n roosgoud pand, met ses kloutjies wat ‘n enkele diamant omring.  Alles was in die geheim gereël en laat maak.  Ek sou niks aan die ring wou verander nie.

spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot

Rede vir die verlowing fotosessie


Ons het vir Suné (ons fotograaf) al by baie troues gesien.  Sy het ook Matthew se sussie se troufoto’s in 2018 geneem.  Ons onthou baie goed hoe sy juis by dié einste troue vir ons gevra het of ons al verloof is, en dat sy graag ons foto’s sal wil neem.  Sy het ‘n manier om mens baie gemaklik voor die kamera te laat voel.  Dit was ‘n baie maklike besluit om haar te kies om ons troufoto’s te neem.

spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek en Matthew het die dag van die fotosessie steeds nie geweet waar ons die foto’s wil neem nie!  Ons wou wegbreek van die gewone veld foto’s.  Gelukkig het ons ‘n uitstekende fotograaf wat dadelik met ‘n plan vorendag gekom het.  Die sonsondergang was besonders mooi op dié dag.  Die grootste begeerte vir ons was dat die foto’s ons verhouding moet uitbeeld.  Daarom wou ons dit so natuurlik as moontlik hou.  As ons gemaklik is, is ons gelukkig.  Ons voel ons fotograaf kon ons geluk en liefde in ons verhouding baie mooi vasvang met die verlowingsfoto’s.

spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shootspontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot

Visie vir droomtroue


Vir ons gaan dit meer oor die huwelik as oor die troue.  Ons tema is gebaseer op eenvoud.  Daarom het ons droom troue net drie kern aspekte:  Ons wil lekker eet, ons wil lekker dans en ons wil die dag vier met die mense wat vir ons belangrik is.  Die res is ‘n bysaak.  Vas-dans was nog altyd ‘n baie groot deel van ons verhouding, dus sal ons eerste dans as man en vrou ook een van die aand se hoogtepunte wees.

spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot spontaneous engagement photo shoot

Klik hier vir meer diensverskaffers