Jarco & Lize se verlowingfotosessie in water

Ons by Mooi Troues is erg opgewonde om met ons lesers dié verlowingfotosessie met julle te kan deel.  Dit is regtigwaar besonders en propvol verlowing fotosessie inspirasie, met ‘n kring gemaak uit takke en Jarco en Lize wat ewe gemaklik in water staan.  Dit is inspirasie wat ons nou glad nie baie sien nie en hoop ons lesers sal gebruik maak van die inspirasie en dit met ons ander lesers deel.  Nou toe rol af en geniet die foto’s en deel met almal.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Nie een van ons het geweet die dag van 13 Junie 2016 gaan ons albei se lewens verander nie.  Dit was een baie koue en reënerige dag wat Jarco se skoonsussie ons beide van mekaar vertel het.  Die eerste dag in my lewe wat ek haar ontmoet het.  Die opregtheid, die Christelike waardes, respek en vele komplimente het ons albei na ons asems laat snak.  Ons het net daar besef dit is die persoon met wie ek die res van my lewe moet deel.  Daai dag het ons agtergekom wat dit beteken as iemand se ek het die een ontmoet.

Wie het wie gevra om te trou?


Jarco het my gevra om te trou.  Ons het al n hele rukkie voor die tyd oor dit gepraat, en hy het vir my gesê ek moet hom wys van watter tipe ring ek hou.  Ek het so gelag, hy en sy my ma was op die presiese selfde tyd in die winkelsentrum as ek en my ma, ek het van niks geweet wat hulle aanvang nie.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons wonderlike geliefde fotograaf, Margaux, het vir my die idees aangestuur.  Ons het wel vir haar gesê dat ons die foto’s so elegant as moontlik wil hê.

Wat het jul laat besluit oor die fotosessie?


Ek wou nog altyd ‘n fotosessie in die water gehad het, en net gedink die is die perfekte geleentheid.  Oop, skoon en baie natuurlik.  Ons het ons verlowingsfoto’s gebruik vir ons elektroniese uitnodigings, en Margaux maak vir ons `n gasteboek met al die fotos in waarop die gaste boodskappies vir ons kan skryf die dag van ons troue.

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons het na 3 venues gaan kyk, waar ons net glo die derde een is vir ons beskore.  Ons venue is in Modimolle, Mooiplaas.  Dit is in ‘n Kaap Hollandse bou styl, ‘n stukkie Kaap in die hartjie van die Bosveld, wat iets van ons altwee af het.  Ek kom van die Kaap af en Jarco is ‘n Bosveld man. Ons troue gaan elegant en romanties wees met ‘n titsel vintage.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: