Boheemse trou inspirasie tussen Nartjie-boorde

Kreatiewe diensverskaffers in die trou-industrie geniet hulself deesdae gate uit met intieme troues wat al hoe meer populêr word.  Aangesien jy nie 200 gaste te onthaal nie, kort jy nie ʼn reuse onthaal-area nie en dít beteken die moontlikhede is eindeloos!  Die groep diensverskaffers wat hierdie gestileerde Boheemse trou inspirasie geskep het, wou juis dit by ʼn buitengewone ligging doen wat nie aldag gesien word nie.  Verbeel jouself jy en jou geliefde beloof ewig trou aan mekaar tydens ʼn prentjie mooi winter-sonsondergang, tussen eindelose nartjie-boorde by ʼn romantiese piekniek-onthaal?  Ons kan aan niks meer romanties dink nie!

Boheemse dekor en die natuurlike skoonheid van die omgewing het hand-aan-hand gegaan.  Die makrame agtergrond met ʼn mengsel van warm en sagte kleur blomme en die oranje nartjies wat tussendeur loer, het gesorg vir asemrowende foto’s!

Rol af vir trou inspirasie vir ʼn unieke, intieme en Boheemse troudag.

Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie

Wie het die fotosessie gereël?


Hierdie spog-sessie is beplan en gereël deur Henriette van der Merwe van Hetta’s Décor & Flowers.

Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasieBoheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons het besluit om die fotosessie in Julie te doen wanneer alles basies droog is.  Ons wou graag die populêre Boheemse gevoel inbring met ‘n kreatiewe draai.  Dus het ons besluit om die fotosessie tussen die nartjie-bome te doen , sodat ons die warm winter-gevoel kan beklemtoon tussen die diep oranje van die nartjies.  Saam met die gedroogde, asook vars, luukse blomme en al die bykomende elemente, het al die kleure só mooi bymekaargekom.

Ons wou graag paartjies inspireer wat beplan om ‘n intieme troue te hou, as gevolg van die huidige druk op die trou-industrie.

Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasieBoheemse trou inspirasie

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Dit was vir ons belangrik om diensverskaffers te gebruik wat uitmuntende diens lewer en wat ons vertrou om die visie vir die sessie tot lewe te bring.  Elke verskaffer het hul vindingrykheid gebruik en die eindresultaat was sprokiesmooi.  Elke verskaffer is passievol en trots op die diens wat hul lewer.

Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie

Agter die skerms van die fotosessie:


Ons was geseënd om geen probleme te ondervind tydens die reël, asook die dag van die sessie nie.  Behalwe vir die maagseer van al die lekker lag, het die dag seepglad verloop!

Boheemse trou inspirasieBoheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie

Venue en Ligging:


Die fotosessie is op ‘n familie plaas geneem, gedurende die laaste vrugte van die seisoen.  Ons was net betyds om hierdie unieke fotosessie daar te kon neem!  Die kleur van die nartjies het perfek gewerk saam die kleurskema en ons wou dit ook iewers buitengewoon doen, eerder as om by ‘n reeds bestaande trou venue te neem.

Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasieBoheemse trou inspirasie

Kleurskema:


Ons is mal oor die verskillende warm en sagte kleure saam met die gedroogde blomme en ons wou dit graag alles saam kombineer.  Ons wou ook hê dat die bome die enigste groen kleur skep op die dag.  Daar was so baie elemente gebruik om die warm, maar tog romantiese, Boheemse winters gevoel te kon skep.

Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie

Spesiaalste deel van die fotosessie:


Hoe kies mens een oomblik as die hele dag so spesiaal was?  Toe Rene en Marno van The Tiemensma’s die eerste foto’s vanaf hul kamera skerms vir ons wys, was dit werklik ‘n oomblik van absolute tevredenheid!  Dit was ongelooflik om te kon sien hoe alles so mooi bymekaargekom het.  Al ons harde werk, idees and drome was uiteindelik ‘n werklikheid vasgevang in ‘n foto.  Dit was só spesiaal!  Die paartjie wat vir ons model gespeel het, was ook dolverlief op mekaar en dit het op een oomblik waarlik gevoel of dit tog wel ‘n regte trou-paartjie is.

Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie

Trourok en bruidegom pak:


Dit was vir ons uiters belangrik dat ons model-bruid gemaklik, maar tog stylvol voel vir die fotosessie.  Ons het dus ‘n rok gekies wat die beste by haar gepas het, maar ook by die tema van die sessie.

Boheemse trou inspirasieBoheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


In die tyd waarin ons onsself bevind, beteken dit nie dat bruide nie ‘n mooi, klein intieme troue kan hou nie.  Maak seker jy kry die regte diensverskaffers wat jou styl komplimenteer.  Die belangrikste: Maak dit jou eie.  Dit is jou troudag en dit moet dus ‘n refleksie van jou smaak en styl wees.

Boheemse trou inspirasie

Boheemse trou inspirasie Boheemse trou inspirasie

Klik hier vir meer diensverskaffers