Wessel & Rochelle se groenhuis verlowing fotosessie

Die verlowing fotosessie van Wessel en Rochelle het plaasgevind in ʼn groenhuis wat nuwe lewe simboliseer … in die konteks is dit die paartjie se lewe saam as getroudes.  Ons by Mooi troues sien dat die paartjie baie gelukkig en verlief is en die kiekies spreek duisende woorde van geluk.  Ons is ook gek na die manier hoe daar verskeie natuur elemente in die fotosessie geïnkorporeer was en hoe spieël glad was die dam se water?  Absoluut asemrowend mooi!

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons het mekaar mekaar jare gelede ontmoet oor ʼn Desember vakansie. Rochelle se spontaniteit, lewenslus en warmte het my in vervoering gehad en ek het bly hoop dat ons lewenspad weer sou kruis.  Dit was slegs jare later, toe ek na dieselfde stad as sy verhuis het dat ons mekaar gevind het en besef het dat ons bestem is om dieselfde lewenspad, verder saam te loop.  Vandag, soos jare gelede is dit haar onbaatsugtige hart vir ander en haar vasberadenheid wat my so trots maak om haar my nooi te kan noem.  Die feit dat sy beeldskoon is, is natuurlik net nog ʼn bonus.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Dit was ʼn tipiese koue, reënerige dag in Amsterdam.  Ek het haar op ʼn rit op die kanale geneem in ʼn klassieke hout skip uit die vorige eeu.  Terwyl ons op pad was om die ander passasiers op te laai (wat nooit aan boord sou kom nie) het ek vir haar “Ek wil met jou trou” van Stef Bos gespeel, op die knieg afgegaan haar gevra om met my te trou.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons inspirasie vir ons fotosessie was eenvoudig – om dit soveel as moontlik te geniet!  Ons albei blink uit as dit kom by saam laf wees en kattekwaad aan te jaag en ons fotograaf het dit aangemoedig (wat ons verseker meer verkies as om vir ure lank agter die lens te poseer).  Die fotosessie was gemaklik en plat op die aarde, sonder om platvloers te wees.  Ons kan albei nie wag vir ons trou fotosessie nie.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Tot ʼn mate glo ons ons droomtroue sal refrein van ons verlowings fotosessie wees.  Ons besef die erns van die lewenslange belofte wat ons aan mekaar maak in die teenwoordigheid van God, maar terselfdertyd wil ons ons liefde en toewyding saam met ons familie en vriende vier – en ons groot dag die wonderlikste dag van ons lewens te maak.  Die troue sal intiem dog gemaklik wees met ʼn Franse landelike invloed.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: