Moderne Terracotta Kleurskema Trou Inspirasie

Oh, só mooi!  Ons deel op Mooi Troues ʼn moderne terracotta kleurskema trou inspirasie fotosessie met ons lesers.  Terracotta kleure het soveel potensiaal en kan op verskillende maniere by ʼn troue se dekor geïmplementeer word.  Hierdie fotosessie fokus op ʼn meer vars fokus, wat ons dink is prentjie mooi.

Die skakerings van terracotta kleure op die spierwit tafeldoek trek onmiddellik ons aandag.  ʼn Simplistiese dekor styl was gebruik om die tafel dekor modern en klassiek te hou.  Die gebruik van die deurskynende stoele plaas al die aandag om die tafel dekor en hoe mooi dit inpas by die moderne gevoel van die trou venue.

Whispering Thorns het die dekor en blomme gedoen en het buite die boks gedink met die tema.  Die gebruik van vars oopgesnyde Papaja en Pomelo wat deel vorm van die dekor elemente is besonders mooi.  Wit kershouers met verskillende skakerings lang maer kerse skep hoogte aan die tafel en ʼn romantiese gevoel.  Whispering Thorns se trou venue bied soveel mooi landskappe vir paartjies om hul trou foto’s te neem.  Die fotograaf wat die fotosessie afgeneem het, het ʼn fantastiese werk gedoen om al die mooi van Whispering Thorns in die foto’s vas te vang.

Die model het so mooi gelyk en die trourok keuse was perfek vir die fotosessie.  Alles het so perfek saamgesmelt om inspirasie te bied vir die moderne paartjie opsoek na ʼn vars uitkyk vir hul troue se dekor inspirasie.

Rol af om meer te lees oor die inspirasie agter die moderne terracotta kleurskema trou inspirasie fotosessie.

Wie het die fotosessie gereël?


Mos Film & Photo en Whispering Thorns

Inspirasie agter die fotosessie:


Dit was ʼn “November Minimalistiese Bruid” geïnspireerde fotosessie met kleur.  Ons wou ʼn eenvoudige trourok by ietsie anders sit, soos tafel dekor en oranje kleure.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons het al saam gewerk en maak ‘n goeie span.  Al die diensverskaffers is plaaslik en het by mekaar gekom om mekaar te ondersteun en hulself bietjie blootstelling te kry.

Trourok:


Ons het eerste die trourok ontwerp.  Lynmarie is briljant en kon al ons drome waar maak met die voorkoms wat ons voor gemik het.  Dit was ʼn inspirasie van ʼn Italiaanse bruid waar ek die idee gekry het van die trourok se styl.  Lynmarie kon toe haar kreatiewe en spesiale insette op die res van die rok byvoeg.

Agter die skerms van die fotosessie:


Dit het gereën en ons wou eintlik ʼn goue sonsak lig fotosessie doen, maar toe werk die kleure eintlik perfek uit.   Ons kon toe almal saamwerk om dit te kon maak werk.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die span werk en dat ons almal die beste uit elkeen wou hê en sien.  Alles het baie mooi uit gekom en ons kon koffie saam drink en kuier soos wat die fotosessie aangegaan het saam al die verskaffers

Dekor:


Dit was gemik om “anders” te wees maar wel nog modern en minimalisties.

Kleurskema:


Ons wou dit eenvoudig hou en omdat die rok en hare so eenvoudig elegant was, wou ons hê die kleure moet ‘pop’.

Venue en Ligging:


Whispering Thorns is ʼn pragtige trou venue met baie opsies vir foto’s asook ons het so goeie verhouding ons kon saam werk om die fotosessie te maak werk by dié venue.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Vat inspirasie en maak dit jou eie.

Addisionele Inligting:


Die fotosessie en trou inspirasie was elkeen op sy eie se insette.   Ek het die fotosessie beplan en vir almal die vryheid gegee om te doen wat hulle inspireer en dit het fantasties uitgekom.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: