Guillaume & Gerda se minimalistiese troudag

Guillaume en Gerda se troudag was minimalisties en die dekor was nie oordonderd nie en kon mens die liefde sien waarmee die paartjie omring was.  Dié troue is propvol inspirasie vir paartjies wat wil gaan met die pastel kleure en ons wil tog Mooi Troues se lesers se aandag trek na die blomme wat nie perfek in spieëlbeeld met mekaar staan nie, maar tog eerder verskillende rangskikkings op die tafels is.  Ons dink dit is baie uniek!

Mooi Troues weet ook dat ons lesers Guillaume en Gerda se storie sal geniet, so rol af en kyk na die mooi foto’s en lekker lees!

Wat was jul troudatum en hoe oud was julle op dié dag?


17 Maart 2018 – Guillaume 38 en Gerda 40

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar ontmoet by gemeenskaplike vriende se huis.   Guillaume is ook my broer Johann se groot golf maat.

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Ons eerste naweek weg was by Clarens en 4 jaar later het Guillaume my in Clarens op n staproete bo op berg gevra om met hom te trou.  Dit was absoluut n groot verrassing!!

Vertel ons hoe het jul die fotograaf en videograaf gekies?


Fotograaf: ons het gebruik gemaak van Corene Photography.  Maralize Fouché (bestuurder van Feather Hill) en Annelize (A&E verhuurings) het haar sterk aanbeveel en ons is te dankbaar vir haar.  Sy is baie professioneel en laat mens vreeslik gemaklik voel voor die kamera.    Ons voel haar pakette is bekostigbaar en foto’s selfs beter as dié met belaglike pryse!!  Sy het ook ons verlowings foto’s geneem en na 3 dae dit reeds gekry- dis nou diens!

Videograaf: De Klerk van Pandapraphy was ons videograaf.  Ons het verskillende videograwe gegoogle en met die eerste oogslag was ons mal oor hulle werk.  Alhoewel ons nog nie die video ontvang het nie kan ons wel sê dat De Klerk n baie aangename ou is om mee te werk en hy en Corene Photography het baie goed saam gewerk.

Vertel ons meer van jul ringe?


Gerda se ring is ontwerp deur Jenna Clifford en het baie sentimentele waarde want is geset met haar oorlede ma se diamante.  Guillaume het vir iets meer modern gegaan en het n titanium ring gekies van Titanium Studio.

Wat was vir julle die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Ons kan met alle eerlikheid sê die hele dag kan as merkwaardig opgesom word.  Alles het presies verloop soos wat ons beplan het.  Die hele week was erge reën en donderweer voorspel en tog het daar nie eens n druppel geval die dag.  Ons musiek, kos, geselskap, dekor, fotograaf, videograaf, blomme.  Alles was net perfek!

Wat sou jul verander as jul kon?


Ons het ‘n foto-hokkie gehuur van Vidoetheque van 17:00-20:00.  Dit was so n groot sukses dat ons na die tyd besef het dat ons dit eintlik vir langer moes huur vir al die “voor en na” foto’s

Hoekom het julle die venue gekies?


Ons moes kyk na n plek wat 180 gaste kan akkommodeer.  Feather Hill was ons eerste en enigste plek waarna ons gaan kyk het.  Toe ons dit sien het ons geweet dis perfek!

Wat was die inspirasie agter die dekor?


Ons wou dit skoon en natuurlik hou.  Ons het gevoel minder is beter.

Wat was jul begroting vir jul troue en hoe het julle daarby gehou?


Ons begroting was R200 000 en met 180 gaste het ons net onder dit uitgekom.  Geld was spandeer op venue en kos omdat n lekker kuier saam met familie en vriende vir ons die hoofdoel van die dag was.

Advies wat julle aan ander paartjie kan gee wat self besig is om hul troue te beplan?


Beplan die dag rondom dit waarvan julle hou en nie om ander te probeer beïndruk!

Was julle met Wittebrood?


Ons gaan Junie Europa toer, onder andere Spanje, Parys, Brussels en Amsterdam.  Sien baie uit hierna!

Diensverskaffers