Johan & Lisa se strand fotosessie

Vandag deel Mooi Troues ‘n strand fotosessie met julle.  Die verloofdes, Johan en Lisa, het dit goed gedink om hul fotos te neem by die strand omdat Johan nog altyd naby die see gebly het.  Die paartjie lyk pragtig in hul wit uitrustings en so gelukkig as wat pas verloofdes kan lyk.  Die fotosessie is speels en prettig, presies wat hulle wou hê uit die dag.  Hulle is albei baie opgewonde vir hul groot dag en Mooi Troues is seker dat die dag net so pragtig as vandag se fotos gaan wees.  Geniet dit en vind bietjie inspirasie vir jou verlowings fotosessie.

Hoe het julle ontmoet en wat maak jul aangetrokke tot mekaar?


Johan vertel: “Ek onthou toe ek vir Lisa die eerste keer gesien het by haar werk. Ons het oog kontak gemaak en van daar  af is alles soos hulle sê geskiedenis.”

Lisa vertel: “Johan het my vreeslik oorweldig met hoe eg hy is. Van dag een af noem hy ‘n appel, ‘n appel en het my vinnig laat verstaan dat hy van my hou en my weer wil sien… En ek hou daarvan as ‘n man ‘n man is.”

Hoe het julle verloof geraak?


Ek en Lisa is altwee hardkoppig, maar sagte mense binne so ons pas mekaar perfek… Ek en Lisa is al lank saam en het besef ons was reg vir die volgende stap in ons verhouding.

Wat was die inspirasie vir jul fotosessie?


Ons wou nie ernstig wees nie, ons wou net pret hê. Johan bly al sy hele lewe by die see en omdat ons nie daar gaan trou nie, was dit iets spesiaal vir hom. Ons wou ons fotosessie eg maak en wys hoe lief ons mekaar regtig het, maar wou ook net dit geniet!

Hoe lyk julle droom troue?


Die perfekte troue vir my is op ‘n lekker koue dag, want in Ballito is dit maar baie warm met net so bietjie reën vir geluk. Saam met almal vir wie ek omgee en lief is en soos dit gaan gebeur met die mees aantreklikste man in KwaZulu-Natal.

Ek en Lisa het al klaar ons droom troue beplan binneland, in ‘n klein kerk op die plaas in die natuur met ons gunsteling mense op aarde.

Diensverskaffers