Inus & Zanné se Stedelike Verlowing Fotosessie

Sandton City is ʼn baie gewilde ligging vir paartjies om hul fotosessies te laat neem.  Die geboue en sonlig wat vanaf die blink ruite reflekteer in die agtergrond gryp mens se aandag.  Julle sal onder die pragtige foto’s van Inus en Zanné se stedelike verlowing fotosessie sien.  Die talentvolle trou fotograwe, Salt Photography & Film het die paartjie se verlowing fotosessie vasgevang in die mooiste foto’s.  Verlowing fotosessie is só belangrik en het meer as net een doel.  Die eerste doel is om gemaklik te word voor die kamera en julle trou fotograaf beter te leer ken.

Ons is totaal en al verlief op die paartjie se verlowing fotosessie in ʼn parkeer terrein in Sandton wat uitkyk oor die beton oerwoud. Om meer sjarme aan die fotosessie te gee, wat so goed inpas by die stad tema, was daar ook ʼn bottel vonkelwyn gewees om die oomblik te vier.

Zanné en Inus wou ook graag foto’s kry vir hul trou uitnodigings, wat ʼn briljante gebruik is van die foto’s.  Die paartjie het pragtig gelyk in hul uitrustings.  Zanné het ʼn wit rokkie aangehad en Inus ʼn grys chino met ʼn swart knopies hemp.  Uitrustings is net só belangrik en kan ʼn fotosessie se hele styl en uitkoms bepaal.

Die ligging van ʼn verlowing fotosessie is nét so belangrik.  Indien julle nie self op ʼn ligging kan besluit nie, verduidelik vir jul fotograaf wat jul ingedagte het.  Meeste van die kere sal jul fotograwe vir julle ʼn paar liggings kan voorstel waarvan julle kan kies.  Probeer vir iets gaan waarmee beide gemaklik sal voel.

Is jy verloof?  Vind tonne trou inspirasie en gratis advies op Mooi Troues.  Indien jy opsoek is na professionele diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids.  Geniet die foto’s van Inus en Zanné se stedelike verlowing fotosessie.

Meer oor Salt Photography & Film:


Salt Photography and Film is ʼn dinamiese en toegewyde span foto- en videograwe wat jou unieke liefdesverhaal wil vertel deur foto- en videografie. Met ʼn unieke oog vir die fynere details en emosie vertel hulle jou storie met die hoogste kwaliteit foto’s en kortfilms.

Met ʼn passie vir die skep van blywende herinneringe en ʼn noukeurige aandag aan detail, sal Salt Photography and Film al jou verwagtinge oortref. Hulle doel is nie net om ʼn foto of video vas te vang nie, maar om die ware gevoel en atmosfeer van die dag te behou, jou op jou gemak te stel, te laat lag en saam jou pret te hê en jou dag te GENIET!

Salt Photography and Film is toegewyd om elke spesiale oomblik van jou troudag te bewaar vir jare lank. Van intieme oomblikke tot groot vieringe, kan jy hulle vertrou om die skoonheid, emosie en romanse van jou troudag met fynheid en kuns vas te vang. Laat hulle jou liefdesverhaal vertel, elke oomblik vasgevang met passie vir ʼn leeftyd van herinneringe.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Inus was 12 jaar gelede saam op hoërskool gewees.  Ons het van mekaar geweet, maar nooit in dieselfde kringe uitgehang nie. Nadat ons omtrent 5 keer verby mekaar gery het op heeltemal verskillende plekke in die dorp waar ons woon, het hy die eerste stap geneem en my ʼn boodskap gestuur op Facebook. Ek het hom vir ʼn kort tydjie geïgnoreer en voel tot vandag nog sleg daaroor.

Tydens my ignoreer stadium het ons mekaar by ʼn “gym” sessie raakgeloop waar ek hom in die kant van my oog heeltyd geloer het.  Ek moet bysê dit was ʼn “awkward” gym sessie. 🙂 Ek het toe besluit om terug te kommunikeer op sy boodskappe.  Na ʼn hele paar boodskappe het ons op ons eerste ontmoeting gegaan waar ek basies al die praatwerk gedoen het. Ek het eers gedink hy is baie skaam, maar hy stry tot vandag nog met my dat ek hom eintlik nie veel kans gegee het om te praat nie. 🙂

Ons konneksie was baie spesiaal en drie maande later het hy my gevra om sy meisie te wees. Nege maande later het ons toe verloof geraak. Ons is tipies die tipe paartjie waarvan baie mense vertel wat vroeg verloof raak, maar liefde is onvoorspelbaar en ons het dit op die mooiste manier ervaar. Vir my is ons liefdesverhaal allesbehalwe gewoon.

Die groot vraag:


Dinge het baie vinnig vir ons gebeur en op die snaakste maniere, so het die verlowings gesprek ewe skielik opgekom. Ons het nooit regtig weer daaroor gepraat nie, maar ek het begin agterkom dat hy besig was met ʼn paar stories en reëlings.

As jy my persoonlik ken, sal jy weet ek is vinnig om iets uit te ruik en dus altyd moeilik om ʼn geheim van my af te hou. My eerste vermoede was dat hy my sou vra om verloof te raak in Dullstroom. Ek het die hele tyd my beste mooi-moois aangetrek en nog nooit so netjies aangetrek vir ʼn naweek weg nie. Ek onthou daardie middag het ons om een van Dunkeld se damme geloop.  En ek het ʼn oog uitgehou vir fotograwe wat dalk soos vissermanne aangetrek was, maar uiteindelik was dit regtig net vissers lol.

Hy het my nie daardie naweek gevra nie, maar wel die volgende naweek toe ons vir my ouers in Graskop gaan kuier het. Ons het vroeg in die oggend opgestaan om die sonsopkoms by een van die uitkykpunte te gaan kyk, wat nie iets nuuts vir ons was nie. Inus en my ouers het ook die aand voor die verlowing ʼn hond uit ‘n bos gekuier, so ek het glad nie die verlowing verwag nie. Ek was nie mooi aangetrek of selfs my tande geborsel nie, en daar vra hy die vraag! My ouers was ook betrokke en het probeer om die video vanuit alle hoeke te neem. My pa wou ook sy drone gevlieg het vir mooi fotos en video’s, maar die wind was te sleg daardie oggend.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Inus se sin vir humor, en ek vind hom soms baie snaaks, wat altyd ʼn glimlag op my gesig sit en my uit my maag laat lag. Hy kom baie sterk voor, maar het ʼn verskriklike sagte hart. Hy is my beste maatjie. 🙂 PS: hy is ʼn skubaduiker! Een van my gunsteling hobbies wat absoluut ʼn bonuspunt is vir my! Saam is ons sterker, gelukkiger, en meer vervuld as gevolg van die wonderlike eienskappe wat ons na ons verhouding bring. Ek is werklik geseënd om hom in my lewe te hê.  Ek kan nie wag om ons toekoms saam verder te bou nie.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons gaan amptelik verloof wees vir dertien maande voordat ons die knoop deurhaak. Ons troudatum is gestel vir 24 Augustus 2024 by die pragtige trou venue Whispering Thorns in White River.

Die verloofring:


Inus het min of meer reeds geweet waarvan ek hou, en dat ek nie regtig baie juweliersware dra nie. En wanneer ek dit doen, is dit gemengde silwer en goud. Hy het geweet dat ek hou van ʼn ovaal steen met ʼn goue band. Hy het toe na Ralph Jacobs gegaan en hulle idees vir die ontwerp daarvan gewys. Die ring was bo my verwagtinge en mooier as wat ek ooit kon droom, GROTER ook 🙂 lol.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het baie min mooi foto’s van ons as ʼn paartjie vir raam materiaal by ons huis.  So ons het gedink om ʼn verlowingsfotosessie te doen en dit ook as ʼn trou-uitnodiging te gebruik. Ek moet sê dat Inus nog nooit in sy lewe ʼn fotosessie gedoen het nie, behalwe vir sy matriekafskeid, maar hy het toe heel verrassend baie mooi geglimlag vir die foto’s en baie mooi saamgewerk.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het geen idees ingedagte gehad i.v.m. ons fotosessie nie. Ons wonderlike fotograaf het ʼn stedelike atmosfeer tema voorgestel op Sandton City se dakke en ons is baie tevrede met die resultate!

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: