JT & Gerda se ontspanne fotosessie

JT en Gerda se verlowings fotosessie is ‘n sprekende voorbeeld van die moderne manier om ‘n “retro” fotosessie te hou.  Jy kan die foto’s steeds oor ‘n paar jaar gebruik sonder om onmiddellik ‘n spesifieke era daaraan te koppel.  Die twee het besluit om hul foto’s te neem by die bekende Tiger’s Milk restaurant kettingwinkel in Lang Straat.  Hierdie venue is vol karakter en spreek tot ‘n era van destyds met dekor elemente soos ou filmplakkate en advertensie van boks toernooie, wat die tikkie “retro” tot die fotosessie gevoeg het.

Die paartjie het verder ook slim te werk gegaan met hul uitrustings wat neutrale kleure was en gemaklik maar tog stylvol gelyk het. Klein besonderhede soos die verseker dat die aandag op die paartjie bly en die paartjie ook hul fotosessie kan geniet sonder om heeltyd hul klere te moet verstel. Hul fotograaf het haar uitstekend van haar taak gekwyt om die foto’s natuurlik te laat lyk, meeste van hul foto’s is nie poseer nie wat ‘n neiging is wat al hoe meer gesien word tydens fotosessies. Kyk beslis onder na hierdie foto’s en lees ook meer oor die paartjie as jy inspirasie vir jou verlowings fotosessie soek.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet by JT se matriekafskeid waar hy my die eerste keer gesien het in ‘n rooi rok en sommer dadelik verlief geraak het. Daardie oggend is ons per toeval in die kar oppad see toe saam met goeie vriende. JT se sjarme, ordentlikheid en sy ongelooflike oё het my aandag gesteel. Dit was die vakansie waar ons pad saam begin het.

Vertel ons meer van julle verlowing


Ons het as kinders liefde gevind en 9 jaar later het hy op sy knieg gegaan in die grasvlakte op ons familieplaas in Newcastle, waar hy met geen twyfel my gevra het om sy vrou te wees. Opgewondenheid  en blydskap het my oorval en ek het eers gevra of dit kan waar wees, voor ek ja geantwoord het op sy vraag.

Vertel ons meer van die inspirasie vir die fotosessie?


Ons is  mense wat die eenvoud en die klein dinge van die lewe geniet. Die fotos is werklik ‘n refleksie van wie ons is en dat daar niks meer spesiaal is as goeie geselskap saam met jou beste vriend nie. Die fotosessie was gemaklik en pret.  Ons het rustig ons drankies geniet terwyl Blanche, die fotograaf, haar kreatiwiteit uitgeleef het deur die fotosessie.

Hoe lyk julle droom troue?


Ons droom troue is om weg te breek van die algemeen en om iets uniek te deel saam met ons familie en vriende.  Vir ons gaan alles oor die atmosfeer. ‘n Goeie vriendin beskryf ons groot dag in die mooiste woorde wat as volg is:

Bruilof in die Veld
Vreugde lê voor in wit lint en delikate kant oor grasgoud vlaktes en die koel-water dam.
Daar’s ‘n klinkende kristal en sprankelende sterre
as die son wegsmelt
en ‘n fees van vrolikheid want ons hou bruilof in die veld.
– Marlene Bezuidenhout

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: