Rayn & Kelly se minimalistiese troue tussen Stellenbosch se natuurskoon

Rayn en Kelly het sowat vyf jaar gelede besluit om as ʼn paartjie Engeland toe te immigreer.  Hulle het egter terug gekeer en hul troue tussen wingerde, pruim-boorde en berge wat nét in die Wes-Kaap gesien kan word, gevier.  Omdat die onmisbare natuurskoon en dinamiese venue meeste van die praatwerk gedoen het, het hul troue ʼn deurlopende gevoel van minimalistiese elegansie gehad.  Kelly het, met die hulp van ʼn bekwame trou-koördineerder, die hele troue vanuit Londen beplan.  Sy het die venue vir die eerste keer slegs twee dae voor die troue gesien.  Dit getuig van Rayn en Kelly se kalm geaardhede, wat ook op al hul foto’s gesien kan word.

Hul eerste dans liedjie was op Frank Sinatra se The way you look tonight.  So kry jou notaboek en laat Frank Sinatra se strelende stem jou op ʼn inspirerende reis neem terwyl jy na hierdie paartjie se troufoto’s kyk.

Wed2B Wed2B Wed2B Wed2B Wed2B Wed2B Wed2B Wed2B

Troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 25 Mei 2019 getrou.  Ons albei was 27 jaar oud op ons troudag.

Wed2B Wed2B Wed2B Wed2B Wed2B Wed2B Wed2B Wed2BWed2B Wed2B Wed2B Wed2B

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het teen die einde van ons Hoërskool loopbaan deur gemeenskaplike vriende ontmoet en is al vir 8 jaar, vanaf 2011, in ʼn verhouding.  Ons het vier jaar gelede Engeland toe getrek, en bly al vir die afgelope drie jaar in Londen.  Een ontspanne Sondagmiddag het ons besluit om deur Richmond Park te gaan stap.  Ons het ʼn rukkie op ʼn bankie gesit en die pragtige uitsig ingeneem.  Toe ek weer sien, sit Rayn op een knie en vra my om die res van my lewe saam hom te spandeer.  Dit was ʼn ongelooflike spesiale dag!

Suitsupply Suitsupply Suitsupply SuitsupplySuitsupply Suitsupply Suitsupply Suitsupply Suitsupply Suitsupply

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Mense se gereeld dat jy ʼn oomblik moet neem om jou troudag in te neem.  Afhangende van jou as persoon, raak hierdie dan iets waaroor jy heeltyd bekommerd is.  Jy is konstant besig om vir jouself te vra of jy die oomblik genoeg inneem.  My raad sal wees dat jy 30 minute vir jouself moet neem net voordat jy met jou hare en grimering begin.  Drink ʼn koppie tee en rus ʼn bietjie – jy verdien dit!

Laat die dag dan verloop soos hy moet.  Die fotograaf en videograaf sal julle spesiale oomblikke vasvang.  Spandeer die dag soos jy wil – eet, drink en dans soveel soos wat jy wil sonder om konstant jouself te bekommer.

Brenaissance Brenaissance Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Brenaissance Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography

Vertel ons meer van jul ringe.


Ons ringe is my gunsteling deel!  Toe Rayn my pa se toestemming gevra het om met my te trou, het my pa voorgestel dat hy my oorlede ouma se ring vir my gee.   Ons kon toe later die ring saam laat herontwerp en die pragtige diamant gehou.

Brenaissance Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit PhotographyMichelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Dit is amper onmoontlik om een ding uit te sonder, maar dit was vir ons ongelooflik spesiaal om al ons vriende en familie by ons troue te hê.  Almal het van wyd en suid gekom om die dag saam met ons te vier.  Dit was ʼn vreugdevolle reünie van familie en vriende!

Die enigste ding wat ek sal verander is om ʼn groter koek te kry.

Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Beide ons fotograaf en videograaf het ons dag só mooi vasgevang.  Ons fotograaf was Michelle du Toit. Sy is ongelooflik talentvol.

Ismael van FILMish was ons videograaf.  Hy het soveel ervaring in die industrie en het elkeen van ons spesiaalste oomblikke vasgevang.

Michelle du Toit PhotographyMichelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Ons het eers drie maande na ons troue op wittebrood gegaan omdat ons graag op ʼn somer wittebrood wou gaan terwyl dit lekker sonnig is.  Corfu in Griekeland was die perfekte wittebrood bestemming!  Ons is soos koninklikes by die Marbella Nido Hotel behandel.  Dit is ʼn ongelooflike vakansie oord.  Ons het 5 heerlike dae op die strand in die deurskynende blou water spandeer.  Ons wittebrood was absoluut perfek!

Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography Michelle du Toit Photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het die hele troue uit Londen beplan.  Ek het tonne webtuistes besoek en het met baie plekke in kontak gekom.  Geen ander venue het egter naby die elegansie en prag van Brenaissance gekom nie.  Ek het slegs twee dae voor die troue die venue vir die eerste keer gesien, maar ons was uiters tevrede met ons keuse.  Die akkommodasie, seremonie en onthaal area was alles op een plek wat dit baie gerieflik gemaak het.

In terme van dekor wou ons die styl minimalisties, elegant en skoon hou.  Simone van A Dream Come True het werklik die ekstra myl gegaan om ons visie ʼn realiteit te maak.  Sy het ons wildste verwagtinge oortref!

A Dream Come True Events A Dream Come True Events Brenaissance A Dream Come True Events

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


ʼn Trou begrotings is vir meeste paartjies een van die belangrikste aspekte van ʼn troue, veral omdat baie paartjies in vandag se tyd self vir hul troudag betaal.  Ons was baie bevoorreg om vrygewige ouers te hê wat die meerderheid van ons uitgawes gedek het.  Ons het ʼn baie streng begroting gehad en daarby gehou.  Alles was haarfyn beplan en ons het nie ʼn sent oor ons begroting spandeer nie.  Ons het heelwat onbelangrike goed uitgesny en gefokus om vir ons gaste ʼn vreugdevolle ervaring te gee.

Daar was 90 gaste by ons troue.

A Dream Come True Events A Dream Come True Events A Dream Come True Events A Dream Come True Events A Dream Come True Events

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek.


Ons wou gehad het ons troukoek moet smaaklik wees.  Die uiterlike van die koek het tweede gekom.  Ons koek was twee lae verskillende geure, asook twee lae kolwyntjies.  Ons elkeen kon ʼn laag met ons gunsteling geur kies.  Rayn het ʼn sjokolade koek met fudge versiersel en Nutella vulsel gekies.  Ek het ʼn vanielje koek met vanielje boontjie versiersel en suurlemoenskil vulsel gekies.  Ons het rooi fluweel en pekanneut kolwyntjies ook gehad.

The Birdcage The Birdcage The Birdcage The Birdcage The Birdcage

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Al voordat ons verloof geraak het, het ons geweet ons wil op Frank Sinatra se “The way you look tonight” dans.  Ons is albei mal oor Frank Sinatra en geniet dit nog altyd om op hierdie liedjie te dans.  Ons het glad nie voor die tyd geoefen nie en het ons bes probeer om op die aand te improviseer – dit het tot baie draaie gelei!

Michelle du Toit Photography Brenaissance

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: