Cobus & Elizka se prentjie mooi verlowing

Ons deel Cobus en Elizka se prentjie mooi verlowing met neutrale aarde skakerings as hul agtergrond.  Ons hou baie van die kontras tussen die agtergrond en Elizka se pragtige helder rok.  Dit vloei so mooi saam en die paartjie staan onmiddellik uit van uit die neutrale landskap in die agtergrond.   Die paartjie het verloof geraak by Pezula Golf Estate in Knysna – ʼn pragtige plek in die Tuinroete.

Daar is verskeie redes hoekom ʼn verlowing fotosessie belangrik is.  Een van die redes is dat jy meer gemaklik kan wees voor die kamera op jou troudag.  Dit is soos fietsry.  Jy moet eers leer met die wieletjies aan voordat jy gemaklik sonder dit kan ry.  Presies dieselfde met jou trou foto’s.  Jy moet dit eers een keer doen sonder die druk dat dit mag flop.  ʼn Verlowing fotosessie is die perfekte proef loop.

Dit gee die paartjie die geleentheid om gemaklik te raak voor die kamera.  Om jou fotograaf beter te leer ken en sodoende ook jou fotograaf enige vra te vrae gedurende die fotosessie.  Julle sal soveel meer gemaklik wees met jou fotograaf en ook die idee om voor die kamera te wees op jou troudag.

Rol af en lees meer oor Cobus en Elizka se prentjie mooi verlowing.

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Die  eerste ontmoeting was by gemeenskaplike vriende.  Ons het geweet van mekaar, maar die belangstelling was nog nie daar.  Ons was vir amper 3 jaar in ʼn verhouding voordat ons verloof geraak het.

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Die groot vraag:


Ons het verloof geraak op 16 Desember 2019, op Pezula Golf Estate in Knysna, se agtiende bof.  Ek het niks van die verlowing geweet nie.  My verloofde se ma en swaer het my besig gehou met ʼn uitstappie George toe terwyl hy en die res van sy gesin die huis en beplanning reggekry het.  Ek is gevra om die middag te gaan skemerkelkies drink by die Klubhuis.

Op pad daarheen het ons op ʼn piekniek afgekom wat opgestel is in ʼn bitter kort tydperk aangesien die bof direk voor ons huis was.  Nodeloos om te sê moes ons ʼn langpad om die huis stap om by die “Klubhuis” uit te kom.  Toe net daar op die agtiende bof word die groot vraag gevra en na ʼn oomblik se stilte word die ja woord geuiter.  Oomblikke daarna is daar vonkelwyn geskiet en die feesvieringe kon begin.

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Hoekom ons mekaar liefhet:


Cobus oor Elizka :

Hardwerkende en vreeslose aanpak van die wêreld, tog met sagtheid en liefde.  En natuurlik elke oggend se koffie langs die bed.

Elizka oor Cobus :

Vriendelike en gelukkige persoon wat altyd net die mooi in alles en almal sien.  Hy is ook baie ondersteunend en het altyd ʼn oor om te luister.  Hy bring ook altyd vir my blomme as ek siek is.

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het gou besef dat ons trou beplanning in Kovid-19 se hande lê.

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Die verloofring:


My verloofde het al my insette en voorkeure geneem en ook bietjie eie inisiatief ingesit.

Die verloofring is in witgoud geset met een hoof diamant wat in die middel is en twee kleiner diamante aan weerskante. Dit word ʼn “Trinity” ring genoem en dit beteken: verlede, hede en toekoms.

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Rede vir die verlowing fotosessie:


Om ʼn persoonlike band met ons fotograaf te vorm voor ons troudag.  Ons glo dit is van uiterste belang om gemaklik te wees voor die lens en ‘n goeie tyd saam te kan hê.

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons inspirasie vir ons fotosessie was definitief ons fotograaf.  Van die rok tot die omgewing was ons fotograaf se visie.

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ek dink elke paartjie se vrees in hierdie tyd is Kovid-19.  Kan ons aangaan met ons droom troue?  Kan al ons gaste ons dag bywoon wat van ver af kom?  Hoeveel gaste word toegelaat en hoe eet mens met ʼn masker aan?

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Visie vir droomtroue:


Dat ons hele familie en vriende die dag saam met ons kan vier en om baie mooi herinneringe saam te maak.  Goeie geselskap, lekker lag, lekker dans en lekker wyn!

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ons oorspronklike datum sou 12.12.2020 gewees het, maar aangesien niemand weet wanneer ons uit gevaar uit gaan wees nie het ons besluit om ons droomdag na 2021 aan te skuif.

beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot beautiful engagement photoshoot

Klik hier vir diensverskaffers